Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die viswonder

144 Toe hy saam met sy vrou en enkele van sy ander kinders die voorraadkamer binnekom, tref hy daar tot sy groot verbasing `n hele mandjie aan met al heeltemal skoongemaakte visse van die beste en edelste soort, en hy beveel dan ook sy vrou en sy kinders, wat goed tuis was in die kombuis, om hierdie visse baie goed te berei.

[2] Sy vrou wis egter nie wat hulle van dié wonder moes dink nie.

[3] Maar die herbergier sê: “Dink nou maar nie te veel daaroor na nie; want die Man van God, wat my seun enkel deur Sy woord en Sy wil gesond gemaak het, terwyl alle geneeskundiges hom al lankal ongeneeslik verklaar het, kan ook baie goed hierdie visse op wonderbaarlike wyse in ons voorraadkamer gesit het. Gaan julle nou aan die werk, en sorg dat julle vinnig klaar is; al die res sal julle wel later hoor!”

[4] Daarop gaan die vrou en die kinders aan die werk om die visse klaar te maak, en die herbergier kom, vervul van dankbaarheid, weer na ons toe.

[5] En Ek sê aan hom: “Nou, hoe staan dit met die visse?”

[6] Die herbergier sê: “Wonderbaarlike Heer, alles is volkome in orde; maar die visse kom tog seker nie uit enige water van hierdie aarde nie, maar hulle is nuut deur U geskape! Ek sien nou dat my seun, wat deur U genees is, so pas volkome gelyk gehad het toe hy U as die groot Beloofde beskou; U is dus, wat U innerlike gees betref, nie die dienaar van Een wat hoër is as U nie, maar met die Allerhoogste saam Self `n Majesteit, wat nóg op hierdie aarde, nóg in die hemele Sy gelyke het.

[7] U is wat U Gees betref met God een en dieselfde Wese; dat U nou egter as mens onder ons leef, moet ook alleen U wil wees - want vir U kan niks onmoontlik wees nie!

[8] Daar staan weliswaar by Moses geskryf dat niemand God kan sien en daarby kan leef nie; maar die uitspraak sal verseker ook `n ander betekenis hê. Want vader Abraham het God gesien en gespreek en het sy lewe nie daarby verloor nie, en so ook vader Jakob en nog vele ander wat ons uit die Skrif ken; selfs Moses het die rug van JaHWeH gesien en het sy lewe behou, en ons sien U nou en behou ook ons lewe.

[9] Ek is van mening dat `n mens God alleen in Sy oneindige en ewige oerbestaan nooit as te nimmer sal kan aanskou en daarby sy lewe behou nie; want diegene wat eindig is, kan die oneindige nooit met enige sintuig begryp en ook nooit die ewigheid meet nie. - Het ek as Judeër van die ou stempel gelyk daarin of nie?”

[10] Ek sê: “Jy het `n volkome korrekte en ware oordeel gegee, hoewel daar ook aan elke mens wat trou volgens God se gebooie handel en leef, getrou en waaragtig die ewige lewe belowe is.

[11] Kyk, so lank die mens op hierdie aarde binne tyd en ruimte leef, kan hy die ewige en oneindige van die gees weliswaar nooit met sy verstand en heeltemal nie met enige ander liggaamlike sintuig bevat of begryp nie; maar as die Gees van God, wat suiwer liefde is, die gelouterde siel van die mens volledig deurdring en die eintlike mens, wat die siel is, so op die manier deur en deur verlig word en met die ewige lewe tot lewe gewek word, dan word hy één met God en dring dan ook deur in die eindelose en ewige dieptes van God in en kan hy dit begryp - en so moet jy diegene begryp waarvan gesê word dat `n volmaakte mens in sy gees God van aangesig tot aangesig sal aanskou.

[12] Maar nou laat ons dit met rus; want daar kom die voorbereide visse al, waarmee ons ons liggame wil en sal versterk!”

[13] Ek het dit nog maar nouliks gesê, of daar bring die vrou van die herbergier en sy oorblywende kinders die werklik goed bereide visse op verskillende bakke binne; daarna lê die kinders heel behendig volgens die gewoonte van hierdie plek vir elke gas `n klein bak, houtvurke en beenmesse neer. Ieder van ons neem `n vis, ook die herbergier en sy geneesde seun, en die visse word dan ook vinnig geëet en iedereen raak volkome versadig van die warm voedsel.

[14] Toe iedereen soveel vis geëet het as wat hy maar kon, bly daar op die groot bakke tog nog enkele visse oor, en die herbergier vra My of hy die visse vir môre moes bewaar.

[15] Maar Ek sê: “Diegene wat hierdie visse voorberei het, moet hulle heeltemal opeet - want elke arbeider is sy loon werd; roep dus jou vrou en jou ander kinders, laat hulle die tafel afdek en sê vir hulle dat hulle dit wat daar oor is, in die kombuis moet opeet!”

[16] Dit doen die herbergier, en die tafel word afgedek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205