|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 43
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Die ontbyt van Veronica
43 Ons gaan na die eetkamer, waar die dogter van die kommandant My vriendelik tegemoet kom en My bedank vir die barmhartigheid, dat hulle waardig was om My nog `n keer te sien en My die spyse voor te sit, wat hulle vir My voorberei het.
[2] Ek prys haar en gaan aan die tafel sit, en die dogter sit `n goue skottel met enkele uitstekende voorbereide visse en `n wit koringbrood en die goue beker vol wyn voor My neer. Vir die ander word `n hele kalf gebraai en in verskillende skottels voor die leerlinge neergesit.
[3] Vir die kommandant, sy tewens aanwesige ondergeskiktes en sy vrou en dogter word volgens Romeinse gebruik gekookte beesvleis met `n baie kruidagtige ruikende sous opgedien. En die oggendmaal smaak vir almal buitengewoon goed, en mense doen hulle goed aan die wyn en die brood.
[4] Veronica vra My of die deur haar voorbereide vis vir My goed smaak.
[5] Ek sê: “Kyk maar net of Ek iets in die skottel oorgelaat het! Elke spys wat deur die liefde van mense vir My voorberei is, smaak vir My goed; jy het hierdie vis van die edelste soort uit die Meer van Galilea met die vuur van jou liefde voorberei, en daarom het dit ook vir My besonder goed gesmaak!
[6] Ek sou weliswaar geen voedsel vir My liggaam by julle mense hoef te neem nie; maar Ek neem dit tog uit liefde vir julle. Want julle kan My immers niks gee wat Ek julle nie al vantevore al gegee het nie; maar as julle My met egte liefde teruggee wat Ek julle tevore gegee het, neem Ek dit ook met alle liefde en groot blydskap aan, asof julle self aan My van julle eiendom geskenk het.
[7] Maar dit geld ook as julle ter wille van My, iets aan `n arm mens gee; want wat iemand uit ware liefde vir My en van daaruit vir sy arm naaste doen, dit neem Ek heeltemal aan asof hy dit vir Myself gedoen het, en Ek sal hulle dit hier en aan die ander kant vergeld.
[8] Onthou hierdie woorde van My baie goed en handel daarvolgens, dan sal julle steeds My volle liefde kan verwag! Maar jy het die dergelike vis tog ook altyd baie graag geëet; waarom het jy vandag nie ook `n paar vir jouself voorberei nie?”
[9] Enigsins verleë sê Veronica: “Ja, Heer en Majesteit, dit sou ek andersins wel gedoen het; maar in ons visbewaarplekke was daar geen vis meer nie, en selfs hierdie vier wat ek U aangebied het, moes deur `n wonderwerk daar ingekom het! Want die dienaar wat vir ons voedselvoorraad sorg, het dit my self gesê toe ek hom om vis vra, en hy het gedink dat daar heeltemal geen vis meer sou wees nie; maar toe hy tog gaan kyk en die vis daarin aantref, sê hy: “Werklik, dit is `n wonderwerk; want al `n paar maande lank was daar geen vis meer te siene gewees nie!” En ek glo die dienaar, omdat ek hom nog nooit met `n leuen betrap het nie; hierdie vis is dus egter `n wonderwerk, en ek het U dus, o Heer en Majesteit, werklik ook maar net gegee wat U my vooraf al gegee het!”
[10] Ek sê: “My liewe Veronica, vir `n deel kan dit wel so gegaan het met jou vis soos wat jy nou bedink; want in elke geval is dit My gawe, ook al is dit nie so wonderbaarlik soos wat jy nou beweer nie. Julle visbewaarplek is al baie oud en daar is verskillende hoekies, waarin dergelike vis hulle baie goed `n geruime tyd kan verskans om op `n bepaalde oomblik weer tevoorskyn te kom, wat met jou vis ook die geval was; maar dat hulle hulleself as te ware tot vandag toe verberg het en niemand hulle kon ontdek nie, dit was My wil.
[11] As jy egter `n liefhebster van dergelike vis is, stuur `n dienaar na julle visbewaarplek, en daar sal wel nog `n paar wees! En as daar `n paar is, berei hulle vir die middagmaal voor vir My, vir jou en ook vir die ander! Ons sal almal genoeg hê.”
|
|
|
|
|