Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

RafaEl se bewys van sy snelheid

202 Hierop vra Ek die opperstadsregter of hy tuis by sy moeder nie iets besit wat hy graag hier sou wou hê nie.

[2] Die opperstadsregter sê: “Ja wel, Majesteit en Heer. Maar dit is in die tyd toe ek nog in Rome was op so `n plek neergelê, dat ons dit, ondanks ons ywerige soeke, nie meer kon vind nie! Dit is naamlik ons ou patrisiërsbrief,* nog uit die tyd van Julius Caesar, in `n goue koker. Daar is veel vir my daaraan geleë, nie soseer terwille van myself nie, as veeleer terwille van my jonger broers en susters.” *(Van oorsprong vorm die patrisiërs in Rome die “populus” of te wel die eintlike volk, `n erf-adellike kaste, streng onderskei van die “plebs”. Later gaan die Romeinse keisers daartoe oor om aan mense persoonlik die waardigheid van “patricius” te verleen, wat bevestig word in `n soort oorkonde. Waarskynlik is dit die “patrisiërsbrief” waarvan hier sprake is.)

[3] RafaEl, wat langs hom sit, sê: “Kyk eers hier, hier is jou ou patrisiërsbrief! Bekyk hom maar goed, of dit wel die goedere is!”

[4] Die opperstadsregter open uiters verbaas die koker en vind daarin opgerol sy patrisiërsbrief, wat hy maar al te goed ken, en hy vra aan RafaEl: “Wel, hoe het jy dit gedoen?”

[5] RafaEl sê: “Kyk, dit is onder andere ook `n eienskap van ons dat ons onsself in één oomblik van die een plek na die ander en vandaar weer terug kan begewe, en so was ek op dieselfde oomblik ook in Rome en is nou weer hier.”

[6] Die opperstadsregter vra nou weer aan RafaEl: “As ek die koker, en ook die patrisiërsbrief wat daarin sit, nie so goed geken het nie, sou ek geglo het dat jy hom net so deur jou mag geskape het soos wat jy hierdie streek in één oomblik tot bloei gebring het; maar die gedagte moet ek vanweë die egtheid van die koker en van hierdie brief heeltemal opgee.

[7] Jy het my wel gesê dat julle, volmaakte engelegeeste, ook die eienskap besit om julle in één oomblik van die een plek na die ander en vandaar weer terug te beweeg. Dit glo ek nou ook; maar jy was hier nie één oomblik afwesig gewees nie, en daarom is ek van mening dat jy `n ander diensbare engelegees, wat hom in jou nabyheid bevind het, na Rome gestuur het, en dat die jou ook vinnig genoeg hierdie koker kan bring.”

[8] RafaEl sê: “O nee, my beste vriend, dit het ek eg self gedoen. Want sien, netsoos al die ander, wat die ruimte betref, kan ook die tyd in baie klein stukkies verdeel word, en wel sodanig dat die tydsverloop, wat jy `n oomblik noem, in `n eindelose reeks van nog korter spanne tyd ingedeel kan word! Vir jou en jou begripsvermoë is so `n klein stukkie tyd natuurlik so goed soos niks nie, maar so is dit nie vir ons volmaakte engelegeeste nie; want in so `n baie klein stukkie tyd kan ek my tallose male van hier heel ver weg en weer terug beweeg, terwyl jy nooit sal merk dat ek in die tyd ook maar `n oomblik afwesig was nie, en die mense op daardie mees verafgeleë punt, waarheen ek my beweeg het, sal my aanwesigheid netso min mis as jy! Weet jy hoe vinnig `n gedagte is?”

[9] Die opperstadsregter sê: “Ja, my beste hemelse vriend, daarvan het ek `n ietwat van `n voorstelling, en wel veral uit die leer van die wyse Plato!”

[10] Daarop sê RafaEl weer: “Hoe heet die verste geleë plek wat jy min of meer persoonlik ken?”

[11] Die opperstadsregter sê: “Brittannië! Want saam met my vader, wat toe nog geleef het, het ek `n reis daarheen gemaak, en wel oor die water, welke reis heen en terug na Rome meer as twee volle jare geduur het.”

[12] RafaEl sê: “Binne welke tyd kan jy jou met jou gedagtes daarheen begeef?”

[13] Die opperstadsregter sê: “Ja, beste vriend, in één oomblik is ek daar en hier tegelyk, en al sou ek in gedagtes nog duisend keer sover weg moet gaan, glo ek dat ek nie meer tyd daarvoor sou nodig hê nie.”

[14] Daarop sê RafaEl: “Kyk, my beste vriend en broer, dieselfde eienskap wat jy in jou gedagtes besit, besit ons volmaakte geeste natuurlik in `n veel volmaakter graad in die ryk van God in werklikheid, en as rein en vrye gees in die ryk van God sal jy ook dieselfde eienskap as ek besit.

[15] Ja, my beste vriend, die ryk van God het in alle opsigte `n eindelose uitgestrektheid! As ons volmaakte geeste ons nie sneller sou kan beweeg as julle mense op hierdie aarde nie, sou dit daar met die verrig van die wil van die Heer op baie verafgeleë plekke van Sy skeppinge erg bedenklik uitgesien het - maar omdat die tyd en die ruimte vir ons volmaakte geeste glad geen belemmering kan vorm nie, kan ook die orde van die Heer in die hele oneindigheid nooit ook maar enigsins versteur raak nie. - Begryp jy dit, my beste vriend en broer?”

[16] Die opperstadsregter sê: “Wel `n bietjie beter as eers; maar tog sal ek nog lank nie in staat wees om daardie bewegingsmisterie ten volle te deurgrond nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205