Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die bekering deur wonderwerke

221 Ek sê: “My beste Johannes, jy het volkome volgens waarheid en korrek gespreek; op die manier moet My leer ook aan die ander mense oorgebring word, en só sal hulle ook blywende goeie vrugte dra - maar as hulle die mense met te veel wonderwerke opdring, dan sal hulle lyk soos `n noodrype vrug, wat selde `n ware, innerlike gehalte het en in feite nie lank bewaar kan word nie.

[2] Want alles wat noodryp is, het weinig innerlike gees en gaan vinnig en maklik oor tot verrotting en ontbinding. Alles wat vinnig en maklik tot stand gebring kan word, lyk soos die bouer, wat sy huis in die dal met geringe koste op sand gebou het - en toe daar storms en wolkbreuke kom, kan dit geen weerstand daarteen bied nie, en dit stort inmekaar. So gaan dit ook met die leer oor die ryk van God, wat met behulp van baie tekens en wonders aan die mense verkondig en opgedring is.

[3] Ja, die mense neem die leer maklik en vinnig aan; maar as daar mettertyd versoekings en beproewings oor hulle kom, weet hulle niks om daarteenoor te stel nie - dit wil sê teenoor die mense wat hulle met `n ander, valse leer versoek - as net die wonders wat hulle meegemaak het. As die versoekers nou, wat valse leraars en profete is, hulle valse wonders doen vir die oë van sulke noodrype Christene, dan het hierdie noodrype Christene niks waarmee hulle die innerlike waarheid van My leer kan bekragtig nie, val dan af en gaan oor na die valse leraars en profete.

[4] Want dergelike mense is soos `n rietstengel wat hom deur die wind na alle kante laat buig, omdat hulle die waarheid nog nie in hulleself begryp nie.

[5] Met eike en seders kan die winde nie so `n speletjie speel nie. Die mense, wat deur die suiwer waarheid van My leer tot My bekeer is, lyk egter soos eike en seders. Teenoor hulle kan die valse leraars en profete hul duisendvoudige windspel speel en dan sal hulle nie buig nie, want die krag van die innerlike waarheid is magtiger as alle ander kragte op die hele aarde.

[6] Wie van julle dit by die uitbreiding van My leer tot grondbeginsel maak, sal werklik lyk soos die saaier wat die koring net in die goeie akker saai en spoedig daarna `n honderdvoudige oes het; wie dié grondbeginsel van die leer egter nie, of minder in ag neem, sal sy koring ook op weë en strate, op klippe en rotse en tussen dorings en distels saai, en sal van sy arbeid en inspanning `n slegte oes verkry.

[7] So moet julle ook nie te veel ophef maak oor die wonderwerke wat Ek gedoen het nie, maar in stede daarvan die mense liewer heel duidelik die wonders en tekens voor oë stel wat Ek dag vir dag voor iedereen se oë doen; dan sal julle daardeur veel beter en oorvloediger vrugte oes as wanneer julle die mense lank en breedvoerig van My wonders vertel. Want as die mense insien dat Ek in alle dinge die Majesteit en Heer van ewigheid is, dan sal hulle waarskynlik ook goed insien dat ook niks vir My onmoontlik was tydens My liggaamlike lewe nie.

[8] Wie dit begryp, laat hy daarvolgens handel, dan sal hy goeie vrugte aan My verskaf! Maar Ek sê julle nou ook dat daar nog enkele onder My leerlinge is wat dit nie so begryp soos My leerling Johannes nie. Daarom sal sy woord dan ook tot aan die einde van die tye bly bestaan, maar nie die woord van elke ander leerling nie, veral nie van die ene wat sy mond te veel sal oopmaak om My wonders verder te vertel nie.”

[9] Hierdie woorde van My, netsoos die vroeëre woorde van Johannes, geval enkele ander van die leerlinge wat hier aanwesig was, weliswaar nie, maar tog durf niemand iets daarteen inbring nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205