|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 206
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245. |
|
|
Waarom volmaakte geeste salig is
206 Ons begin aan ons aandete, wat onmiddellik voorberei kon word; ons was daarby heel welgesind en opgewek, en My leerlinge wis veel te vertel oor alle dorpe en stede en oor My onderrig en dade. Ook RafaEl kry `n goeie getuienis uit die mond van My leerlinge, want ook oor wat hy aan My sy gedoen het, word veel gespreek.
[2] Die Romein en die opperstadsregter, asook die herbergier en sy seun en die twee fariseërs en die Judeërs het dit so na hul sin, dat die opperstadsregter sê: “O Majesteit en Heer! As ek dit, tenminste wat my betref, op hierdie aarde voortdurend so sou kan hê soos nou in U geselskap en in die geselskap van U hemelse dienaar, sou ek dadelik afsien van die gereelde nog veel groter salighede van U hemele; want ek beskou dit nou as die hoogste hemel dat ek my baie naby in U nabyheid bevind en met U gesprekke kan voer.
[3] As mens Uself het, hoef mens die dinge van die natuur heeltemal nie van naderby te leer ken nie; want mens weet tog al dat hulle almal, van die kleinste tot die grootste en van die eerste tot die laaste en van die alfa tot die omega, enkel U vasgehoue gedagtes en idees is, tot lewe gebring deur U wil en deur U gees.”
[4] Ek sê: “Dit het jy goed en waar gesê, en in die hemel is dit inderdaad die hoogste saligheid van alle voleindigde geeste, as hulle hul by My kan skaar en met My kan praat en omgaan.
[5] Maar die oorgrote saligheid kom in feite tog nie voort uit My heel eenvoudige persoonlikheid nie, waarin Ek netso goed `n mens is soos jy en as gees netso seer `n gees is as hierdie oeraartsengel RafaEl; maar die vernaamste saligheid van die volmaakte geeste is geleë in die feit dat hulle My eindelose volmaakthede steeds vollediger, helderder en dieper herken in My eindeloos vele werke wat grensloos en onbeperk is.
[6] Kyk, vriend, dit gaan ongeveer soos dit al by tyd en wyle op hierdie aarde by die mense gegaan het wat die egte gevoel gehad het vir hoër kunste en wetenskappe, en daarmee ingenome was. Stel nou byvoorbeeld dat jy oor `n groot argitek en beeldende kunstenaar gehoor het, dat sy werke van alle mense die grootste bewondering oes. Toe jy dit hoor, bekruip die lus jou om die groot kunstenaar self persoonlik te leer ken, en omdat die middele vir die reis jou nie ontbreek nie, begeef jy jou baie gou op weg na daardie verre land waar die kunstenaar verblyf en sy werke op geweldige skaal ten toon stel en uitvoer.
[7] Nadat jy `n tyd gereis het, bereik jy dan die plek waar die kunstenaar bly, en daar kom jy vervolgens maklik in kontak met die kunstenaar, oor wie jy jou tydens jou reis allerlei geweldige voorstellings gemaak het - waaronder ook, dat hy hom as mens onder die ander mense deur `n besonder verhewe gestalte kenbaar sou maak. Maar as jy hom in sy dorp ontmoet, ontdek jy dat die kunstenaar `n heel beskeie en eenvoudige mens is, wie se persoon nie in die minste laat merk wat daar in sy innerlike skuil nie. Jy voer dan heel vriendelik `n gesprek met hom, maar tewens dink jy tog by jouself: “Dit is haas nie moontlik dat in hierdie uiters eenvoudige en beskeie persoonlikheid so `n skeppende grootheid aanwesig is nie, waaroor jy jou deur selfs die mees verstandige mense sulke grootse dinge laat vertel het!” Maar tog is jy gelukkig, omdat jy in jouself daarvan oortuig is dat jy jou in geselskap van die grootste argitek en beeldende kunstenaar bevind en met hom kan praat oor allerlei dinge wat hy gemaak het.
[8] Ten slotte sê die kunstenaar aan jou: “Omdat jy die moeite geneem het om my op te soek en persoonlik te leer ken, wil ek jou van hierdie woonplek van my, wat maar weinig van my kan laat sien, na `n heel groot stad bring, wat hier nie ver vandaan is nie, waar jy meer as voldoende geleentheid sal kry om jou in my werk te verlustig!”
[9] Daarop gaan jy brandend van nuuskierigheid saam met die kunstenaar, wat heel vriendelik teenoor jou geword het, maar wat vir jou op jou hele reis nog altyd as `n heel eenvoudige en beskeie mens voorkom. Terwyl jy egter saam met die kunstenaar steeds nader aan die groot stad kom en reeds vanaf `n aansienlike afstand die pragtigste geboue, tempels, paleise en kastele begin te aanskou, begin jou fantasie oor die kunstenaar wat jou vergesel, ook steeds maar groter te word, soos sy bouwerke in die stad steeds groter begin te word, hoe nader jy aan die stad kom. Sy persoonlike eenvoud begin te verdwyn, namate jy sy innerlike, geestelike grootheid deur sy werke steeds duideliker voor oë te kry.
[10] As jy dan heeltemal in die stad kom, maak die een bouwonder na die ander, steeds groter, kunstiger en stoutmoediger (daadkragtiger), jou werklik sprakeloos van bewondering, en jou bewondering vir die kunstenaar wat jou vergesel, word nog grensloos vergroot as jy sien dat in hierdie stad alle mense, groot en klein, hom heel vriendelik en vol eerbied begroet.
[11] Sê My nou eers, My beste vriend, of jou vroeëre denkbeelde oor die kunstenaar by die aanskoue van sy groot werke nie van `n heel ander aard en vir jou gemoed veel meer saligmakend geword het nie!”
|
|
|
|
|