Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die geestelike omgewing van die Heer

116 Hierdie woorde van My maak `n diep indruk op die siele van die aanwesige Romeine, en almal sê by hulle self: “Ja, ja, Hy het in alles gelyk, en ons mense is vir Hom volle erns, en geen grap of speelgoed van Sy goddelike mag nie!”

[2] Daarop sê die kommandant weer vir My: “Heer en Majesteit oor alles! Tydens U uiteensetting, wat besonder belangrik was en vol goddelike inhoud, het U ook daaroor gespreek dat een van die mees volmaakte engele uit die hemele geruime tyd sigbaar vir die mense saam met U rondgetrek het, en dat hy getrou en volgens waarheid oor U getuig het dat in U Die Een is wat in hierdie wêreld na die mense toe gekom het, wat deur die mond van die profete al baie lank beloof was, waarvan ook ons heidene al `n lang tyd op hoogte mee was. Is dit nou miskien ook nog moontlik dat U, o Heer en Majesteit, ook vir ons `n engel uit U hemele hierheen kan roep, dat hy voor ons verskyn en ons hom sien?”

[3] Ek sê: “O seker wel - hoewel die verskyning van `n engel julle geloof in My nie nog sterker sal maak as wat dit al is nie!

[4] Maar Ek hoef so `n engel nie uit een of ander verre hemel hierheen te roep, soos wat jy dink nie; want waar Ek is, is ook die allerhoogste hemel met die tallose engeleskares wat My altyd en ewig omgewe.

[5] Ek sal julle oë enkele oomblikke lank open, dan sal julle My omgewing sien! En so geskied My wil!”

[6] Toe Ek dit gesê het, sien almal hoe daar as’t ware in wye sirkels ontelbaar baie engele op ligte wolke staan, sit en kniel, terwyl hulle almal hulle aangesigte na My rig en My loof en prys.

[7] Dit verskynsel verdoof die Romeine, en hulle vra My of Ek die hemel vir hulle nog te onwaardige oë weer sal sluit. Ek sluit dan ook onmiddellik hulle innerlike gesig, en hulle sien geen engele meer op ligte wolke nie; maar naas My sien hulle RafaEl in sy bekende gestalte van `n jongman, gehul in vlees en bloed.

[8] Vol verbasing oor die groot bevalligheid van hierdie jongman vra die kommandant My wie hy was, en waar hy nou so plotseling vandaan gekom het.

[9] Ek sê: “Dit is dieselfde engel wat na My wil geruime tyd steeds om My heen was, as dit nodig was om die geloof verder op te wek, en dit bietjie meer sigbaar as nou die mense te onderrig en ook om groot tekens te doen. As julle wil, kan julle self met hom praat, net soos met My.”

[10] Toe loop die kommandant na RafaEl toe en vra hom of hy altyd om My heen was om My te dien.

[11] RafaEl sê: “Die Heer het ons dienste nie nodig nie; maar tog dien ons Hom in alle liefde, deurdat ons julle mense dien ooreenkomstig Sy wil en julle beskerm teen al die ergste vervolginge van die hel.

[12] Hoe meer ons in die Naam van die Heer te doene kry, sowel op hierdie aarde as op nog talloos baie ander aardes (planete) in die eindelose skeppingsruimte, des te gelukkiger en saliger is ons. Doen julle ook so, en julle sal word en kan word wat ek is en kan doen!”

[13] Daarop sê die kommandant: “Wat jy is weet ek al; maar wat jy kan doen, weet ek nog nie.”

[14] Die engel sê: “Wat die Heer Self kan doen, kan ek ook doen. Uit myself kan ek weliswaar bietjie minder as jy doen; maar vanuit die wil van die Heer, wat my hele wese vervul en uitmaak, kan ek ook alles doen. Maak jy ook die wil van die Heer volkome tot joune, dan sal jy ook kan doen wat ek kan doen!”

[15] Hierop verdwyn RafaEl plotseling, en die kommandant neem sy paar woorde goed ter harte.

[16] Daarop kom daar `n bode van die herberg wat ons uitnooi vir die middagmaal, en ons begewe ons onmiddellik na die herberg, waar die voorbereide maal op ons wag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205