Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die slegte bedoelings van die fariseërs

243 Daarop sê die herbergier: “Ek het ook al van die Man gehoor, en Hy sou my die grootste genoeë doen as Hy na my toe sou kom. Want as Hy wyser en van alle dinge meer op die hoogte is as een van ons, dan kan ek baie van Hom leer; is Hy dit nie, dan luister ek na Hom en laat Hom weer gaan soos Hy gekom het, en ek sal hoogstens aan Hom sê: Vriend, as jy nie wyser is nie, kan Jy met Jou leer beter tuisbly en met die werk van Jou hande Jou brood eerlik verdien! Maar volgens wat ek gehoor het, moet jou Galileër, hoewel hy `n Judeër is, buitengewoon wys wees en magtig in wonders, en Hy sou my baie gelukkig maak as Hy na my toe sou kom.

[2] Daar het by my al baie wyses geloseer, wat behalwe hulle wysheid, ook veel verbasingwekkende mag besit het om wonders te doen, en sien, langs my sit so `n Wyse, wat juis vandag vanuit die môreland hier aangekom het, met Sy geselskap hier aan tafel! Ek het Hom vriendelik opgeneem en sal Hom net so lank herberg as wat Hy by my wil bly. Doen julle met dié Galileër netso, dan sal Hy julle sekerlik nooit skade berokken nie! Maar as julle Hom vervolg en haat, sal Hy julle ook vervolg, wat ek ook volkome korrek vind. Maar ek is by voorbaat daarvan oortuig dat Hy ons Romeine nie sal vervolg nie, omdat ons dergelike gewekte mense hoog ag en liefhet. Het jy dit begryp, my beste vriend? Handel daarvolgens, dan sal jy geen vyande hê nie!”

[3] Daarop sê die fariseër: “Ook ons Jerusalemmers is geen vyande van hooggeleerde en ontwikkelde manne nie, maar ons kan absoluut geen geleerde en wyse gebruike duld wat ons ons brood en inkomste afhandig wil maak nie; want dit is selfs ook `n Romeinse grondbeginsel dat mens self moet lewe, maar ander ook moet laat lewe.

[4] As daar egter `n wyse teen ons optree en ons by die hele volk verdag maak, kan ons die handelswyse van so `n wyse nie met onverskillige oë aansien nie, en gladnie as die Wyse hom, vir sover ek gehoor het, as `n seun van God uitgee nie, daarby allerlei siekes genees en met Sy wonders die hele volk na Hom toe trek.

[5] Mense sê dat Hy verskillende kere in Jerusalem was en in die tempel geleer het, en vele duisende het deur Sy woorde en dade van ons afvallig geword en het hulle na Sy leer gerig.

[6] Wel nou, dergelike dinge kan ons Jerusalemmers tog nie met onverskillige oë aansien nie! Maar as Hy sê dat Hy `n Seun van God is, spreek Hy duidelik ons Mosaïse godsdiens teen, wat één God aanneem; want in ons wet staan geskryf: “Jy sal alleen in die enig ware God glo en langs My geen vreemde gode hê nie!” Maar as Hy `n Seun van God is, het ons kennelik twee gode. Wat moet ons dan doen met so `n leer, wat ons ou leer van Moses teenspreek?

[7] Julle Romeine het ons immers by ons ou geloof gelaat - maar Hy wil dit van ons afneem, en daarom het ons dus redes om Hom te vervolg.

[8] Dit is origens moontlik dat Hy werklik `n nuut opgestane groot Profeet is, wat onder die Judeërs verskillende kere die geval was, deurdat die Godheid manne in die gees opgewek het, wat aan die volk voorspel wat hulle te wagte staan as hulle die wette van God veronagsaam. So is ook aan die volk beloftes gemaak, as hulle na die ou God van Abraham, Isak en Jakob sou terugkeer, dat God, veral die Judese volk, eenmaal `n Messias sou stuur en die volk van allerlei slawerny en harde verdrukking sou bevry.

[9] Maar dit gebruik die wyse uit Galilea ook en Hy gee Hom uit as die beloofde Messias; maar Hy is in Nasaret in Galilea gebore as Seun van `n timmerman, en ons weet dat Hy met Sy vader, wat nou gesterf het, en Sy broers byna vyftien jaar lank in daardie beroep gewerk het. Waar Hy origens Sy wysheid vandaan gekry het en die krag om wonders te doen, daaroor kan ons niks met sekerheid te wete kom nie.

[10] Kyk, my beste, vriendelike herbergier, dit is die vernaamste redes waarom ons die Galileër vervolg! Want wie ons te gronde wil rig, sal ons ook te gronde rig, omdat ons ten slotte tog sterker is as Hy met sy hele aanhang.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205