Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Oor die oordele van God en die gevolge daarvan

151 (Die Heer:) “Nou dink jy natuurlik - soos enkele in My aanwesigheid reeds gedink het - dat Ek tog die mag het om vir eens en vir altyd `n einde te maak aan daardie soort wêreldse praktyke! Daar het jy natuurlik wel gelyk in; maar dan sou ten eerste die mens, wat sonder onderskeid volgens geboorte of stand geroep is om `n kind van God te word, sy vrye wil geheel en al afgeneem moet word, en in plaas van sy vrye insig en verstand sou die mensesiel netsoos die siel van diere van `n instink voorsien moes word, waarna ieder mens alleen nog maar dit sou kon doen waar sy instink hom heen sou dryf. En ten tweede sou Ek ook die hele aarde volslae anders moes maak en net die voer vir dergelike instinkmatige mense moet laat groei, netsoos vir die ander diere. Bowendien sou Ek ten derde daarvoor nog baie plant- en diersoorte volkome moet laat uitsterf; want dit is maar net daar omdat die volledig vrye menslike siel noodsaaklikerwys daaruit moet ontwikkel in `n eindelose reeks van ontwikkelingsvlakke.

[2] Jy begryp dus goed, aangesien jy nog `n egte volgeling van Moses is, dat dit op hierdie aarde nou nie anders kan gaan nie; en as dit beter sou gegaan het as wat dit nou gaan, dan sou Ek nog lank nie Self as mens op hierdie aarde hoef te gekom het om tenminste by die mense, by wie nog `n beter mentaliteit uit die vroeër tyd van die profete oorgebly het, die ou geloof weer lewend te maak en deur hulle ook die ander mense daarvan te oortuig, dat die voorspellings van die profete nie uit die lug gegryp is soos die geskrifte en voorspellings van die valse afgodslerare nie.

[3] Die hele menslike geslag op hierdie aarde sal egter nog meer as twee duisend jaar nodig hê om tot `n suiwerder lig oor te gaan.

[4] Jy weet dat na die sondvloed van Noag die weinig oorgeblewe mense taamlik lank `n beter weg van lig bewandel het; maar die wêreld en haar materie, waarin die eintlike Satan verborge sit, het hulle baie gou weer na hulle toe getrek, en reeds ten tyde van Abraham het die goddeloosheid van die mense aansienlik ver voortgeskrei. Kyk eers na al die oordele, waarmee Ek dergelike volkere baie pynlik en skerp besoek het!

[5] Hoe lank duur die effek van so `n oordeel? In die algemeen hoogstens drie tot vier geslagte, en daarna gaan dit weer soos vroeër, en nog veel erger! `n Sodom en Gomorra, `n Babilon en `n Nineve sou nou haas as `n paradys beskou kan word vergeleke met Jerusalem, vergeleke by vele ander stede van die vroeër Beloofde Land en ook vergeleke by vele stede van die heidene.

[6] Ook oor al hierdie stede sal baie binnekort die een oordeel na die ander kom; maar die effek daarvan sal dieselfde wees as die van die voorgaande oordele. Vir `n tyd lank sal baie mense hulle lewe verbeter, hulle bekeer en boete doen; maar as hulle hul daardeur aards beskou in `n uitstekende toestand gebring voel, sal die ledigheid weer baie gou by hulle optree, en die slimmes sal hulle weer vir allerlei skynbelonings deur die minder bevoorregtes laat bedien.

[7] En as die mense eenmaal daardie punt bereik het, dan begin die verduistering van hulle gemoed ook weer onder hulle; die son van die lewe gaan onder, en seëvierend breek die volle nag aan die teenoorgestelde kant aan, en dan duur dit opnuut `n lang tyd voordat dit weer dag begin te word.

[8] En nou kan jy, My beste herbergier en vriend, vir jouself en jou hele huis tevrede wees met wat Ek jou nou oor die huidige toestand van die mense gesê het.

[9] Per goeie geleentheid kan jy dit ook aan jou troue vriende meedeel en hulle aanmaan tot geduld en volharding in My Naam; en jy kan hulle ook verseker van My liefde en barmhartigheid, en dat dit daar weldra ligter en beter sal uitsien, sowel onder vele Judeërs, asook onder die heidene.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205