Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die groot belang van die leer van die Heer ten opsigte van Sy dade

44 Toe Veronica, die kommandant, sy vrou en sy ondergeskiktes dit van My gehoor het, gaan hulle, sonder om nog `n woord verder daaraan te verspil, vinnig na die visbewaarplek, wat in die omgewing van `n bron op die grondgebied van die herbergier was en wat die kommandant van die herbergier gepag het, omdat die herbergier tog nooit visgevang het nie, en hulle tref die hele visbewaarplek vol met die edelste vis.

[2] Vol verbasing kom hulle almal weer vinnig terug en sê: “O Heer en Majesteit, in U Gees reeds van ewigheid! Dit is wel `n groot wonder, en ons sien nou alles baie duidelik in dat geen mens op aarde U iets kan gee wat hy nie eers van U ontvang het nie. Aan U alle dank vir hierdie gawe, asook vir elke ander; want U alleen is op wonderbaarlike wyse die ewige Gewer van alle goeie dinge, en ons, maar al te dikwels ondankbare mense, is veral die ontvangers! Daarom aan U alleen alle eer, alle lof, alle prysinge en al ons liefde!”

[3] Ek sê: Nou, nou, dit is wel goed so; maar maak geen ophef daaroor teenoor die mense nie!”

[4] Die kommandant sê: “Heer, ons sal nooit iets teen U wil doen en onderneem nie; maar staan my toe dat ek hieroor `n geheime brief stuur aan baie van my vriende in Rome - want sulke dinge moet vir die meer verstandige mense wat ek ken, nie verborge bly nie!”

[5] Ek sê: “Vriend, vir Rome is al gesorg, en jou vriend Agricola en ook verskeie van sy metgeselle ken My nog baie beter as jy nou; maar vir hierdie gemeente wat aan jou toevertrou is, kan jy wel in My Naam voor sorg dra, dan sal My loon jou nie agterweë bly nie!

[6] Maar praat ook nie te veel oor die tekens wat Ek in spesiale gevalle gedoen het nie, maar des te meer oor My leer, waardeur alle mense tot die ewige lewe in My ryk geroep is! Want deur My wonders alleen word niemand salig nie, maar alleen as hy in My glo en volgens My leer leef en handel.

[7] Deur My tekens kan `n mens wel tot geloof in My gedwing word - wat vir sy siel nie van groot nut is nie - maar wie My deur My woorde herken, in My glo en ooreenkomstig My leer leef en handel, vanuit sy ongedwonge, volkome vrye wil, die staan in My ryk baie hoër as diegene wat deur My tekens tot geloof in My en My leer gebring is. Onthou julle dit goed en maak nie te veel ophef oor My tekens nie!

[8] Diegene in wie die gees van waarheid oorheers, sal die waarheid van My woorde ook sonder enige uiterlike teken herken en sal in die waarheid geheel en al vry word en alle knegskap afskud.

[9] My leer sal bly en ewig nooit vergaan nie; maar alle tekens wat Ek gedoen het en nog sal doen, sal met verloop van tyd presies soos elke ander historiese verhaal vir die grootste deel van mond tot mond met baie veranderinge en vervalsings hier en daar bewaar bly en in later tye by die meer verligte mense weinig of geen geloof vind nie. Maar deur die suiwer waarheid van My leer sal die mense hulle ook in baie latere tye maklik bewus word wie Die Een was wat die waarheid aan die mense gegee het. Maak nou dus ook nie teveel ophef oor My dade nie, behalwe oor die van My liefde!”

[10] Dit het `n goeie invloed op die Romeine gehad, wat andersins wel baie erg waarde geheg het aan tekens en wonders, maar deur hierdie les van My die dinge baie anders en beter begin insien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205