Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die oorsake van die siekte van die seun van die herbergier

148 (Die Heer:) “Lees Samuel en die boek van die Rigters maar, dan sal jy sien hoeseer Ek die volk van die Judeërs oorduidelik en indringend teen `n koning gewaarsku het! Maar wat het al My vele waarskuwings uiteindelik opgelewer? Ek sê vir jou: heeltemal niks! Die volk wou nou eenmaal `n koning gehad het, en dus het die volk dit ook gekry, as teregte straf vir sy onverbeterlike eiesinnigheid.

[2] Sou jy My dan kan verwyt dat Ek die volk nie wou help nie en liewer wou dat dit tot val kom? Jy sal nou goed insien dat dit by My nooit die geval was nie en ook nooit kan wees nie. Want aan diegene wat dit self wil, geskied geen onreg nie, en as iemand geen ag slaan op My vele vermanings nie en alleen die luste van die wêreld en sy vlees najaag, kan Ek egter niks daaraan doen as hy homself en ook sy medemense, as hulle sy voorbeeld volg, in die verderf stort nie.

[3] Is Ekself nou nie persoonlik in hierdie wêreld nie, onderrig Ek die blinde mense nie en doen Ek geen tekens wat niemand anders buiten My kan doen nie? Maar gaan net na Jerusalem en vele ander stede, sowel in Judea as in Galilea, en vra die Judese priesters daar wat hulle van My dink!

[4] Vang en doodmaak wil hulle My, omdat Ek hulle hulle vele en uiters growwe en groot sondes voorhou! Hulle wil nie afsien van hulle wêreldse ingesteldheid, hulle wêreldse eer en hulle grenslose goeie lewetjies nie.

[5] Is dit dan My skuld dat die Judese priesters onverbeterlik is? Jy dink natuurlik dat Ek hulle in één oomblik almal ten gronde sou kan rig en vernietig. Dit sou Ek wel kan doen; maar ook die afvalliges is My kinders, en My liefde het geduld met hulle en wag voortdurend af of die een of ander tog nie weer uiteindelik na My sal terugkeer nie.

[6] Nou sal jy dus goed insien dat Ek, as hoogste liefde en geduld, dit nie doen nie, omdat aan die einde, wanneer die groot strafgerig oor die volk sal kom, niemand as verontskuldiging sal kan aanvoer dat Ek hulle te min liefde en geduld betoon het nie.

[7] Ek sê vir jou: As Jerusalem in sy slegtigheid bly volhard en maar net daarin toeneem, in plaas van minder te word, sal daar van nou af gereken geen volle vyftig jaar meer verstryk voor dit met Jerusalem en die hele land nog slegter sal gaan as vroeër met Sodom en Gomorra nie.”

[8] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer, nou sien ek baie duidelik in dat alleen U uiters wys is en in alles gelyk het; die mense is altyd self die skuld van alle kwale, waardeur hulle liggaamlik en wat hulle siel betref, getref word.

[9] Maar wie se skuld was dit eintlik dat hierdie seun van my, wat steeds vanaf sy vroegste jeug my allerbeste en vroomste seun was, blind en verlam geraak het?”

[10] Ek sê: “Kyk, vriend, daartoe het drie saamlopende omstandighede bygedra! Die eerste omstandigheid was jou te groot voorliefde vir hom. As hy ook maar enigsins deur `n bietjie hoofpyn bedreig was, moes alle bekende artse dadelik by hom kom om hom te genees. Hulle het met hulle baie sterk middels `n taamlik hewige katar (slymvliesontsteking) na sy oë verdryf, waardeur jou seun blind geword het.

[11] Tweede omstandigheid: Toe jou seun blind geword het, wou die artse hom weer siende maak, gebruik inwendig en uitwendig sterk, maar heeltemal verkeerde middels, waardeur jou seun dan ook baie gou oor sy hele liggaam verlam geraak het.

[12] Derde omstandigheid: Ek het dit goed geweet en het ook toegelaat dat jy dit oorkom, en wel om die volgende redes. Ten eerste het jy toe ook jou oorblywende kinders groter liefde betoon en het jy hulle almal beter gaan opvoed. Ten tweede het jy gaan ingesien dat `n egte Judeër ook by liggaamlike kwale sy vertroue altyd meer op God, as op merendeels blinde en onwetende wêreldse artse moet stel; want waar geen arts meer kan help nie, kan slegs God nog baie goed help. En ten derde het Ek dit ook toegelaat, omdat Ek wel geweet het dat Ek na jou toe sou kom, om jou in die genesing van jou seun `n teken te gee dat Ek die Heer is en vir My niks onmoontlik is nie.

[13] Daardeur sal jy nou goed insien waarop dit alles neerkom dat jou seun vir `n rukkie blind en verlam geword het.

[14] Daar is weliswaar nog `n geheime, innerlike, geestelik rede, wat jy nou nog nie kan begryp nie, maar dit vir jou eers in die ander lewe duidelik sal word. Maar aangaande jouself en jou seun mag jy nou uit My mond hoor, dat sowel jy as jou seun, wat julle siele betref, nie van hierdie aarde nie, maar van bo afstam, dit wil sê van `n ander aarde in die eindeloos wye ruimte van die hemel. Want alles wat hul aan die wye en diepe hemel as vaste sterre voordoen, is die een hemelliggaam na die ander, en geeneen daarvan is sonder menslike wesens wat soos julle lyk wat met rede begaaf is nie; maar slegs hierdie aarde dra My kinders.

[15] Maar vra My verder niks daaroor nie. As jy in die gees voleindig sal wees, sal jou innerlike gesig jou ook wat dit betref, groter duidelikheid verskaf.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205