Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 10
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245.

Die leerling Andreas spreek oor die werke en woorde van die Heer

104 Dit maak ons heidense priesters heeltemal stom van louter verbasing; want hulle merk nou eers egter duidelik Wie hulle in My het.

[2] Hoewel ook ons herbergier, wat by ons was, My die aand `n groot genesingsteken sien doen het en baie verbaas was daaroor, raak hy eers na die teken van hierdie oggend daarvan oortuig dat Ek nie soos wat `n groot profeet vervul met die gees uit God handel en werk nie, maar heeltemal selfstandig uit eie mag en krag; hy sê dan ook vir die kommandant, wat self met sy mense hoogstens verbaas staan te kyk: “Hoë gebieder, hierdie man is geen mens wat met die hulp van die een, enige ware God van die Judeërs sulke ongehoorde tekens doen nie, maar in Hom woon sigbaar vir ons die gehele, ewig eindelose volheid van die Godheid liggaamlik! Want Hy sê: “Ek wil dit!” en nie: “God het aldus tot My gespreek dat dit of dat moes gebeur en ontstaan nie!”

[3] Die kommandant sê vir die herbergier: “Vriend, dit weet ek al sedert Pella, waarheen Hy gekom het en net soos hier, onderrig en groot tekens gedoen het; maar so `n teken soos dit het ek self nog nie gesien nie, ofskoon wel enkeles hierop lyk en dit my maar al te luid en duidelik sê: “Sien, dit is op buitengewoon wonderbaarlike wyse die Heer Self!”

[4] Hy sê weliswaar: “Ek is deur die Vader in hierdie wêreld gestuur!”, maar Hy is Die Een wat Homself deur Sy liefde vir ons mense in hierdie wêreld gestuur het, om voortaan geen onsigbare en onbegryplike God en Vader vir ons te wees nie, maar goed sigbaar en begryplik, sodat ons in die vervolg egter kan glo dat Hy die enige ware God is en dat daar buite Hom geen ander God en Heer bestaan en kan bestaan nie.

[5] In Hom woon die oerwese van alle wese, die oerkrag van alle kragte, die oermag van alle magte, die helderste selfbewussyn van al die bewussyn van alle skepsels in die hele ewige oneindigheid, wat vervul is van Sy werke, en so woon in Hom ook die hoogste en ewige ondeurgrondelike Wysheid. En kyk, dit alles glo ek nie maar net soos wat `n mens dikwels `n vername waarheid plegtig glo nie - want behalwe dat hy dit glo, vors hy dit met sy verstand tog nog na en vra hom af, of die groot waarheid ook wel in die volledige samehang van haar onderdele volledig is en hoe mens hom volkome daarvan sou kan oortuig - maar ek is van al die dinge volkome en ten volle oortuig en is bereid om dit die volkome en diepste oortuiging van my lewe te gee!”

[6] Die herbergier sê: “Hoë gebieder, so diep soos U kan ek nog nie in die hoog heilige misterie ingewy wees nie; maar ek glo nou sonder twyfel alles wat U nou net gesê het, en ek hoop dat ek ook en my hele huis ook van dit alles ten volste oortuig sal raak! Daarom alle eer en liefde nou aan die een, sigbare God hier voor ons!”

[7] Die priesters en ook die leerlinge spreek ook soos die kommandant en die herbergier onder mekaar.

[8] Eén priester loop na `n leerling toe en vra hom of Ek al voorheen dergelike tekens gedoen het.

[9] Die leerling sê: “Gaan na al die plekke in die hele Galilea, Judea, Samaria en nog ander landstreke in die suide en noorde en van die ooste na die weste, en stel daar ondersoek in, dan sal mense vir jou sê en toon wat die Heer gedoen het!

[10] Tekens, soos wat dit hier geopenbaar is, was daar baie gedoen, en alle landstreke waar ons met Hom heen gereis het, is vol van Sy dade en vol van Sy eer; want Hy is Die Een wat Sy gelyke nie het nie, nóg in die hemel nóg op aarde. Maar Hy wil nie dat ons baie oor die groot tekens spreek, wat Hy gedoen het om die waarheid te bekragtig van Sy leer, waarvan julle nou die hoofsake al ken nie. Want die tekens sal verouder en mettertyd vergaan, soos wat alles op hierdie wêreld verganklik en veranderlik is, en as mens na baie jare daaroor sal praat, sal die mense dit nie glo en dit nie vat nie; maar Sy woorde sal nie vergaan nie, maar sal as die Waarheid van alle waarhede ewig bly bestaan in alle hemele en op die hele aarde en in die groot wêreld van die geeste!

[11] Hy wil sodoende net dat die woord van die lewe, wat deur Hom vanuit die hemele na hierdie wêreld gebring is, aan alle mense verkondig word en dat hulle die lewende geloof in Hom verkry deur ooreenkomstig die woord te handel.

[12] As die mense dit sal doen, sal hulle sodanig deur Hom gewek en versterk word sodat hulle in Sy naam self tekens sal doen, net soos ons ook in Sy Naam al baie tekens gedoen het, deur allerlei siekes ons hande op te lê, waardeur hulle volkome gesond geword het. Vir hulle sal die teken eers van nut word as hulle volgens Sy leer lewe en handel.

[13] So `n teken kan wel as `n buitengewone groot wonder beskou word, as die mense `n persoonlik getuie daarvan was, wat nog geen voldoende duidelikheid verkry het oor wie Die Een was wat die teken gedoen het nie; maar as die mense eenmaal herken het wie Die Een is wat die tekens doen, is die teken as sodanig geen wonder meer nie, want dan sien julle immers in dat vir God, die ewig Almagtige, geen enkele ding onmoontlik is nie.

[14] Wat is hierdie aarde anders as die woord en die wil van die Heer vanuit Sy liefde en wysheid? Wat is die maan, die son en alle tallose sterre met alles wat hulle dra en bevat, terwyl dit - soos wat ons met sekerheid weet - ook hemelliggame is waarvan die meeste, wat ons met ons oë kan sien, onverganklik baie groter is as hierdie aarde, wat ons dra en voed?

[15] As dit vir God die Heer van ewigheid moontlik is om sulke groot werke enkel deur Sy wil hetsy in één oomblik en wel op grond van Sy liefde en wysheid in langer tydperiodes tot lewe te roep, dan kan Hy tog netso maklik deur Sy woord en Sy wil `n klein plekkie die kaal bodem met vrugbare aarde bedek en op die plek ooreenkomstig sy aard sulke vrugte laat groei as wat die gesteldheid van die land volgens die deur Hom vasgestelde orde vereis.

[16] Julle Romeine, wat tog baie verstandig is en baie ervaring het, kan dit maklik insien en begryp, en so sal julle ook insien en begryp dat nie die tekens wat die Heer nou doen die hoofsaak vir ons mense is nie, maar Sy woord en Sy leer, wat ons die weg na die ewige lewe toon. Die woord uit God se mond is daarom vir ons alles in alles; daardeur sal ons ewig bestaan en lewe en daar wees, waar Hy is, en werke doen deur Sy woord en Sy wil in ons.”

[17] Toe die priester dit van die leerling gehoor het, sê hy: “Vriend, jy is al ver gevorder in die egte wysheid uit God, en nou verwonder dit my nie dat julle, ou leerlinge van die Heer, na die ongehoorde groot wonder baie minder verbaas gereageer het as ons heidene! Maar wat jy my nou gesê het, sal ek net so onthou soos wanneer die Heer dit Self vir my gesê het, en ek dank jou vir jou vriendskap en jou geduld.”

[18] Daarna gaan die priester weer na sy kollegas terug en spreek met hulle oor wat hy van die leerling, wat Andreas heet, gehoor het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205