Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 1 - Geestelike interpretasie van die inleidende woorde van die Boodskap van Johannes

[Johannes 1: 1-5]
1. IN die begin was die Woord, en die Woord was by die God, en die Woord was God.

1 Hierdie vers was alreeds die onderwerp van `n groot aantal valse voorstellings en interpretasies; ja, selfs ateïste gebruik hierdie einste teks om My godheid te betwyfel, te meer sekerlik omdat hulle in die algemeen die bestaan van die godheid ontken. Hoe dit ookal sy, ons gaan nie weer sulke valse konsepte aanbied waar groter verwarring kan kom nie, maar sal lig werp op die saak met die kortste moontlike verduideliking. Hierdie in sigself lig binne die Oorspronklike Lig sal outomaties alle misverstande beveg en oorwin.
[2] Die hoofrede waarom sulke tekse nie verstaan word nie, is oorwegend die baie swak en verkeerde vertaling van die Skrifte vanaf die oorspronklike taal na die tale van die huidige tyd, maar dit is vir die beste. Want as die innerlike betekenis van sulke tekse nie so goed verborge was soos dit nou is nie, sou dit wat geheilig is daarin, lank gelede totaal onteer gewees het, wat rampspoedig vir die hele aarde sou wees. Soos dinge egter nou daar uitsien, is slegs die buitedop beskadig, terwyl die heilige lewe behoue gebly het.
[3] Die tyd het gekom om die ware innerlike betekenis van sulke tekse te toon aan almal wat waardig is om te deel in hierdie kennis, maar die onwaardige sal duur betaal, want in hierdie dinge sal Ek nie mee gespot word, en Ek sal nooit daaroor onderhandel nie.
[4] Nou sal die verduideliking volg na hierdie noodsaaklike inleiding, maar Ek sal byvoeg dat hierin slegs die innerlike betekenis met betrekking tot die siel en gees verstaan moet word, en nie die mees innerlike, suiwer hemelse betekenis nie. Dit is te geheilig en kan slegs sonder skade gegee word aan diegene in die wêreld wie dit soek deur `n lewe te lei binne die reëls volgens die voorskrifte van die Boodskap. Maar die innerlike betekenis betreffende die siel en gees sal gemaklik gevind word, partykeer alreeds deur middel van die korrekte vertaling in die eie moedertaal van die tyd, wat duidelik sal word in die verduideliking van die eerste vers.
[5] Die uitdrukking “In die begin” is baie verkeerd en verberg die innerlike betekenis grootliks, want daardeur kan selfs die ewige bestaan van die godheid bevraagteken en betwyfel word, wat ook gedoen is deur sommige van die ouer filosowe van wie se skole die huidige ateïste voortgekom het. Maar as ons hierdie teks korrek weergee, sal ons vind dat sy bedekking maar baie dun is, en dit sal nie moeilik wees om die innerlike betekenis helder en somtyds baie akkuraat deur hierdie dun bedekking te ontdek nie.
[6] Die korrekte vertaling moet dus lees as volg, In die oer oorspronklike wese, of ook in die oer oorsaak (van alle lewe) was lig (die groot heilige skeppingsgedagte, die bestaande idee). Hierdie lig was nie net in, maar ook met God, dit is, die lig het uitgekom vanuit God as substansieel sigbaar en was nie net in, maar ook met God, en as`t ware gevloei rondom die oer oorspronklike goddelike wese. Daardeur word die basis vir die uiteindelike beliggaming van God gegee, wat helder duidelik is in die volgende teks.
[7] Wie of wat was hierdie lig, hierdie groot gedagte, hierdie mees heilige fundamentele idee van alle toekomstige wesenlike totale vrye bestaan? Dit kan onmoontlik enigiets anders wees as God Homself, aangesien God, deur God en van God niks as maar net God Homself kon laat manifesteer in Sy ewige, mees volmaakte wese—en so kan hierdie ook as volg gelees word.
[8] In God was die Lig, die Lig het gevloei deur en rondom God, en God Homself was die Lig.

2 Hy was in die begin by die God.

[9] Noudat die eerste vers genoegsaam verduidelik is en nou verstaan kan word deur enigiemand met `n mate van verligting, is die tweede vers selfverduidelikend en dien slegs as getuie vir die feit dat die hierbo beskrewe woord of Lig of die groot skeppingsgedagte nie later in bestaan gekom het vanuit die oorspronklike wese van God nie, maar is net so ewig soos God, in sigself God, en besit Hy daarom nie enige proses van om in bestaan te kom nie. Dit is waarom die verduideliking—by wyse van getuienis—volg, Hy was in die begin, of in die oorspronklike oorsaak van alle bestaan, en in alle latere bestaan - as die Eerste Oorsaak Homself met -, binne - en buite God, daarom in Homself God deur en deur.

3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

[10] Hierdie vers bevestig en bewys, soos dit is, wat alreeds in die eerste vers duidelik aangebied is as die “Woord” of “Lig” in die oorspronklike wese van alle skepping of in bestaan kom, dus totaal teenwoordig, maar nog nie ten volle gemanifesteer nie.
[11] Ooreenstemmend moet hierdie derde vers in sy korrekte vertolking lees as volg: “Alle bestaan het in bestaan gekom vanaf hierdie oorspronklike bestaan wat in Homself deur en deur die ewige Eerste Oorsaak van Sy bestaan is.” Die Lig, Woord en Wil van Sy bestaan stel Sy eie Lig, Sy ewige idee van skepping, uit Homself in `n tasbare, sigbare bestaan; en daar is niks in die hele ewige oneindigheid wat nie voortgegaan het vanaf die Eerste Oorsaak op dieselfde wyse en gemanifesteer het in sigbare bestaan nie.
[12] Wie ookal hierdie drie eenvoudig verklaarde verse kan verstaan, sal die betekenis van vers 4 duidelik vind.

4 In Hom was lewe, en die lewe was die Lig van die mens.

[13] Dit is duidelik dat die Eerste Oorsaak van alle bestaan, die Lig van die Ligte, die oorspronklike gedagte van alle gedagtes en idees, die prototipe as die ewige oorspronklike vorm van alle vorms, eerstens, nooit vormloos en, tweedens, nooit dood kan wees nie, aangesien dood die teenoorgestelde is van alle bestaan in watter vorm ookal. Daar was dus `n mees volmaakte lewe in hierdie Woord of Lig of in hierdie groot gedagte binne God, basies God Homself. God was dus vanaf ewigheid die mees volmaakte basiese lewe binne en buite Homself deur en deur, en hierdie Lig of lewe het uit Homself alle geskape wesens geskep, en hierdie Lig of lewe was die lig en ook die lewe binne die skepsels, binne die menslike wesens wat uit Hom uitgegaan het. Dus was hierdie skepsele en mense `n perfekte beeld van die Oorspronklike Lig wat hulle hul bestaan gegee het, lig, en `n lewe baie soortgelyk aan die ewige oorspronklike bestaan.
[14] Die oorspronklike lewe in God is en moet `n volkome vrye lewe wees, anders sal dit so goed soos geen lewe wees nie. Hierdie selfde lewe moet een en dieselfde lewe in die geskape wesens wees, andersins sal dit geen lewe wees nie en, dus, sonder lewe sou ook wees sonder bestaan. Dit is duidelik dat die geskape wesens—mense—slegs `n volkome vrye lewe gegee word, en hulle moet besef dat dit `n volkome lewe is, maar moet ook besef dat dit nie `n lewe is wat vanuit homself voortgekom het nie, maar voortgekom het as volkome gelyk vanuit God volgens Sy ewige Almagtige Wil.
[15] Hierdie besef moet aanwesig wees in alle geskape wesens, net soos die een dat hulle lewe en bestaan volkome gelyk moet wees aan die van God, anders sal hulle geen lewe of bestaan hê nie.
[16] Wanneer ons nou hierdie omstandighede van naderby beskou, word dit duidelik dat die twee gevoelens in die geskape wesens moet ontmoet, naamlik, in die eerste plek, die gevoel van gelykvormigheid met God of die teenwoordigheid van die Oorspronklike Lig van God binne hulle, en dan voortspruitend uit hierdie Lig binne hulle, ook die gevoel dat hulle op `n tyd geskep was deur die oorspronklike Wil van die Skepper.
[17] Die eerste gevoel maak die geskape wese verseker gelykvormig aan die Skepper en, asof hy in bestaan gekom het vanuit homself, heeltemal onafhanklik van die ewige Eerste Oorsaak asof hy `n ooreenkoms tref binne homself. Die tweede deurslaggewende besef, noodwendig voortspruitend vanaf die eerste, moet hy homself nog steeds beskou en besef as voortgebring vanuit die eintlike Eerste Oorsaak, en slegs met die loop van tyd `n vrye gemanifesteerde wese, en daarom totaal afhanklik van die Eerste Oorsaak.
[18] Nou sal hierdie nederige besef die aanvanklike gevoel van verhewendheid ook verander in `n gevoel van nederigheid, waar die gevoel van verhewendheid `n baie nodige en onvermydelike saak is soos lateraan duidelik aangetoon sal word.
[19] Die gevoel van verhewendheid bied sterk weerstand teen hierdie nederigheid en wil die ander gevoel vernietig.
[20] So `n konflik veroorsaak woede en uiteindelik haat teen die Eerste Oorsaak van alles wat bestaan en voortspruitend daaruit ook teen die beskeie gevoel van nederigheid en afhanklikheid, waarop die gevoel van verhewendheid swak word en verblind word en die Oorspronklike Lig binne die geskape wese maak weg vir nag en duisternis. Hierdie nag en hierdie duisternis kan dan kwalik die Oorspronklike Lig in homself herken en, blind maar nog steeds onafhanklik, distansieer hy homself vanaf die Eerste Oorsaak van sy bestaan en skepping, onbekwaam om Hom te herken in sy misleiding.

5 En die Lig skyn in die Duisternis, en die Duisternis het Hom nie oorweldig nie.

[21] Daarom, hierdie Oorspronklike Lig mag skyn in so `n nag so helder as wat dit kan, maar omdat die nag, alhoewel dit ook ontstaan het van die Lig, nie meer in staat is om behoorlik te sien nie, herken dit nie die Lig wat in so `n nag inkom sodat dit weer kan verander na die ware Oorspronklike Lig nie.
[22] Daarom, ook Ek, as die ewige oorspronklike wese van alle bestaan en as die Oorspronklike Lig van alle ligte en lewe, het in hierdie wêreld van duisternis ingekom na die wat van My voortgekom het, maar hulle het My nie herken in die nag van hulle verswakte gevoel van verhewendheid nie.
[23] Want hierdie vyfde vers maak dit duidelik hoe, in ooreenstemming met die oorspronklike standaarde en omstandighede, Ek in die wêreld ingekom het wat deur My en vanuit My geskape is as Hy, wat Ek Is vanaf ewigheid af, en die wêreld versuim om My te herken as haar eie basis van bestaan.
[24] Maar Ek, as die Eerste Oorsaak van alle bestaan, het nie in gebreke gebly om in my ewige Oorspronklike Lig te voorsien hoedat deur die voortdurende konflik die gevoel van verhewendheid, as die Oorspronklike Lig binne die mens, heeltyd al hoe swakker sou raak en daarom die onmisbare lig ook flouer, om dan finaal te eindig in duisternis, en daarom sal die mens, as Ek na hom toe kom in die beeld waarop hulle van My voortgekom het, My nie herken nie. Op sy minste sal baie faal om My te herken, veral as ek na hulle toe kom as `n Deus ex machina (`n skielik-verskynende God) onverwags en sonder waarskuwing in `n beperkte menslike vorm, in die geval waar Ek Myself sal moet blameer dat die mens My onmoontlik nie kon herken nie, want hulle sou nie voorberei gewees het vir My koms op hierdie manier nie.
[25] Ek het dit egter van ewigheid af besef, en daarom het hierdie koms van My, alreeds begin met die eerste bestaan van die mens, onafhanklik van My, tot by die tyd van My werklike koms, geprofeteer aan die mens deur baie profete wat nie My Lig verloor het in hierdie konflik nie. Hulle het getrou die omstandighede en selfs die plek en tyd van My koms beskryf. Ten tye van My werklike koms, het Ek groot tekens laat plaasvind en het `n man opgewek, waarin `n hoogs oorspronklike Gees ingewoon het, sodat hy aan alle blinde mense My koms en volle teenwoordigheid op aarde kon aankondig.