Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Judas beledig die Heer en die drie fariseërs

110 Ons gaan aansit, en begin heel wellewend en opgewek te eet toe Judas by die deur inkom, en ons ordentlik begin verwyt omdat ons nie `n bode gestuur het om hom te laat haal nie. Want, sê hy, ons kon tog geweet het dat hy druk besig is en nie die tyd het om te kom navraag doen wanneer ons gaan eet nie - hy veronderstel dat hy tog ook tot ons geselskap behoort! Thomas vererg hom bloedig oor hierdie aanmerking, en sê: “Heer, daar het nou `n einde aan my selfbeheersing gekom! Hy gaan nou weer my vuiste proe!”

[2] Ek sê: “Hou op daarmee! Het jy dan nog nooit gehoor nie dat waar twaalf engele onder een dak woon, die twaalfde een `n vermomde duiwel is? Gun hom sy plesier, want hom verander jy nooit!” Thomas gaan sit en Judas gaan sonder om te eet weer weg.

[3] Terwyl ons daarna nog aan die ete smul, kom Judas terug, praat vriendelik met ons en vra of hy mag saameet, aangesien hy in die stad nêrens iets kon kry nie, want as gevolg van die groot aantal besoekers is al die voorbereide etes reeds opgeëet.

[4] Ek sê: “Gee hom iets te ete!” Broer Jakob gee vir hom brood, sout en `n heerlike, baie groot vis. En Judas - hy eet die hele, byna sewe pond sware vis op, en drink daarby nog baie water, sodat hy daarna nie te goed voel nie! Nou bekla hy sy lot en meen dat die vis al oud moes gewees het, want dan gee dit hom altyd maagpyn.

[5] Thomas word nou weer kwaad, en sê vir Judas Iskariot: “Jy bly nog steeds dieselfde lompe en ongemanierde mens wat jy nog altyd was; gaan spens toe en kyk of ons visse oud is! As jy soos `n uitgehongerde wolf op één slag `n sewe pond swaar vis verslind, daarby `n kruik water leegdrink met genoeg in vir twintig mense, en tewens nog `n brood opeet wat bepaald nie klein was nie, dan behoort jy mos druk op jou maag te voel! As dit jou dan nou soveel pyn besorg, dan het ons tog die beste dokter in ons midde; vra Hom, Hy sal jou wel help.”

[6] Judas Iskariot sê: “Julle is almal lelik met my as julle sê dat ek `n duiwel is; hoe sal julle my, as duiwel, glo dat ek ly en hoe sal julle my help?”

[7] Thomas sê: “Jy was tog saam met ons by die Gadareners en het jy nie gesien nie dat die Heer die duiwels op hulle vraag tegemoet gekom, en hulle dit wat hulle gevra het, toegestaan het? As jy nou regtig van mening is dat jy `n duiwel is, vra dan soos een van daardie duiwels en daar sal wel êrens `n trop varke wees waarin jy kan vaar, as die Heer dit goedvind!”

[8] Judas Iskariot sê: “Ag, jy bedoel dit tog so goed met my! Ek sou nooit geglo het dat ek so `n goeie vriend in jou het nie! Goed, ek gaan nou vir Jesus, die Seun van hierdie huis, om werklike hulp vra en dan sal ons sien of Hy my, soos wat jy glo, sal verplig om in `n trop varke in te vaar!” Judas wend hom nou tot My en bekla sy lot, maar Ek sê: “Gaan na jou potte toe, daar sal dit wel met jou maag beter gaan!”

[9] Judas loop, en sê in die verbygaan aan Thomas: “Darem nie in `n trop varke in nie!” Thomas sê: “Maar ook nie veel beter nie! Want die potte is vir jou net sulke woekerware as wat die varke vir die Gadareners is!” Daarop antwoord Judas nie en hy verdwyn vinnig.

[10] Kort daarna kom drie fariseërs uit Kapernaum die huis binne en vra of Ek tuis is. Toe die mense vir hulle sê dat Ek tuis is, stap hulle direk die eetkamer in en vra daar weer na My, want hulle ken My nie persoonlik nie.

[11] Ek sê met volle krag: “Ek IS HY. Wat wil u hê dat Ek vir u moet doen?”

[12] Hulle skrik egter so erg vir die manier waarop Ek hulle aanspreek dat hulle verder niks durf vra nie. My luide woorde het die effek in hulle harte asof dit bliksems is wat hulle tref! Ek vra hulle nogmaals wat hulle wil hê.

[13] Dan tree een na vore, en sê heel beskroomd: “Goeie Heer!”

[14] Maar Ek sê: “Waarom noem u My goed? Weet u dan nie dat buiten God niemand goed is nie?” Die fariseër sê: “Ek smeek U, moenie so streng met my wees nie, want ek het U beproefde hulp nodig!” Ek sê: “Gaan weg en moenie My ophou nie, want Ek wil vanmiddag na die meer gaan om vis te vang; Daar kan u my kry.”

[15] Met hierdie advies gaan die drie weg. Die een wat met my gepraat het, was een van die hoofde van die skool en die sinagoge te Kapernaum, en heet Jaïrus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205