|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 107
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Aanwysings van die Heer oor ware en oor verkeerde vreugde
107 Maar Ek sê aan Simon van Kana: ”Het jy nou gesien hoe goed dit is om op die regte oomblik te kan stilbly? As andere namens ons praat en optree, is dit altyd vir ons goed om stil te bly - begryp jy dit?”
[2] Simon van Kana sê: “Ja Heer, ek begryp dit en ek sien nou helder en duidelik in dat dit baie beter is om te swyg as om te praat. Soms, by sulke geleenthede, wil mens tog te graag hewig van jou eie tong gebruik maak, maar hier het dit nou waaragtig uit die feite geblyk dat swye op die regte tydstip baie beter is as weldeurdagte redevoering. Maar dit was trouens hier nie te moeilik om stil te bly nie, want ons het in die een wat homself as Romein aan die priesters kenbaar gemaak het, `n buitengewoon moedige, welsprekende, saaklike en kundige verteenwoordiger gehad.
[3] Ek het byna uitgebars van die lag toe die drie tempeliers die aftog blaas en daardeur hulle aansien in hierdie land so goed as verloor het! Hul gesigte het steeds langer en langer geword en gedurende die toespraak van die Romein uit Kapernaum, wat ook al kragtiger geword het, begin hulle voete behoorlik onrustig word en tref skielik die regte voorbereidings om hulle vandaar te neem. Toe ek die baie eienaardige onrustigheid in die voete van die drie tempeliers opmerk, sê my gees aan my: ‘Nou gaan hulle dadelik onsigbaar word!’ - en dit was waar, hulle word toe onsigbaar!
[4] Werklik Heer, dit kan nie sonde wees om in jou hart `n haas onweerstaanbare behae daarin te skep elke keer as, soos nou-net, `n dik streep deur die rekening van sulke aartslegte en onverbeterlike gespuis getrek word nie. Ek persoonlik kon gerus elke woord uit die mond van die Romein uit kus!”
[5] Ek sê: “Almal wat eerlik van inbors is, kan hulle met die volste reg verheug en `n hartversterkende vrolikheid ervaar oor elke `n teenkrag wat op die regte oomblik optree, verborge kwaad ontbloot en vernietig; maar, dink daaraan - net oor die gelukkige verydeling van dit wat op sigself boos, vals, en sleg is, maar nooit oor die mens nie, wat meestal in sy blindheid die sonde as slaaf daarvan gedien het.
[6] Jy het tog altwee die Gadareners gesien en hoe sleg hulle was! Hoe goed en sagmoedig word hulle nie nadat Ek die legioen duiwels uit hulle verdryf het, en hulle loof en prys God dat Hy aan `n Mens sulke mag gegee het! Sou dit toe reg gewees het as mens slegs daarin vreugde gevind het dat die twee laaghartiges, wat die skrik van die omgewing was, nie meer met hulle slegte dinge kon voortgaan nie, en bowendien ook nog die woekermiddele van `n paar varkwoekeraars in die meer in verdwyn het? O, om daaroor plesier te hê, sou vir `n egte mens baie onwaardig gewees het! Maar as mens egte vreugde ervaar omdat die twee hartsgepynigde mense van hulle marteling bevry was, en omdat die boosaardige kwelduiwels uiteindelik die goeie saak van die hemele moes dien deur die vernietiging van hulle eie, deur die Gadareners sorgvuldig onderhoude, slegte woekergees, dan sou so `n vreugde van hemelse aard wees en daarom heeltemal goed.
[7] Ek sê aan julle uit die lewende bron van al die Waarheid: Wie vir `n dom mens lag, toon daarmee dat hy net so dom is; die een tree dom op omdat hy dom is en die ander een lag omdat hy dom is; en so het die een domheid plesier in die ander domheid, en ten slotte blyk dit dat die een dit glad nie goed vind dat die ander een ophou met sy domheid en verstandig begin optree nie.
[8] Dit is `n heel ander saak as jy iemand wat dom optree, broederlik teregwys en dan met `n vrolike en blye hart lag as die domme verstandig begin handel! Dan is jou vreugde en blyheid in ooreenstemming met die hemelse orde en daarom goed, juis en regverdig!
[9] Watter plesier en blydskap kan mens daarin hê, as mens dit wyslik insien, as `n blinde wat op pad is aan `n siende wat in die dieselfde rigting loop, sê: ‘Vriend, ek het die pad byster geraak en ek weet nie meer of ek heen of terug gaan nie; volgens die aantal treë wat ek getel het, behoort ek nou vlak by my huis te wees; maar as ek, omdat ek as stokblinde my maklik vergis, in plaas van heen terug gegaan het, dan moet ek nou verder van die huis af wees as wat ek was toe ek huis toe wou gaan. Wees dus so goed en bring my op die goeie weg na my huis toe.’
[10] As die siende dan vir die blinde lag en, terwyl dié hom vlak by sy huis bevind en maar net tien treë van sy voordeur af staan, aan die blinde sê: ‘O, dan het jy skoon verkeerd geloop. Gee my jou hand want ek sal jou op jou versoek huis toe vat, hoewel dit taamlik ver is.’ Dan is die blinde baie bly en bedank by voorbaat die siende begeleier hartlik. Hy lei al laggende die blinde twintig keer rondom sy huis en sê dan aan hom, terwyl hy innerlik vreeslik lag: ‘Vriend, hier is ons nou, daar is jou huis!’ Die blinde bedank hom nog steeds baie hartlik; maar die siende lag tog te lekker omdat sy grap suksesvol was.
[11] Dan vra Ek wie in hierdie geval blinder was, die blinde self of sy siende begeleier? Ek sê vir julle: die hartelose begeleier, want hy is in sy hart blind en dit is erger as duisendvoudige blindheid van jou hoof!
[12] So lag mense dan ook vir allerhande gladde praatjies en veral dán as sulke praatjies baie kru en vuil sinspelings bevat en daardeur menige swakhede en sondes van hulle broers vir die publiek sigbaar en hoorbaar maak.
[13] Ek sê vir julle: Wie daarvoor kan lag of ook as getuie baie plesier daaruit kan put as een of ander grapjas `n swakke medemens baie staan en belieg en aan hom `n effens versilwerde boontjie vir `n egte pêrel verkoop, in hulle harte het die duiwel `n oormaat van allerhande slegte saad gestrooi, waaruit nooit `n lewensvrug sal voortkom nie.
[14] Dit is daarom beter om jou van al sulke soort sake af weg te keer en dit liewer te betreur as die blinde wêreld dit nodig vind om onbeskaamd te lag, want die blyspel van die wêreld is altyd `n treurspel vir die egte kinders van God en maar al te dikwels huil die engele van God in die Hemele as die wêreldse mense in hulle slegte dwaasheid lag.
[15] Laat ons daarom nou ook die drie tempeliers daar laat; hulle is weliswaar deur en deur sleg, maar tog is hulle steeds mense. Dis maar net deur die invloed van die satan en hulle eie onvervalste liefde vir hulleself en vir die wêreld dat hulle bedorwe kinders is van dieselfde Vader wat ook julle Vader is. Julle moet slegs die bose binne hulle verag, maar hulleself as mense en as broers is slegs maar om oor te huil.
[16] Dit is beter om Noag tydens sy dronkenskap te bedek as om hom bloot te stel en hom aan die gelag van die wêreld oor te lewer.
[17] As jy dit alles in jou hart begryp het, laat ons dan nou ook uit hierdie leë sinagoge uit huis toe gaan, want die middagete sal wel al gereed staan. Kom nou maar saam.”
|
|
|
|
|