Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 204

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Gelykenis van die moeder met die twee seuns. Suiwer liefde en selfsugtige liefde.

204 Toe die son weldra opkom, wek die engel van JonaEl en Jaïrus al diegene wat nog slaap, en Kisjonah wat met sy familie die naaste aan My `n rusplek gehad het, gee gou aan sy vrou en dogters asook al die dienaars opdrag om vir `n goeie ontbyt te sorg.

[2] Maar Ek sê aan die besorgde Kisjonah: “Jy hoef dit vandag nie te doen nie, want weet jy, ons moet broer Baram uit Jesaïra ook `n kans gee. Kyk gou daar na die meer! Daar vlak langs die oewer lê die volgelaaide skip van Baram, en sy seuns en dienaars is saam met hom besig om die ontbyt hierheen te bring. Moet dus nie oor vandag bekommerd wees nie, liewe broer; want die groot skip bevat nog gebalanseerde middag- en aandetes en ook veertig sakke met die beste Griekse wyn.”

[3] “Ag”, sê Kisjonah, “die swygsame Baram tog! Hy sê geen woord oor wat sy planne was nie, gisteraand verdwyn hy baie stilletjies; ek meen dat hy gou na ons aankoms verdwyn het en nou is hy met `n volgelaaide skip terug! Hy moes `n goeie wind gehad het, anders sou hy, al die werk in ag genome, nog lank nie hier kon wees nie; want met `n slegte wind is dit van hier na Jesaïra `n hele dag se roei.”

[4] Ek sê: “Glo My broer, wie goeds van plan is, sal altyd deur `n goeie wind gelei word, wie egter iets slegs in gedagte het, sal altyd `n slegte wind hê.

[5] Daar was eens twee broers, met `n moeder wat baie skatte besit. Beide het baie van hulle moeder gehou, sodat die moeder nie kon vasstel watter een van die twee haar die liefste gehad het nie, sodat sy aan hom die grootste erfporsie sou kon gee. Maar net een het haar werklik liefgehad; die ander een het slegs sy oog op die grootste erfporsie gehad, en daarom was hy baie sorgsaam teenoor die moeder en was daarom, nie selde nie, die broer wat regtig sy moeder liefgehad het, voor.

[6] Omdat die goeie seun sy moeder egter lief gehad het, verdink hy sy broer nie in die minste nie en verheug homself daaroor as sy broer die geliefde moeder `n guns doen. So gaan dit dus enige jare goed.

[7] Maar die moeder word ouer en swakker en roep altwee seuns na haar toe en sê: “Ek kan nie agterkom wie van julle twee my die meeste liefhet nie, sodat ek hom die grootste erfporsie kan gee; daarom wil ek hê dat julle na my afsterwe die erfenis gelykop sal verdeel!”

[8] Toe sê die goeie seun: ‘Moeder, u het daarvoor gesorg dat ek leer werk het en ek kan soveel brood verdien as wat ek nodig het; maar ek sal God met my hele hart smeek dat Hy u net solank laat lewe as ekself, en dat u u skat vir die welsyn van die hele huis kan beheer! Want sonder u sou die erfenis my kwel en my altyd treurig maak, so dikwels ek daarna sou kyk. Liefste moeder, hou u dus die erfenis en gee dit aan wie u maar wil! Vir my is u hart die beste erfporsie; mag God u nog lank in die lewe hou!’

[9] Toe die moeder die woorde van haar goeie seun met `n ontroerde hart aangehoor het, praat sy, terwyl sy dít wat sy werklik bedoel, verborge hou: ‘Liewe seun, jou bekentenis gee my wel ontsaglik veel vreugde, maar dit is nog geen rede om jou erfenis aan `n vreemde weg te gee nie. As jy dit dan nie wil hê nie, dan moet jou broer die hele erfenis na my dood neem, en jy moet hom dien en jou brood in die sweet van jou aanskyn verdien!’

[10] Die goeie seun antwoord: ‘Liefste moeder, as ek dien en werk, dan sal my hart altyd baie dankbaar aan u dink en sê: ‘Sien, so het jou liewe en tere moeder jou leer werk!’ Maar as ek die erfenis het, dan sou ek uiteindelik werksku word en my in die nuttelose lewe van weelde stort en ten slotte selfs u nog vergeet! Daarom wil ek die deur-jou-verworwe geldskat nie hê nie, waarop jou hart nie afgebeeld is nie, maar wat slegs die gesag van die keiser weergee; maar ek wil dit wat ek uit jou hart gekry het, hê en die afdruk daarvan in my hart dra met `n vaste plek in my hart. En daarom is die erfenis wat u, liewe moeder, my al vanaf die wieg ryklik gegee het en waardeur ek al baie goeds en kosbaars verwerf het, onbeskryflik veel beter as dit wat u self met die werk en die inspanning van u hande verwerf het! By die sien daarvan sou ek slegs droewig word, omdat ek daar altyd by sou moes dink: “Kyk, dit het jou geliefde moeder veel moeite en werk gekos; miskien het sy dikwels van pyn gehuil om jou `n erfenis te kan besorg; wel, liefste moeder, omdat ek u so liefhet, sou ek dan tog onmoontlik vrolik kon wees!’

[11] Die moeder, tot trane toe beweeg, roep die ander seun en sê aan hom hoe sy broer daaroor dink en wat hy wil hê.

[12] Dié antwoord toe: ‘Ek het nog altyd gedink dat my broer weliswaar `n edel mens, maar op bepaalde punte sonderling is. Daarteenoor is ek `n heel ander mens! Net soveel as ek u eer en ag, liewe moeder, net so seer ag ek ook alles wat u my wil en sal gee en ek neem daarom die hele erfenis met dankvervulde hart aan, en die dienste wat my broer my wil verleen, sal nie onbeloon bly nie. As u dit egter wil, liewe moeder, dan kan u my nou al die halwe erfenis gee, sodat ek `n stuk grond kan koop en `n vrou neem!’

[13] Die moeder sê, ietwat weemoedig, na hierdie antwoord van haar tweede seun: ‘Ek bly by wat ek gesê het! Jy kry pas na my dood jou erfenis!’

[14] Toe word die tweede seun bedroef en gaan na buite.

[15] Maar na `n jaar word die moeder baie siek en terwyl beide seuns op die lande werk, kom `n diensmaagd en roep hulle altwee na die moeder toe, sodat die waardigste volgens die wil van die moeder die seën van haar af kan kry.

[16] Die goeie seun word toe baie hartseer en bid onderweg hardop tot God om sy moeder in die lewe te behou.

[17] Die slegte seun vererg hom daaroor en sê aan die biddende broer: ‘Wil jy dan werklik met jou gebed aan die natuur sy wet voorskryf? Wie eenmaal sover is, hetsy vader, moeder, broer of suster, moet sterf en daarvoor help geen smeek en bid meer nie! Daarom is my slagspreuk: wat God wil, dit vind ek ook goed!’

[18] Die goeie broer word toe nog treuriger en bid nog vuriger vir die lewe van sy moeder.

[19] Toe hulle in die kamer kom waar die moeder siek lê, sê die slegte seun: ‘Ek het geweet dat u nie so gou sou doodgaan nie!’ - En hy begin haar toe daarvan te oortuig dat sy nie bang hoef te wees vir die dood nie!

[20] Maar die goeie seun ween en bid hardop. God verhoor die versugting van die goeie seun, stuur `n engel na die bed van die sieke moeder en dié genees haar volkome.

[21] Weldra staan die moeder van haar bed af op, en sy bemerk dat `n hoëre mag haar gesondheid aan haar teruggegee het. En toe sy begin loop en merk hoeveel krag sy in haar voete het, sê sy: ‘Dit het ek te danke aan die vurige gebed van die seun wat die aangebode erfporsie uit egte liefde vir my nie wou aanneem nie! Waarlik, ek sê jou, liefste seun: omdat jy uit ware liefde van my niks wou hê nie, daarom kry jy nou alles; wat myne is, is nou ook joue! Maar jy, wat net maar ter wille van die erfenis vir my liefhet en vol verlange op my einde wag, omdat ek so goed was om jou alles te laat erf, jy kry nou niks nie en sal vir altyd `n kneg van die mense wees!’

[22] Beoordeel nou die gelykenis! Wat dink julle nou, wie van die twee seuns het die goeie wind en wie die slegte?”

[23] Die leerlinge antwoord: “Duidelik die een wat sy moeder waaragtig liefgehad het!”

[24] Ek sê: “Baie goed geantwoord! Maar Ek sê vir julle: netsoos die moeder gedoen het, net so sal ook die Vader in die Hemele eenmaal doen!

[25] Wie My nie liefhet ter wille van Myself nie, dié kom nie daar waar Ek sal wees nie!

[26] Die mens moet God sonder winsbejag liefhê, netsoos God hom liefhet, anders is hy God geheel onwaardig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205