|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 197
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Kisjonah se heuwel van slange bevry. Verklaring van die gelykenis van die onkruid
197 Terwyl Ek dit nog maar net uitgespreek het, kom die jongeling ook al terug met die vroue en ons gaan dadelik aan die tafels sit en eet baie gou en opgewek die aandete. Na die maaltyd sê Ek aan almal: “Luister, omdat die nag vannag mooi en helder met baie sterre is, sal ons nie dadelik bed toe gaan nie, maar na buite om onder die vrye hemele op die grasveld te gaan sit; want Ek is van voornemens om julle vannag nog baie te vertel en te laat sien!
[2] Elkeen stem met die voorstel in en ons staan almal gou van die tafels af op en gaan na buite en wel na `n ongeveer twintig klafter* hoë heuwel, wat aan die einde van die groot tuin homself sag gloeiend so `n dertig treë van die meer af verhef. Kisjonah merk op dat die heuwel wel `n baie mooi uitsig oor die hele meer gee, maar dat hier tog altyd die onaangename was, en wel dat daar, waarskynlik deur die nabyheid van die meer, baie giftige slange en adders hulleself daar huisves. Hy het al alles gedoen om die ongediertes te verdryf, maar dit het nie gehelp nie! *(`n klafter =l,90m.)
[3] Ek sê: “Laat dit maar met rus! Nou sal hy nooit meer die ongediertes tot woonplek dien nie; daarvan kan jy volledig verseker wees!”
[4] Kisjonah sê: “As dat so is, waaraan ek nie in die minste twyfel nie, dan dank ek U in die eerste plek uit die grond van my hart vir die wonderbaarlike bevryding van die ongemak, en in die tweede plek moet daar ter herinnering aan U op die heuwel `n goeie skool gebou word vir lesse gee volgens U leer aan groot en klein en jong en oud!”
[5] Ek sê: “So `n skool kan hom ook altyd in My seën verheug, as hulle My grondslag bewaar. Maar helaas, as die wêreld alles bederf, sal hulle in die loop van tyd die skool, net soos My suiwer leer, nie onbemoeid laat nie en so is daar op die wêreld niks wat so sal bly nie! Want die hele wêreld is nou in duisternis gehul en ly skade deur satan! Maar laat ons nou na die heuwel gaan!” Ek en Kisjonah gaan vooruit en al die leerlinge en al die bediendes van Kisjonah volg ons te voet.
[6] Maar toe ons by die heuwel kom, sien Kisjonah, hoe `n groot adder juis teen die heuwel opkruip en dadelik daarna sien hy nog meer en hy sê aan My: “Heer, was my geloof dan te klein dat die ongediertes nog nie verdwyn het nie?”
[7] Ek antwoord: “Dit is sodat jy die Glansrykheid van die Seun van God sal kan sien en herken! Let daarom nou op! Ek beveel die diere nou om die plek vir altyd te verlaat en, solank `n telg van jou die tuin en heuwel bewoon sal hulle hier nie nestel nie; en jy sal sien hoe die baie stompsinnige gediertes ook My stem moet gehoorsaam!”
[8] Toe wend Ek My na die berg en bedreig die gediertes. En duisende van hulle skiet tegelyk soos pyle uit hulle gate en vlug in die meer; en so word die berg vir altyd gesuiwer van die ongediertes en van daar af word daar ook geen enkele wurm, hoe klein ookal, meer op die heuwel gesien nie.
[9] Daarop gaan ons met goeie gemoedere die heuwel op en omdat die gras al nat van die dou was, laat Kisjonah gou `n groot aantal klere haal om byna die hele heuwel te bedek, waarmee die jongeling hom ook weer nuttige en snelle dienste verleen. Baie goedmoedig nestel ons onsself almal op die heuwel wat heeltemal met mooi tapyte bedek was.
[10] Toe kom My leerlinge, wat ondanks al hulle gedink, gepeins en veronderstellinge nie duidelikheid gekry het oor die gelykenis van die onkruid op die akker nie, na My toe en vra My of Ek hulle nie die gelykenis van die saaier wat die goeie saad gesaai het en vervolgens op sy skoon akker onkruid te midde van die koring gevind het, wil uitlê en nader verklaar nie. (Matthéüs. 13:36)
[11] Maar Ek antwoord: “Het julle nie gehoor wat Kisjonah ter gedagtenis van My op die heuwel wil oprig nie en dat Ek hom vertel het hoedat so `n instelling helaas in die wêreld sal vergaan? Wel, dit het betrekking op die goeie akker, wat met die suiwerste koring besaai word en waar daar tog `n groot hoeveelheid onkruid tussen die koring opkom! Kyk, die gelykenis beteken die volgende:
[12] Ek, of soos die Judeërs sê, die Seun van die Adam, strooi die goeie saad uit. (Matthéüs. 13:37) Die wêreld is die akker; die goeie saad is die kinders van die Ryk; die onkruid is egter die kinders van die kwade. (Matthéüs. 13:38) Die vyand wat saai is die duiwel; die oes is die voleinding van die wêreld en die maaiers is die engele! (Matthéüs. 13:39) Net soos wat `n mens die onkruid op die akker skoonmaak en dit in bondels bind en vervolgens verbrand, so sal dit ook aan die voleinding van die wêreld gaan! (Matthéüs. 13:40)
[13] Die Seun van die Adam sal Sy engele uitstuur en hy sal uit Sy ryk al die kwaad en al die mense wat onreg bedryf (Matthéüs. 13:41) en nóg `n oog nóg `n oor en nóg minder `n hart het vir die nood van hulle broers, versamel en hulle in die brandende oond werp, waar gehuil en tandegeklap sal wees. (Matthéüs. 13:42) Die brandende oond is die hart van die kinders van die kwade - en bestaan uit hoogmoed, selfsug, heerssug, hardvogtigheid, onverskilligheid ten opsigte van God se woord, gierigheid, nyd, afguns, leuens, bedrog, ontrou, ontug en hoerery, vermenging, valse getuienis, kwaadsprekery en alles wat teen die gebod van naasteliefde indruis!
[14] Want as uit die hart van die regverdige die hemele in al die Glansrykheid sal opbloei, so sal uit die hart van die onregverdige dit tot volle wasdom kom wat daarin is; slegte saad sal nooit goeie vrugte oplewer nie.
[15] `n Hardvogtige hart sal geen sagte vrug gee nie en `n ontroue hart sal haar nooit kan beheers nie, en die toorn sal die vuur wees wat nooit sal uitblus nie! Wees dus vir dit alles op julle hoede en word in alles regverdig volgens die wet van die Liefde!”
|
|
|
|
|