|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
HERBERG BUITE JERUSALEM:
Hoofstuk 16 - Die geestelike betekenis van die suiwering van die Tempel.
16 Soos hier vertel, is dit `n taamlike beknopte verslag van die historiese, natuurlike loop wat die twee gebeurtenisse wat in die tweede HOOFSTUK opgeteken is, geneem het, daar het egter sekere ander dinge hier en daar gebeur wat onbelangrik was en sal slegs hierdie verslag onnodig langdradig maak en benewens sal dit nie die saak meer belangrik weergee of enige diepere kennis bring nie. Daarom word daar slegs `n beknopte verduideliking van die geestelike betekenis van die tweede gebeurtenis vereis, en hierdie tweede HOOFSTUK kan beskou word as voltooid so ver as wat dit die twee hoofgebeure wat aan die leser en luisteraar beskryf is aan betref. [2] Die geestelike betekenis van die eerste gebeurtenis te Kana-in-Galilea is reeds gegee, daarom moet daar nog net met die geestelike betekenis van die tweede gebeurtenis gedeel word. En dit is as volg: [3] Die tempel stel die mens in sy natuurlike-wêreldse toestand voor. In die tempel, soos ook in die mens, is daar die Allerheiligste. Bygevolg moet ook die buitekant van die tempel heilig en suiwer gehou word sodat die mees innerlike, as die allerheiligste van die tempel sowel as die mens, nie besoedel mag word nie. [4] Die Allerheiligste van die tempel is verseker bedek met `n dik gordyn en slegs die hoëpriester mag op sekere geleenthede die Allerheiligste alleen binnegaan. Maar die gordyn sowel as die selde toegelate besoek aan die Allerheiligste is `n beskerming teen sy ontwyding. Want as iemand oortree met sy liggaam, besoedel hy nie net sy liggaam nie, maar ook sy siel en daardeur ook sy gees wat in elke mens die mees innerlike en allerheiligste verteenwoordig. Hierdie allerheiligste in die mens, net soos die ooreenstemmende een in die tempel, is net so geplaas as die een in die tempel, en wel diep agter `n dik gordyn, en slegs suiwer liefde vir God, wat in elke mens God se ware hoëpriester is, is toegelaat om ongestraf hierdie Allerheiligste binne te dring en die gordyn te lig. As hierdie alleenlike hoëpriester in die mens besoedel word deurdat hy homself vasmaak aan besoedelde wêreldse dinge, en algemene omgang daarmee het, hoe kan die Allerheiligste onbesoedeld bly as dit besoek word deur `n besoedelde hoëpriester? [5] As daar derhalwe in die tempel sowel as in die mens alles besoedel geword het, is die mens nie langer in staat om dit te suiwer nie, want die besem is vol liederlikheid en vuilis, hoe kan dit dan gebruik word om `n kamer uit te vee? Dan is Ek bevrees, dan moet ek Myself hierdie werk in hande neem en die tempel met geweld skoonmaak, dit deur allerlei pynlike gebeurtenisse soos verskeie siektetoestande en op die oog af ongelukke, sodat die tempel skoon kan kom. [6] “Handelaars” en “kopers” is die slegte, besoedelde drange in die mens, die beeste wat te koop aangebied is, verteenwoordig die laagste dierlike wellustigheid en terselfdertyd ook die voortspruitende groot dwaasheid en blindheid van die siel wie se liefde vergelyk kan word met die van `n bees waar selfs die sinnelike voortplantende en seksuele liefde ontbreek en is slegs gedryf deur die walglikste seekatagtige vraatsugtigste liefde en wie se bewustheid ekwivalent is aan die intellektuele mag van die skaap. [7] En wat stel die geldwisselaars en hul geldtransaksies voor? -Hulle dui aan en verteenwoordig in die mens alles wat voortspruit uit die mens se reeds volkome brutale selfliefde, want die dier het net homself lief, en `n wolf sal `n ander verslind wanneer hy honger is. Hierdie “geldwisselaars”, of sulke brutale selfliefde, moet daarom ook pynlik en kragtig uit die mens verwyder word, en alles wat hierdie liefde aanwakker moet omgeruk en verstrooi word. [8] Hoekom nie volkome vernietig nie? Want ook hierdie tipe liefde moet ook nie van sy vryheid ontneem word nie, want die edele saad van die graankorrel sal die beste groei in `n land wat goed bemes is met sulke mis en sal `n goeie oes oplewer. As al die mis verwyder word uit die land om dit as`t ware skoon te maak van al die mis, sal die graankorrel swak groei en verseker `n swak oes oplewer. [9] Die mis wat aanvanklik op die land in hope gedra is, moet uitgestrooi word sodat dit die land kan dien. As dit in groot hope gelaat word, sal dit alles versmoor waar dit lê en sal van geen nut wees vir die ander dele van die land nie. [10] Dit is aan die bodem van die verhaal van die suiwering van die tempel in die Boodskap. En om hierdie rede het Ek die geld van die geldwisselaars net verstrooi en het Ek dit nie totaal vernietig nie, wat Ek baie maklik kon doen. [11] Wat stel die duiweverkopers binne die tempel voor wat moes onttrek en terugkeer na die plekke wat oorspronklik vir hulle voorsien is? [12] Hulle moet verstaan word as die uiterlike deugde wat bestaan uit allerhande tipes plegtigheid, gebruik, hoflikheid, ensovoorts in `n suiwer wêreldse sin wat, egter die mens se blindheid verhoog na `n innerlike lewenswaarde en poog om ware lewe te laat wortel skiet daarin. [13] Die duif is `n skepsel van die lug, en aangesien dit dikwels in die Ooste gebruik was as `n draer van pos, veral in liefdesake, en daarom alreeds met die antieke Egiptenare as `n hierogliefies voorgestelde teerhartige en aangename gesprek, het dit gedien as `n simbool vir sulke gesprekke in die tempel en was terselfdertyd `n gewone en ooreenstemmende simboliese offerdier, wat gewoonlik in die tempel geoffer was deur jong getroude pare wanneer hulle eerste kind gebore is, as `n teken dat hulle nou weggedoen het met sulke uitwendige boodskappe, gaafheid en serimoniële aanstellerighede en ingaan in ware innerlike lewegewende liefde. [14] Hoe dit ookal sy, volgens die orde van alle dinge behoort die buitenste tot die buitenste. Die bas wat iets is wat taamlik dood is, moet nooit vervat word in die pit nie, maar alles wat aan die bas behoort, moet ook neergesit word in die bas. Die bas is baie nuttig vir die boom in die korrekte mate en in sy regmatige plek. As iemand die bas sal deurdruk tot in die pit van die boom, nadat hy die pit reeds verwyder het, sal die boom binnekort opdroog en doodgaan. [15] En dit dan so as `n aanduiding dat die mens nie van uiterlike deugde `n saak moet maak van innerlike lewe nie, waarby die edele mens niks meer sal word as `n gesprekstrooipop (pakhuis) nie. Hierdie duiweverkopers, soos alle formaliteite in die breë sin van die woord, wat daarop uit is om hul verkoopsware te verhef tot die status van innerlike lewenswaardes, was ook deur My verban uit die tempel en gebied na hul aangewese plek, maar net op `n ietwat hofliker manier. [16] Dit is dus die geestelike betekenis van die suiwering van die tempel, en van die korrekte en onveranderbare ooreenkoms tussen die mens en die tempel. Dit kan ook gesien word dat geen mens, maar net God alleen, as ewige Wysheid, wat alles sien en ken kan nooit so kan optree en so praat nie. [17] Maar hoekom bly die Heer in die tempel na so `n uitvee? [18] Want Hy alleen weet wat die mens se innerlike wese moet wees sodat Hy permanent in die mens kan inwoon. Bowendien, na so `n suiwering, mag die mens nie ontneem word van sy vryheid nie, anders word hy `n strooipop. [19] Daarom kan die meester Homself nie noual toevertrou aan so `n geweldadig skoongeveede mens nie, want Hy alleen weet wat benodig word vir `n volle restorasie van die innerlike mens. Dit is waarom die veër uit die tempel uitstap en as of per ongeluk, van buite af invloei na die mens se binneste, Hom nie onderwerp aan die mens se versoek om met en binne-in hom te bly nie, wat slegs die mens se gemaksug sou ondersteun. Die mens sal moet ontwaak tot algehele spontaniteit, waardeur hy `n perfekte man sal word, wat beskryf sal word in die volgende HOOFSTUK.
|
|
|
|
|