Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die lydensweg van JonaEl weens sy verdrywing deur die Samaritane

200 Nou vra Ek die twee mense uit Sigar om My te vertel met watter versoek hulle hierheen gekom het. En JonaEl, wat vir beide die woord doen, sê: “Heer, U wat al eerder die regte rede aangeroer het en daaroor gaan dit dan ook! Dit is egter haas nie te glo nie, dat mense wat tog saam met ons die blywende groot tekens van U suiwer goddelike mag gesien het, so sleg kan wees! Hulle erken die waarheid en vervolg haar juis daarom, omdat hulle die waarheid moet erken! Dis hulle wat my verjaag; as my broer Jaïrus my en my familie nie opgeneem het in sy huis nie, dan sou ek dakloos wees!

[2] Heer, hoe sterk en hoe dikwels het ek in die gees tot U gebid dat U sou kom en my sou bystaan teen die vyande; maar dit was tevergeefs, U kom tog nie om ons uit ons baie groot nood te help nie!

[3] Dit is wel waar dat U sigbare engele by ons agtergelaat het om ons in U plek te help. Maar hulle wil nie altyd optree nie, en ook nie op die wyse wat ek nodig ag nie; want hulle sê dat hulle sonder U wil niks kan doen nie; want alleen U wil is hulle hele krag en mag! Dit is alles wel waar, maar as die beledigde ou ortodokse Samaritane honderde van U aanhangers uit die land verdryf, sodat hulle by die heidene beskerming moet soek - wat slegs maar kan gebeur as die verdryfdes self heidene word - dan lyk dit vir my tog reg dat U engele daar tussenbeide sou tree en `n einde sou maak aan so `n geheime jag, in plaas van dat hulle saam met ons met `n treurige gemoed die hele geskiedenis aansien en ten slotte self saam met ons sugtend uitroep: 'Die Heer se raadsbesluite is tog altyd ondeurgrondelik en Sy weë is onnaspeurlik!’

[4] Maar wat help dit? Honderde word heidens, honderde word met stokke en roedes geslaan en ter wille van U naam op openbare plekke bespot!

[5] Joram moes vir `n tyd uit Sigar weg en die huis wat Jakob gebou het, is intussen toegesluit en leeg! En Joram is nou ook met sy vrou in die huis van broer Jaïrus, net soos baie ander families van aansien wat om U ontwil in Sigar nie meer geduld word nie!

[6] En U engele wat by ons is, het teen dit alles ook nie één stap gedoen nie! Heer, Heer, ter wille van U heilige naam! Waarvoor is dit dan tog goed?

[7] Moet hier op die aarde dan al die mag en geweld van die satan oor U toegelaat word? Of is sy hel dan werklik magtiger as al U hemele? Heer, as dit so aangaan, dan moet die mense einde ten laaste tempels en offeraltare vir die satan bou en die van U afbreek! In hierdie tyd is dit `n baie treurige saak!

[8] Die godsdiens op Gerasim, ja selfs in die tempel te Jerusalem, is nou tog niks anders nie as pure satansdiens! Ek het van U, die Heer Self, uit U eie mond gehoor hoe God, wat in al Sy volheid liggaamlik in U woon, geëer en geprys wil wees. As jy dan na die diens op Gerasim kyk, dan is dit tog jou reinste satansdiens; want daar word in volle erns, en dit ontken selfs U heilige engele nie in die minste nie, oorvloedig wierook gebruik vir die satan!

[9] So is dit en gebeur dit heeltemal na waarheid en dit kan aan U, o Heer, nie onbekend wees dat dit so is en gebeur het nie; en tog laat U dit toe, dat dit so is en gebeur! Heer, hoe moet ons dit opvat en hoe moet ons U heilige woord verstaan?

[10] Ook die eerlike broer Jaïrus wat met sy hele huis baie aan U toegewy is, kry nou al elke dag bedreiginge, waarin hy beveel word om homself so gou moontlik te laat verklaar tot ortodokse Samaritaan, omdat hy anders al sy besittings sal kwytraak!

[11] Baie wat al rotsvas in U leer glo, o Heer, is deur die daaglikse bedreiginge so geïntimideer dat hulle onder die uitspreek van voorgeskrewe verwensings en vervloeking van U naam tot die suiwere satansdiens teruggekeer het!

[12] Kyk, Heer, U engele bedek steeds hul aangesigte vir sulke dinge; maar watter sin het hierdie niksseggende deelnemingsbetuigings?

[13] Heer, U lees My hart wat aan U heeltemal toegewy is en daarom praat ek ook met U sonder omhaal van woorde en sê: hier is `n gunstelose, weemoedige toekyk net so waardeloos as `n vy op die derde dag na die afval van die blomme! Hier moet mens daarop los trek en wel met alle geweld en mag, anders kry die satan grond en wortels.

[14] As U leerlinge nou al niks teen hom kan doen nie, waartoe sal hulle dan later in staat wees wanneer hy sy grootste krag aanwend, wat hom nie soveel moeite sal kos nie, wanneer hom steeds so weinig in die weg gelê word as tot op hede die treurige geval is, noudat selfs U engele niks teen hom durf doen nie?!

[15] Daarom vra ek U ter wille van U heilige naam en ter wille van al diegene wat nog steeds net soos ons rotsvas glo in U naam, staan ons by en bevry ons van die strikke van satan!

[16] U het ons tog Self op die berg geleer bid; en ondanks dat ons steeds so bid, word dit van dag tot dag erger in plaas van beter!

[17] Alles wil ons vir U offer en vir U wil ons in die grootste armoede lewe; maar dan moet U ons tog wel êrens `n plekkie op aarde gun, solank ons op aarde lewe; want tussen al die wolwe, hiënas en bere kan jy, as jy self nie `n dier is nie, nie lewe en nog minder U, o Heer, volg nie!

[18] Ons verlang geen vredige paradys op hierdie wêreld nie, maar die minste is tog wel dat ons nie met duiwels in `n totale hel moet lewe nie; beskerm ons daarteen, o Heer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205