Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Johannes, die geneesde jiglyer, en JonaEl

73 Op daardie oomblik kom ons by die stad aan, reg by die huis van IrhaEl, wat nou ook die huis van die dokter, Joram is. Jaïrus, die owerste met sy vrou asook die twee onderkommandante, verkyk hulle aan die nuutverworwe skoonheid van die huis. Die geneesde jiglyer is ook uitermate verbaas en roep naderhand luidkeels uit: “Net God kon dit gedoen het! As kind het ek dikwels tussen die grootliks vervalle mure van hierdie kasteel of huis, wat Jakob vir sy seun Josef laat bou het, van pure baldadigheid akkedisse gevang, en nou staan dit in alle volmaaktheid hier! Jakob sou dit nie destyds volmaakter kon bou nie! O, geen menslike mag kan in een nag so iets tot stand bring nie! Ek weet egter nou hoe dit met my sal gaan en wat my te doen staan. My Naam is Johannes - onthou die naam!”

[2] (Dit is hierdie selfde Johannes wat later deur My apostels bedreig is; dit het gebeur in my tweede jaar toe Ek hulle uitgestuur het om die Volk te leer en hulle hom teëgekom het waar hy mense in My Naam genees, en bose geeste uitgedryf het sonder dat hy daarvoor uitdruklike opdrag van My gehad het) (Markus 9: 38-40)

[3] JonaEl sê: “Vriend, jou wil, jou gedagtes en jou woorde is goed, maar aan een ding ontbreek dit jou nog, en dit is `n suiwer insig in die goddelike Wil. Kom daarvoor in die komende dae na my toe, of bly sommer nou hier, dan sal ek jou `n nadere uitleg gee van die Wil van God die Heer. Daarna kan jy des te beter die goeie planne wat jy het, op die korrekte manier aanpak.”

[4] Die geneesde sê: “Mag God die Heer jou daarvoor lig gee! Wat jy my ookal aanraai, sal ek doen. Ek kan sien dat jy `n egte vriend van hierdie groot Profeet is, en daarom sal jy `n goeie en ware lig van Hom af verkry. Hierdie Profeet is groter as al die ander en ek glo dat Hy juis die Een is waarvan Dawid sing en profeteer:

[5] Die aarde behoort aan JaHWeH en alles wat daarin is, die aardbodem met alles wat daarop woon; want Hy het haar gegrondves by die see en gevestig aan die waters. Wie wil op die berg van JaHWeH klim en wie sal op Sy heilige plek staan? Hy wie se hande onskuldig is en sy hart suiwer, wat nie ydel praat nie en nie vals sweer nie, hy sal seën van JaHWeH ontvang en geregtigheid van die God van sy verlossing. Die geslag(saadlyn) wat na Hom vra, soek jou aangesig, Jakob!

[6] Verbreed die poorte en lig die deure van die wêreld op sodat die Erekoning kan binnekom! Wie is dan die Erekoning? Dit is JaHWeH, sterk en magtig, die Heer, magtig in die stryd: Verbreed die poorte, en lig die deure van die wêreld op sodat die Erekoning kan binnekom! Wie is dan die Erekoning? Dit is JaHWeH van die Leërskare - Hy is die Erekoning!”(Psalm 24)

[7] En ek, Johannes, wat deur Hom genees is, verklaar aan almal hier teenwoordig dat hierdie Man daardie Erekoning, van wie Dawid gesing en voorspel het, in lewende lywe is. Aan Hom kom al die eer toe tot in ewigheid!”

[8] JonaEl sê: ” Vriend, jy is op die regte weg! Maar onder ons gesê, dit is nog nie die tyd om daaroor te praat nie. So gou as wat Hy, soos wat Hyself bepaal het, hiervandaan miskien na Galilea gaan, sal ons begin om die volk aangaande Hom te onderrig. As Hy dan nie te lank daarna nie weer by ons kom, dan sal Hy ons poorte behoorlik wyd vind en die wêreldse deure behoorlik oop vir Sy intog, dit wil sê, ons harte sal so oop moontlik wees om Hom op te neem en ons liefde tot Hom sal tot bokant die sterre verhoog wees; want ons harte is die poorte wat verbreed moet word, en die ware liefde tot Hom is die deur wat bo alles verhoog moet word!”

[9] Op daardie oomblik gaan Ek by hulle staan, lê My hande op hulle skouers en sê: “Dis goed so, My liewe vriende! Waar julle ookal in My Naam so bymekaar sal wees, daar sal Ek, weliswaar nie sigbaar wees nie, maar tog tot julle uiters kragtige versterking, in julle midde wees! Ek hoor egter nou `n lawaai in die strate van die stad - wees daarom almal kalm! Ons sal sien met watter gees die gemoedere besield is en deur wie hulle gelei word.”

[10] Jaïrus kom vinnig na My toe en sê: “Heer, dit is `n dreigende lawaai en voorspel niks goeds nie! As dit U wil is, laat ek gou twee legioene hierheen ontbied - dit sal die rus dadelik herstel!”

[11] Ek sê: “Moet niks sê nie! As dit nodig sou wees, het Ek die regte beskerming byderhand. Trek jy jouself liewer in jou huis terug sodat niemand jou sien en herken nie. In hierdie stad heers daar nie nou `n goeie gees onder die wêreldse mense nie, en hulle sou later baie skade aan jou besittings kon aanrig.”

[12] Jaïrus sê: “Ek het immers nog die twee Jongmanne - hulle sal my besittings mos beskerm.”

[13] Ek sê: “Al is dit ook so - laat die saak tog maar tot ruste kom! As Ek menslike hulp sou nodig hê, dan kan Ek dit van die owerste, wat ook hier is, vra. Maar Ek het die hulp nie nodig nie, bly dus kalm en laat dit daarby. Jaïrus lê homself daarby neer en gaan IrhaEl se huis binne.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205