Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Nie die hoor nie, maar die doen bring verlossing

38 Die gasvrou en haar nuwe man kom en groet My met soveel gevoel en vra vir My en al die ander gaste of ons nou beskikbaar is om die ontbyt te nuttig, aangesien dit volledig voorberei is.

[2] Maar Ek sê: “Dierbare IrhaEl, wag net `n rukkie, die leerlinge sal binnekort `n aantal addisionele gaste bring en hulle sal ook deelneem aan die vroeë maaltyd, en sal terselfdertyd uit My mond verneem dat julle twee, jy en Joram, nou `n behoorlike getroude paartjie geword het, en hulle sal ook sien dat julle huis nie meer as een van die laaste huise getel moet word nie, maar beide uiterlik en innerlik as die eerste huis in hierdie stad, en dat Ek om hierdie rede My verblyf in die huis geneem het.”

[3] Terwyl Ek dit nog aan die pasgetroudes sê, maak Petrus en Johannes alreeds die deur oop saam met Matthéüs wat tussen hulle twee inkom. Hy buig diep en sê: “Heer, ek is hier, volkome gereed om U uitsluitlik te dien. Ek het `n skrywersberoep waarvan ek lewe en my klein familie onderhou, maar as U, o Heer, my nodig het, sal ek my beroep onmiddellik laat staan, terwyl U o Heer, nie my klein familie tot niet sal laat gaan nie.”

[4] Ek sê: “Laat hom wat My volg hom nie bekommer oor enigiets anders as om altyd en ewig by My te bly nie. Maar aanskou hierdie huis, hierdie twee eienaars, hulle sal jou familie in My Naam inneem en na hulle omsien soos ook na jou, al kom jy in die dag of in die nag.”

[5] Matthéüs, wat alreeds bekend was met hierdie huis, en dat dit meer `n bouval as `n huis was, kon nie meer verbaas gewees het nie, en spreek: “Heer, hier moes `n groot wonderwerk plaasgevind het! Want hierdie huis was `n bouval en nou is dit `n paleis, waarvan daar nie veel van sy gelyke in Jerusalem sal wees nie. En hierdie waarlike koninklike opset! Dit moes `n fortuin gekos het!”

[6] Ek sê: “Staan net stil en dink dat met God baie dinge moontlik is wat onmoontlik lyk vir die mens, en dan sal julle maklik verstaan hoe hierdie voormalige bouval in `n paleis verander kon word! Maar is jy goed voorsien van skryfbehoeftes?”

[7] Matthéüs sê: “Ek is reg vir twee dae, as ek meer benodig sal ek dit onmiddellik gaan kry.”

[8] Ek sê: “Dit sal doen vir tien dae, waarna ons meer materiaal elders sal kry. Bly net by Ons en geniet die ontbyt saam met Ons. Na die sesde uur sal Ons Onsself begeef na die berg. Daar sal Ek verlossing aan hierdie mense verkondig. Jy teken alles woord vir woord aan in drie hoofstukke, en onderverdeel dit in klein verse in die styl van Dawid. Kyk rond vir nog `n paar skrywers wat kan oorskryf, sodat daar `n geskrewe getuienis vir hierdie plek gelaat kan word.”

[9] Matthéüs sê: “Heer, U Wil sal tot op die letter uitgevoer word.”

[10] Na hierdie noodsaaklike voorligting aan Matthéüs kom die ander leerlinge binne, gevolg deur die priesters en ander amptenare van hierdie stad en groet My met die grootste eerbiedwaardigheid. Die hoofpriester tree effens vorentoe en sê: “Heer, U het hierdie huis na behore voorberei, sodat dit waardig is om U te akkommodeer. Salomo het met groot swier `n tempel gebou, sodat dit vir JaHWeH kon dien as `n woning onder die mense, maar die mens het hierdie woning besoedel met hulle buitensporige ondeugde en JaHWeH het die tempel en die ark verlaat en na ons op die berg gekom, selfs al was U, o Heer eerste in Jerusalem waar U min aanvaarding gevind het en na ons, u ware ou aanbidders toe gekom het. En so sal dit nou wees soos wat geskrywe staan: ”

11. 2 En aan die einde van die dae sal die berg van die Huis van JaHWeH vas staan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.

3 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die Berg van JaHWeH, na die Huis van die God van Jakob dat Hy ons Sy Weë kan leer en ons in Sy Paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die Woord van JaHWeH uit Jerusalem. (JeshaJaH 2: 2-3)

[12] “Ons is voorwaar verheug soos `n bruid wanneer haar bruidegom vir die eerste keer by haar ingaan. Want werklik, Heer, Jerusalem, die uitverkore stad van die groot koning het boos geword sodat daarop ge-urineer en gespoeg kan word en is U nie waardig nie! Ons beskou ons regtig ook nie waardig nie, wat sal dit nie vat om waardig voor God bevind te word nie!? Daarom is dit nietemin waar dat die Heer, wat nou moet kies tussen twee euwels, hy sekerlik vir ons sal kies, die mindere euwel! En dit is wonderlik besig om voor ons oë in vervulling te gaan! U is Hy wie ons so lank al voor wag, daarom hosanna aan U, wie na ons toe kom in die Naam van JaHWeH.”

[13] Ek sê vir die spreker: “Ja, jy het die waarheid korrek gepraat, maar Ek sê ook aan jou: Wanneer julle My lering hoor, neem dit in en bly werksaam daarin, want slegs dan sal julle waarlik deel hê in die seëning wat Ek vandag van die berg se kruin sal verkondig. Want desnieteenstaande die feit dat barmhartigheid vrylik van Bo aan julle betoon is, sal dit alleen nie voldoende wees nie, want dit bly nie as dit nie aktief opgeneem word nie, net soos wat jy honger onder `n vrugbelaaide boom sal staan waar die wind sommige ryp vye afgewaai het. Sal hulle jou versadig as jy hulle nie optel en eet nie?!

[14] Daarom nie net die hoor, maar ook die doen van My lering sal julle seën met die verlossing wat voortgaan vanuit Jerusalem. Verstaan julle dit?”

[15] Die spreker sê: “Ja, Heer, want net God kan praat soos U.”

[16] In daardie geval, sê Ek daarop: “Aangesien julle dit nou gesnap het, laat ons die ontbyt geniet! Maar maak `n aantekening vir julleself na die ete dat Ek laasnag vir IrhaEl en Joram in die huwelik bevestig het en dat Ek hulle geseën het, sodat niemand van nou af aanstoot sal neem teenoor hulle nie! Maar neem plaas vir die ontbyt! Laat dit so wees!”

[17] Almal het plaasgeneem en daar was baie wat deelgeneem het aan die ontbyt, wat bestaan het uit die beste melk, brood en heuning.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205