Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Gesprek oor Josef, Maria en Jesus

121 Hoewel nie almal hierdie lesse verstaan nie, is dit wel te begrype dat hulle tog heel positief en dankbaar aanvaar word. Selfs die fariseërs en skrifgeleerdes verbaas hulle baie oor My wysheid en vra hulleself af waar Ek dit vandaan kry. Want hulle ken My, Josef en Maria en al die kinders van Josef en daarom sê hulle dan ook aan die leerlinge: “Dit is werklik nie te verstaan nie! Sy vader staan by sy vakgenote bekend as `n bekwame ambagsman, `n buitengewoon troue, redelike en eerlike mens, daarby ook `n strenge Judeër wat heel gewetensvol rekening gehou het met Moses en die profete vir sover hy met hulle bekend was. Van een of ander besondere wysheid was by hom nooit iets te bespeur nie en sy ander vier eie seuns wat herhaalde male by ons gewerk het, is van enige spoortjie wysheid net so ver verwyder as die son, maan en sterre van die aarde af.

[2] Die goeie moeder Maria, `n nog steeds baie liewe, vlytige en deugsame vroutjie waarvan beslis geen mens iets verkeerds kan sê nie, was weliswaar as jong meisie, as ons tenminste goed ingelig is, in die tempel opgevoed; maar hierdie opvoeding ken ons en ons weet maar al te goed hoeveel wysheid daar, spesiaal vir meisies, te pas kom. En daarom kan Hy van Sy moeder ook maar baie weinig wysheid verkry het. En op een of ander skool was Hy, sover ons weet, ook nie!”

[3] “Inteendeel”, sê `n skrifgeleerde, `n goed bekende aan Josef, “Josef het my meer as een keer sy nood bekla oor sy seun Jesus en daarby gesê: 'Ek weet nie wat ek met hierdie Seun moet doen nie! Sy geboorte moes baie uitsonderlik gewees het. Uit die verskynsels wat daarmee skynbaar baie nou verband hou, sou mens kon sê dat die goddelike Wese Homself deur daardie Kind op aarde sou manifesteer. Ook verskeie, beslis buitengewone verskynsels asook Sy dikwels aan hoë wysheid grensende uitsprake uit Sy vroegste kindertyd spreek daar maar al te duidelik van. Dit alles het my met die grootste verwagtinge vervul en dit des te meer omdat ek in `n reguit lyn vanaf Dawid afstam. Maar juis nou dat dit tyd word dat die Seun iets sou moes gaan leer, is daar met hom niks mee te beginne nie. Van iets leer, is geen sprake nie. As ek Hom na `n leraar laat gaan, dan kan hy niks met Hom gedoen kry nie; die Seun weet en verstaan alles beter en as `n leraar hom streng wil aanpak, dan is dit heeltemal uit!

[4] Wat Hy nog uit Sy vroegste jeug oorgehou het, is `n onbegryplike, onbuigsame wilskrag waarmee Hy, as Hy dit nodig vind, onmiskenbare wonders doen; en hierdie eienskap maak nou juis dat daar met Hom, wat die leer betref, niks aangevang kan word nie. Verder is Hy vroom, gewillig, gehoorsaam en baie welopgevoed, aards, sag en beskeie, net soos Sy moeder; slegs met die leer moet jy nie by Hom aankom nie!’

[5] Wel, daaroor het die ou Josef by my nie eenmaal nie, maar meermale gekla en daarom is dit wel heel sekerlik dat hy, behalwe die timmermans-handwerk niks anders, ook geen lees en nog minder skryf geleer het nie. Die vraag waar Sy Wysheid dan vandaan kom, is dus heel begryplik”. (Kyk: 'Die jeug van Jesus')

[6] Johannes die evangelis, sê: “Vriende, ek weet presies hoe dit inmekaar steek en is daar heeltemal mee op hoogte, maar die oomblik het nog lank nie gekom om dit aan julle te vertel nie. Daar kom beslis `n oomblik waarop u dit van Hom self sal hoor. Tot dan moet Sy dade en Sy Wysheid voldoende vir u wees”. - Die fariseërs en skrifgeleerdes dring daar by Johannes aan dat hy hulle tog tenminste `n paar aanduidings sou gee, maar Johannes laat hom nie oorhaal nie. Toe gaan daar verskeie tolbeamptes en opsieners na hulle werk toe omdat hulle klaar was met die middagete en daar kom ruimte aan die groot tafel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205