|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 77
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die owerste het sombere gedagtes oor die gemeenheid van die mensdom. JonaEl herinner aan vertroue op die Heer.
77 Nadat Ek dit gesê het, dring baie mense, wat tydens die gesprek met Simon Petrus hierheen gekom het, hulle na vore en eis dat Ek tekens doen. Hulle sê: ” As U vir die blindes wat niks weet nie en geen verstand het nie, tekens kon doen, doen dit dan nou vir ons ook. Is die tekens eg, dan wil ons U ook glo. Is dit egter bedrieëry, dan weet ons wat ons te doen staan. Ons is in staat om dit te beoordeel, want ons het kennis van baie dinge.”
[2] Ek sê: “Goed, maar as u dan kennis van baie dinge het, waarom het u dan tekens nodig? As u soveel wysheid het dat u glo dat u net soos God van alles kennis dra, dan moet u tog sonder meer kan vasstel of Ek die Waarheid verkondig al dan nie. Waarvoor het u dan die tekens nodig? Gedurende die byna twee en‘n halwe dae is hier trouens `n groot aantal baie besondere tekens gedoen, vir die egtheid waarvan honderde betroubare getuies instaan. As dit nie vir u genoeg is nie, dan sal die nuwe tekens vir u boosaardige harte ook nie genoeg wees nie. Gaan daarom uit eie beweging hiervandaan weg as u nie met geweld verwyder wil word nie.”
[3] Diegene wat hierdie antwoord gekry het, skreeu: “Wie sal, wie kan en mag ons met geweld hier verwyder? Ons is tog sekerlik die baas in hierdie plek omdat ons, as inwoners van Rome, hier woon, handel dryf, werk en dit bestuur. Dis ons wat u oombliklik kan laat verwyder of wegjaag; moet tog nie dink, o jou onnosele Galileër dat jy ons hier kan laat verwyder soos wat jy wil nie. En inmiddels gebied ons jou, daartoe geregtig deur ons alhier geldende onbeperkte mag, om voor middernag hierdie stad te verlaat. Ons is nou sat daarvan dat jy in ons buurt ronddrentel.”
[4] Ek sê: “O, julle blinde dwase, hoe lank wil julle nog in julle onbeperkte mag leef? Slegs een gedagte van My, en julle sou met julle onbeperkte mag en al oombliklik tot stof vergaan. Gaan daarom terug na julle huise, anders gaan die plek waar julle staan julle insluk.”
[5] Op daardie oomblik skeur die grond vlak voor hulle voete oop en rook en vuur styg uit die skeur omhoog. Toe die praatjiesmakers dit sien, begin hulle jammerlik gil: “Wee ons! Ons is verlore! Ons het teen EliJaH gesondig!” Onder die gejammer hardloop hulle weg, en die skeur gaan toe. Heel kalm gaan ons in Joram se huis in.
[6] Met ons binnekoms in IrhaEl en Joram se huis, staan alles daar gereed vir die aandete. Ek seën die ete en almal gaan sit, in geheel omtrent so `n duisend mense. Almal eet en drink en prys die besonder lekker smaak van die kos en die wyn; die mense is vrolik en opgewek. Net die owerste, wat ons saam met sy geneesde vrou en `n paar ondergeskiktes uit die vroeër genoemde plekkie hierheen vergesel het, was in `n sombere stemming en het weing geëet en gedrink. JonaEl gaan langs hom sit en vra hom na die rede vir sy somberheid.
[7] Die owerste sug diep en sê: “Edele, wyse vriend. Hoe kan mens nou opgewek wees as mens byna die hele mensdom duisend maal te sleg vind vir die onderste Tartarus, as daar ooit so iets is. As twee uitgehongerde wolwe buit kry, en dan, deur honger gedrewe, om lewe en dood met mekaar daarvoor veg, dan is dit begryplik. Want, eerstens is hulle wolwe, diere sonder verstand, lewende masjiene wat deur hulle natuurlik-opgelegde behoefte gedryf word om hulleself te versadig, en tweedens is hulle, op die keper beskou, volkome ontoerekeningsvatbaar, netsoos `n oorvol rivier met sy groot en swaar watermassa alles wat in sy pad kom, vernietig. Maar hier gaan dit om mense wat van hulleself sê dat hulle, in `n sekere sin, kennis en wysheid van alles het. Intussen is hulle in hulle harte erger as wolwe, tiere, hiënas, leeus en bere. Vir hulleself eis hulle alle moontlike meegevoel op, terwyl hulle hulle medemens in geen enkele opsig ontsien nie. Sê my, vriend, is hulle dan hoegenaamd mense? Verdien hulle ook maar net die minste meelewing? Nee! sê ek, en nog duisend maal nee. Wag maar, julle onbehoue volk! Ek gaan dit wel deeglik vir julle duidelik maak, sodat hoor en sien vir altyd vergaan!”
[8] JonaEl sê: “Wat wil jy dan doen? As jy hulle almal saam oor dieselfde afgrond wil jaag, gaan jy op `n ander plek vir jou vyande maak. Hulle sal jou aan Rome verraai, waar jy `n slegte naam mag kry, en dit mag daarop uitloop dat jy daaroor na `n plek êrens in die land van die Skite oorgeplaas mag word. Laat daarom die wraak aan die Heer alleen oor en wees daarvan verseker dat Hy hierdie volk presies dit sal gee wat hulle nodig het.
[9] Lees die geskiedenis van my volk en dit sal vir jou haarfyn aantoon hoe JaHWeH te alle tye vir elke sonde wat die volk begaan het, baie streng en dikwels haas onverbiddelik gestraf het, en ek sê vir jou: die God van die Hemele en die aarde is nog voortdurend onveranderlik dieselfde as wat Hy van alle ewigheid af was! Hy is lankmoedig, vol geduld en laat die volk nooit heeltemal sonder leraars en tekens van bo nie; maar wee die volk as die Geduld van JaHWeH op is! As Hy eenmaal die groot tugroede swaai, dan hou Hy nie op nie voordat elke lid van die volk deur en deur geslaan is en hulle velle so dun soos `n ligte en dun truitjie is nie.
[10] Wat jy hier met baie gevaar en moeite sou doen, dit kan die Heer deur die geringste gedagte bewerk. Solank die Heer egter self bereid is om sulke mense te verdra, mag ons nie die hande aan hulle slaan nie.
[11] Jy het tog gesien hoe min moeite dit vir die Heer was om die aarde voor die boosdoeners oop te skeur, en daarna rook en vuur uit die gapende skeur te laat opstyg! Dit sou vir Hom net so eenvoudig gewees het om hierdie lasteraars in stof en as te verander. Maar hy vind dit genoegsaam om hulle slegs maar die skrik op die lyf te jaag, en hulle op die vlug te dryf.
[12] As dit vir die Heer voldoende is, dan moet dit vir ons ook voldoende wees, want Hy alleen weet altyd om die juiste maat te bepaal. Terwyl die Heer nou hier by ons waarneembaar opgewek is, en toon dat Hy vreugde daarin vind om saam met ons eenvoudiges te wees, waarom sou ons dan nou somber en treurig wees? Wees vrolik en opgewek en verheug jou oor die Barmhartigheid van God; laat alles anders aan Hom oor!”
|
|
|
|
|