|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Aan die Meer van Galilea:
Johannes die Doper twyfel aan Jesus as Messias; die antwoord van die Heer hierop
143 Toe die leerlinge, soos nou duidelik vertel is, die plek verlaat waar Ek hulle die opdragte gee, bly Ek daar nog tot sononder, seën daardie arme volkie en die kindertjies en trek toe ook verder met nog `n groot aantal leerlinge wat My omring na die stede langs die Meer van Galilea. Sommige van die leerlinge wat by My gebly het, woon daar en was daar gebore. Ek leer en predik daar Self wat Ek die twaalf opgedra het om te leer en te predik en Ek genees orals die siekes. (Matthéüs. 10: 1)
[2] In hierdie tyd was egter Johannes, wat aan die Jordaan gedoop het, al deur Herodes in die gevangenis gegooi; die oorsaak daarvan was die priesters in Jerusalem wat daarvoor by Herodes al hulle invloed aangewend het; want hulle kon Johannes nie vergewe nie dat hy hulle ook as “slanggebroedsel” en “addergebroedsel” uitgemaak het. Maar self durf hulle die prediker in die woestyn nie beleër nie, omdat hulle wel weet dat die volk hom vir `n groot profeet gehou het; daarom verskuil hulle hulle natuurlik deur middel van geld en politieke druk agter Herodes en Herodes neem hom gevange onder die voorwendsel dat hy `n gek was wat die volk oprui en hulle koppe met allerlei staatsgevaarlike idees volstop en die mense se koppe dikwels op hol jaag.
[3] Maar eintlik kon dit Herodes weinig skeel wat Johannes leer, by hom tel slegs dat hy daarmee `n goeie buit kon opraap. Herodes het Johannes daarom nie so heel streng opgesluit gehou nie en vir `n redelike bedrag kon enigiemand hom in die gevangenis besoek. Leerlinge van Johannes wat dit kon bewys, betaal vir `n hele week slegs `n stater, terwyl andere vir `n dagbesoek `n silwerling moes betaal.
[4] Herodes had daar ook heeltemal geen beswaar daarteen dat Johannes in `n groot saal waarvan manne nou `n groot gevangenis gemaak het, net so veel te predik en lawaai te maak as wat hy maar kan en wil nie, want dit bring Herodes soveel meer geld in die laaitjie.
[5] Dikwels besoek hy Johannes self en beur hom op deur te sê dat hy nou juis in die gevangenis, waar hy veilig was teen die priesters en die fariseërs, nog meer van hom moes laat hoor as voorheen in die woestyn by Betábara, en hy noem homself vriend en beskermer van Johannes.
[6] Johannes weet in sy gees wel met wie hy te doen het; maar hy benut hierdie geleentheid tog en predik in sy gevangenis verder en sy leerlinge mag vryelik by hom kom, natuurlik wel teen die klein vergoeding van `n stater per week. Tempelpriesters moet `n pond betaal as hulle na Johannes wil gaan en op hulle vraag aan Herodes waarom hy Johannes in die gevangenis verder laat predik, antwoord Herodes, die sluwe jakkals: “Dit is `n geheime politieke lis van my, daardeur leer ek al die aanhangers van hierdie staatsgevaarlike man ken!” Daardie antwoord was aanleiding vir die priesters om Herodes besonder te prys en hulle skenk hom baie goud, silwer en edelstene; want hulle dag by hulleself: “Dit is die regte man; hom moet ons soveel moontlik steun; hy is voorbestem om al daardie profetegespuis uit die weg te ruim.”
[7] Maar Herodes, `n gebore Griek, vind slegs geld belangrik en al die ander kon hom nie in die minste geskeel het nie. Behalwe geld het slegs nog baie mooi bywywe vir hom enige waarde. Om hulle te plesier kon hy selfs onmenslik word as hulle dit verlang; verder kry niemand sonder geld iets met hom gedoen nie - maar vir geld doen hy dan ook alles.
[8] Aan die hand van hierdie noukeurige beskrywing van Herodes is dit vir enigeen wel duidelik hoe Johannes in sy gevangenis sy leerlinge by hom kon hê en hoe hy daardeur, sowel deur sy leerlinge asook deur ander mense wat hom dikwels besoek het, op die hoogte kon bly van My doen en late in Galilea.
[9] Omdat Johannes in die gevangenis hoor hoe Ek leer en werk, stuur hy spoedig twee van sy betroubaarste leerlinge na My toe (Matthéüs. 11: 2) en laat hulle vra: “Is U die Een wat voorspel is om te kom, of moet ons nog op `n ander wag?” (Matthéüs. 11: 3)
[10] Hier sal mense vra: “Hoe is dit moontlik dat Johannes, wat as eerste die grootste en skitterendste getuienis oor My gee, so iets kon vra?” Vir diegene wat iets verder kan dink as die materiële, is die rede hiervoor uiters eenvoudig en selfs baie natuurlik.
[11] Nadat Johannes My leer ken het, meen hy, en was ook heeltemal daarvan oortuig, dat Ek onmiskenbaar die beloofde Messias was en dat die hele Judese volk slegs al deur My koms so goed as volledig verlos was en dat al die mag van die grotes van die wêreld vir ewig opgehou het. Toe hy egter in die gevangenis kom en daar van dag tot dag meer van oortuig raak dat met My koms die mag van die grotes van die wêreld nie opgehou het nie, maar inteendeel groter geword het, begin Johannes ook by homself `n bietjie aan My egtheid te twyfel.
[12] Want hy dag by homself: “As hierdie Jesus uit Násaret werklik die Beloofde is, die Seun van die lewende God, hoe kan hy my dan in die steek laat en my nie bevry uit die gevangenis nie en hoe kon hy dit toelaat dat ek in die gevangenis kom?”
[13] Daarenteen hoor hy van diegene wat hom besoek watter ongehoorde dade Ek verrig en daarom stuur hy dan twee van sy betroubaarste leerlinge na My toe, wat My die bogenoemde vraag moet stel.
[14] Omdat Ek wel die rede geweet het waarom Johannes dit aan My laat vra het, antwoord Ek die leerlinge heel kort en sê aan hulle: “Gaan heen en vertel aan Johannes wat julle sien en hoor (Matthéüs. 11:4): die blindes sien, die lammes loop, die melaatses word rein, die dowes hoor, die dooies staan op en vir die armes word die evangelie gepredik. (Matthéüs. 11:5) En salig is en word diegene wat nie aan My aanstoot neem nie!” (Matthéüs. 11:6) Toe weet die leerlinge nie wat hulle daarop moet sê nie.
|
|
|
|
|