Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Vermy eiedunk

80 Die owerste is verbaas, net soos baie van die ander aanwesige gaste en sê: ”Ja, as dit so is, dan is die aardse lewe `n besonder gevaarlike onderneming; wie kan hulleself staande hou?”

[2] Ek sê: “Elkeen wat leef volgens My leer! Wie egter leef volgens sy eie, meestal deur eieliefde en hoogmoed gevoede eiedunk, en wat diegene wat hom iewers beledig het, nie van ganser harte kan vergewe en hom ook nie tienvoudig kan seën nie, die sal dan ook vroeër of later die onafwendbare gevolge van die vyandskap smaak, waarvoor hy volstrek geen beskerming van My kan verwag nie, behalwe as hy sy skuld aan die vyand tot op die laaste penning betaal het. Leef daarom met elkeen in vrede en eendrag! Dit is beter vir julle om onreg te verdra, as om ook maar skynbaar iemand onreg aan te doen. Daardeur sal jy jou geen wrekers besorg nie en die geeste, wat anders jou vyande sou word, word dan jou beskermgeeste en sal baie onheil van julle hoof afwend!

[3] Waarom dit alles egter so is en so moet wees? Daarop antwoord ek: Omdat dit so moet wees volgens My Wil en My onveranderlike Orde!”

[4] Die owerste sê: “Ja, Heer, ek herken nou baie duidelik U eindelose en deur niks beperkte Liefde en Wysheid en sê: miskien eers as alle mense deurdrenk sal wees van U leer, dan sal die aarde geheel en al in `n Hemelryk verander! Maar - en dit is `n enorm groot maar! - wanneer sal dit gebeur?

[5] As ek my nou die grote aarde voorstel, waarvan geen ondersoeker nog vasgestel het waar dit begin en waar dit eindig nie, en dink aan die enorme aantal verskillende mense wat die onmeetlik wye aardoppervlak bewoon, dan begin dit my lighoofdig te maak! Die onbeskaafdste en mees ruwe kwaadaardigheid skyn by die vele bewoners van die grote aarde die algemene hooftrek van hulle lewenskarakter te wees!

[6] Die oorgrote deel van die mense is geheel en al deurtrek met dierlike selfsug en verskriklike hoogmoed!

[7] Waar `n vredeliewende volkie hulleself ookal op die grote aardbodem vestig en deur gemeenskaplik samewerking `n bepaalde welstand bereik, daar word hulle weldra opgespoor deur die fyn neus van die wolf- en tiermense en vyandelik oorval; die ongelukkiges word oorwin en daardeur duisend maal ongelukkiger gemaak as wat hulle voorheen in hulle natuurlike bestaan was!

[8] As sulke vreedsame en beskaafde volkies hulleself egter tog nog deur moed, wysheid en geestelike krag teenoor die vyande handhaaf, waarby hulle, natuurlik met die wapens in die hand, hierdie vyand vir die grootste deel moes vernietig en die geeste van die gedode vyande vanaf daardie moment egter hulle grootste en skadelikste vyande word, dan vra ek myself af: hoe, wanneer en onder watter omstandighede sal U heilsame leer op die aarde ooit heeltemal ingang vind en die doen en late van alle mense op die aarde bepaal?

[9] As slegs enkele volke hulleself in die milde strale van U onoortrefbare leer in volkome geluk baai, dan sal hulle van dag tot dag deur steeds meer vyande omring word; as hulle hulleself gewillig aan die vyande oorgee, dan word hulle slegs slawe van hulle veroweraars en sal hulle hulleself elke druk, hoe onmenslik ook, ja uiteindelik selfs die verbod tot navolging en uitoefening van hierdie leer van U, moet laat welgeval.

[10] As hulle egter deur watter magsmiddel ookal dan ook hulle vyande baasraak, dan sal die vyande wat in die stryd gedood is, hulle onoorwinlikste vyande word en met die hemelse Ryk op aarde sal dit goed gaan, volgens my mening wat beslis nie as maatstaf geld nie!

[11] Ek betwyfel dan ook ten seerste of mens nou juis - al is dit vir die beste saak - die kwaad van elke vyand met goed moet beantwoord! Ek twyfel nie daaraan dat mens daardeur wel uit menige blinde vyand `n siende vriend sal maak nie; maar of die reël ook op `n groot aantal vyande van die goeie saak seënryk toegepas kan word, dit, Heer, vergeef my my swakke verstand, wil ek dan tog effens in twyfel trek, gesien in die lig van die aangevoerde redes!

[12] Ek moet maar steeds aan die onsalige Scylla en Charibdis dink, waar, as mens die geluk het om die eerste vyand te ontsnap, deur die tweede des te sekerder verslind word! - Heer, gee ons hieroor helderheid en ek sal al my vyande broederlik omarm en alle gevangenes uit die kerkers vrylaat, - ook alle diewe, rowers en moordenaars, al is hulle ook nog so sleg!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205