Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Openlike getuienis in die sinagoge oor Jesus, Sy lewe, Sy dade en Sy leer.

106 Daar stap nou `n baie gesiene man uit die omgewing van Kapernaum na vore en sê: “Hooggeëerde dienaars van JaHWeH in die tempel te Jerusalem! Die man wat u Jesus noem in u vraag aan ons, is so te sê uit hierdie streek en uit hierdie stad afkomstig en het homself nog altyd ordentlik en te alle tye buitengewoon godvrugtig gedra. Mens sien Hom baie dikwels langdurig bid; niemand het Hom nog ooit sien lag nie, maar daarenteen het mens hom al dikwels sien huil op die afgesonderde plekke wat hy gereeld besoek.

[2] Reeds vanaf Sy geboorte het seldsame dinge rondom Hom gebeur en nou, noudat Hy eintlik as ware medikus, wat sy gelyke op aarde nie het nie, `n reis onderneem, bewerkstellig Hy genesings deur slegs `n woord te spreek, waartoe net JaHWeH alleen in staat sou wees.

[3] Alle dade van Moses af tot nou toe, verdwyn in die niet vergeleke daarby. Hy maak kreupeles, wat jare lank al heeltemal kromgetrek is, in `n oomblik volkome gesond; enige koors, hoe kwaadaardig ookal, moet buig voor Sy wil; stom-, doof- en blindgeborenes praat, hoor en sien net so goed as enigeen van ons! Die ergste melaatsheid verdryf Hy in `n oogwink, besetenes bevry Hy met een woord van legioene van duiwels, en die dode roep Hy en hulle staan op, eet en drink en loop rond asof niks gebeur het nie! Net so gebied Hy die elemente en hulle doen wat Hy sê asof hulle Sy getrouste en gewilligste dienaars is. 

[4] In die algemeen gesproke, is Sy leer die volgende: Dat mens God bo alles en sy naaste soos homself, daadwerklik moet liefhê.

[5] Omdat Hy sulke dade verrig en aan Sy leerlinge die suiwerste leer verkondig, beskou ons Hom as `n buitengewone profeet, wat JaHWeH vir ons soos `n EliJaH, nou in ons groot teenspoed asof uit die hemele gestuur het. Dit is alles wat ek en baie andere soos ek, van hierdie wonderlike Jesus weet, en ons kan God nie genoeg dank nie dat Hy weer `n keer aan Sy arme, uitermate verdrukte volk gedink het!

[6] Baie dink dat Hy die beloofde groot Messias van JaHWeH is. Persoonlik is ek nie daarvoor of daarteen nie, maar ek vra myself tog wel die vraag af: Sal die Messias wat gaan kom groter dade as dit kan verrig?”

[7] Die priester sê: “Jy praat soos `n blinde wat kleure beoordeel. Waar staan daar geskrywe dat daar ooit `n profeet uit Galilea sal opstaan? Ons sê aan julle dat hierdie Jesus van julle niks anders is nie as `n sleggeaarde towenaar wat verbrand sal moet word! Sy leer is `n masker waaragter Hy Sy godslasterlike karakter versteek! Dis nie met God nie, maar met die opperduiwel dat Hy Sy wondere verrig! - en julle blindes dink selfs dat Hy die groot Beloofde is! Waarlik, daarvoor is julle saam met Hom die vuurdood skuldig!”

[8] Die man gaan staan egter stewig vas, en sê: “Ja, julle sou ons lankal verbrand het as ons as Galileërs, en ek persoonlik ook, nie ware Romeinse inwoners was nie en julle, en nie die Romeine nie, hier seggenskap gehad het. Maar gelukkig het, vir ons Galileërs, julle glorie lankal verdwyn. Ons is geheel-en-al Romeinse onderdane en het derhalwe niks met julle te make nie, behalwe dat ons julle vanuit die hoogste kringe volkome uit Galilea uit sal laat verwyder as julle dit sou waag om julle aan net maar die geringste van ons Romeine te vergryp!

[9] Met betrekking tot ons groot profeet, Jesus, sê ek julle nou ook nog dit: Wee julle as julle van plan sou wees om in hierdie land julle boosaardige hande aan hom te slaan!

[10] Want, vir ons is Hy `n waaragtige EL. Voor ons doen Hy dinge wat slegs maar God kan doen.

[11] `n EL wat aan arme, lydende mense goed doen, moet `n egte en ware EL wees. Maar `n god soos julle s’n, wat slegs maar met goud, silwer en ander vet offers te sus is, en vir lang en peperduur gebede so goed as niks doen of gee nie, is netsoos julle wat julleself sy dienaars noem, deur-en-deur sleg en verdien dit om netsoos julle die land uitgegooi te word!

[12] Julle sê dat Jesus `n verskeurende wolf in skaapsvelle is! Wat is julle dan nogal? Werklik, julle is in die hoogste mate self dit wat julle van Jesus, wat `n baie vredeliewende man is, beweer!

[13] Met `n vriendelike gesig luister jy na ons klagtes, terwyl jy in jou hart op die onversoenlikste wraaksug broei ten opsigte van diegene wat klagtes lê en as jy kon, sou jy ons nou al met sodomitiese vuur uit die hemele wou verdelg het. Maar vergeet maar daarvan, julle boosaardige, vuil adders en skerpioengebroedsel! Hier het ons Romeine die seggenskap en ons sal julle die pad na Jerusalem wys as julle nie vanself maak dat julle wegkom nie!”

[14] Hierdie toespraak maak die skrifgeleerdes natuurlik rasend van woede; maar, voor die talryke publiek durf hulle niks meer sê nie, en maak daarom dat hulle deur `n agterdeurtjie na buite kom, en is dan op pad na Kapernaum, waar die meeste fariseërs en skrifgeleerdes uit Jerusalem verkeer, en waar hulle hulle ongestoord besig hou met alles wat maar te bedink is op die gebied van hoerery en bedrieëry.

[15] Toe die drie op hierdie manier die sinagoge verlaat het, kom daar iemand anders na vore en dra aan die spreker die algemene dank oor van al die aanwesige afgevaardigdes asook afsonderlike klaers, en voeg nog daaraan toe: “As ons nie soos die Samaritane optree nie, gaan hierdie diere ons nie met rus laat nie! Hulle name moet vir ons nog veragteliker word as dié van die Gog en die Magog, en Jerusalem moet vir ons `n plek word om op te urineer, anders gaan ons nooit van hierdie plaag, wat erger is as die pes, bevry word nie!”

[16] Almal stem saam en sê: “As ons wonderdoende Jesus nou êrens te vinde sou wees, dan sou Hy nou direk hierheen moes kom en dan sou ons Hom benoem tot ons enige Leraar en Hoëpriester!”

[17] Die spreker sê: “Ek meen ook so, maar ons sou vooraf by die Romeinse prefek in Kapernaum moes uitvind of hy daarmee eens is, want die Romeine het dit hier nie gemaklik met ons priesters nie - volgens gerugte verkeer die tempel in geheime briefwisseling met die keiser van Rome!”

[18] Met hierdie voorstel is almal dit eens en daarop verlaat een na die ander die saal waarin die sinagoge was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205