Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die doel van die storm: ondergang van die vyande van die Heer

209 Maar Petrus kom by My staan en sê heimlik aan My: “Heer, het die gees van die Vader in U homself so van U verwyder dat U nou nie meer in staat is om meester van die storm te word nie? Probeer tog, as dit vir U moontlik is, om die storm tot bedaring te bring!” Ek sê: “Daar is `n wyse rede voor waarom die storm, wat nie meer lank sal duur nie, moet uitwoed! As jy egter ook maar enigsins daaraan twyfel, weet dan dat daar tien vyandelike vaartuie op die meer was om ons te agtervolg, en ons almal gevange te neem en te vernietig! Die storm doen egter met hulle wat hulle met ons van plan was om te doen. As dit so is, waarom vra jy My dan en verlang jy dat Ek die storm, wat nodig is vir ons voorlopig noodsaaklike verlossing, tot bedaring bring? Laat hom heeltemal uitwoed, totdat die doel waarvoor hy ontstaan het, volkome bereik is; dan sal dit gewis op `n baie gunstige manier eindig! Kyk eers daar en sê My dan, wat is dit wat die huishoë golwe, net soos kwaadaardige en baldadige kinders hulle vernielde speelgoed, op hulle woedende rûe heen en weer en omhoog en omlaag slinger!”

[2] Petrus kyk ondersoekend na die, met stormagtige hoë golwe oortrekte oppervlak van die meer en sien maar al te gou verskeie skeepswrakke en `n ietwat minder beskadigde heel skip, wat alles, skip en wrakke, deur die magtige golwe soos kaf deurmekaar gegooi word; ook sien hy `n paar mense wat, hulleself vasklemmend aan los wrakstukke, met hulle laaste krag aan wal probeer kom en deur die opeenvolgende golwe voortdurend bedolwe en by tye omhoog geslinger word.

[3] Terwyl Petrus `n rukkie na die tafereel kyk, sê hy aan My: “Heer, vergeef my dit; want U weet dat ek nog steeds `n sondige mens is en U daarom met `n egte oerdomme vraag lastig geval het; maar nou is alles vir my duidelik! Die slegte fariseërs uit Jesaïra het in Jerusalem hulp gaan haal; tien skepe met Romeinse soldate word uitgerus om ons hier te kom gevange neem. Dit moet oor die water hierheen kom, omdat dit moeilik oor land hier na Kis (dit is die naam van die streek wat in geheel aan Kisjonah behoort) kon kom, en nou het hulle hul welverdiende loon gekry! Hulle sal ons niks meer kan aandoen nie, en as ek van die rigting van die golwe kan aflei, sal dit die skepe wat skipbreuk gely het asook die wrakstukke na Sibarah dryf, waar daar baie rotse is, vanwaar hulle vanweë die ongehoorde en onbeskryflik woedende storm dit baie moeilik sal vind om daar lewend vanaf te kom! O, dit is buitengewoon goed dat hierdie slegte, owerspelige soort mense so `n gerig ten dele geval het! Hierdie voorval sou daar veel toe kon bydra dat die fariseërs alle verdere moed ontneem word om teen U op te staan!”

[4] Ek sê: “Die satan laat homself duisendmaal duisend keer op sy mond slaan, maar bly na duisendmaal duisend slae tog altyd dieselfde, allergrootste vyand van God en van alles wat goed en waar is, afkomstig van die gees van God. Diegene wat nou dood op see ronddrywe, sal ons wel niks meer aandoen nie; maar in hulle plek staan daar weer ander op, en hulle sal dit vir ons noodsaaklik maak om die wyk te neem na die stede van die Grieke, en tot daardie oomblik sal daar sekerlik nie baie weke verbygaan nie!”

[5] Petrus sê: “Heer, sal ons solank ons hier is, wel rus hê?”

[6] “Ja, ja, verseker”, sê Ek, “maar daar woon op aarde nog baie mense en volke, wat die evangelie net so nodig as julle het en hulle is deur die Vader geskape, wat ook vir julle geskape het! Ondanks al die vervolging wat nog op ons wag, moet ons na hulle toe gaan en die goeie nuus uit die hemele aan hulle bring! Hulle gaan ons weliswaar ook vervolg; maar in die loop van die tyd hulleself tog bekeer en as lammers in ons skaapkraal hulle intrek neem!

[7] Ons is goed en die wêreld is sleg; dus kan ons daar ook niks goeds van verwag nie - behalwe so hier en daar `n soete aarbei tussen die oorheersende onkruid. Maar kyk, die storm gaan so stilletjies bedaar, en al die gevaar is vir eers verby!”

[8] Dan sê Ek aan Baram: “Vriend, die storm gaan bedaar; die middag het saam met die storm verbygegaan; laat ons dus middagete geniet, sodat ons sterk genoeg kan wees vir die werk van vanmiddag.”

[9] Dit is nie nodig om die middagete verder te beskryf nie en die uitwerking van die voorafgaande groot storm nog verder te belig nie, veral wat betref die tien skepe; dit is voldoende om te weet dat daar van die duisend mense wat op die skepe was, maar vyf oorleef het; al die ander word `n prooi van die golwe en op die klippe van Sibarah vind mens nog na jare en dae vergane en deur die visse afgeknaagde geraamtes, en tewens `n groot hoeveelheid van allerlei Romeinse wapens en kettings, wat vir My en My leerlinge bestem was.

[10] Dit hoef kwalik nader vermeld te word dat die storm sowel by die fariseërs as by die Romeine, veral in Kapernaum en in Násaret, `n baie deemoedigende uitwerking gehad het; en Ek het `n paar weke rus met diegene wat by My was.

[11] Na die middagete word daar dié dag weinig belangriks meer gedoen en die leerlinge gaan daarom saam met die vissers van Kisjonah op die meer en trek tot teen die aand vyf maal die net vol met die voortreflikste visse wat hierdie meer bevat; hulle bring dit na die visbewaarplek van Kisjonah, wat daar baie ingenome mee is en vir die aand moet daar dadelik so `n honderd stuks met allerlei speserye en goeie kruie voorberei word. So eindig die dag, en na die aandete word `n goeie rus geneem, want almal het dit wel deeglik nodig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205