Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Kort vaart op die meer. Jaïrus se dogter word plotseling siek

227 Omdat die dag mooi en helder is, word daar na die maaltyd `n vaart op die meer onderneem. Baram kry sy skip gou in orde en Kisjonah maak ook sy groot skip vlot, en die helfte van die leerlinge kan daar maklik in.

[2] Ek, die vernaamste leerlinge en Baram en Kisjonah klim in die voortreflik geboude skip van Baram wat twee seile, en aan beide kante ses sterk spane het, en daardeur sowel deur die wind as met die roeispane voortbeweeg kan word. Ons vaar in die rigting van Kapernaum vanaf die plekkie Kis, sonder om egter van plan te wees om na Kapernaum te gaan.

[3] Maar toe ons al `n paar uur ver op die meer in die rigting van Kapernaum vaar, sien ons in die verte `n skip vinnig op ons twee skepe afpyl. Dit vaar onder die kleure van Kapernaum, en toe ons van rigting verander, om te sien of dit werklik op ons twee skepe afstuur, wyk die Kapernaumse skip ook van sy koers af en gaan algou in ons rigting verder. Toe die skippers van Baram dit bevestig het, vra hulle aan Baram wat daar gedoen moes word, want die skip uit Kapernaum blyk geen goeie voornemens te hê nie. Baram vra My egter wat Ek daarvan dink.

[4] En Ek antwoord: “Laat die skip maar op ons afkom, en ons sal dan wel sien wat hulle plan is!” Na hierdie woorde van My laat Baram die seile inneem en ophou met roei, en die skippers op die skip van Kisjonah doen dieselfde.

[5] Binne `n kwartier is die skippers van die Kapernaumse skip by ons en vra aan Baram of Ek My op die skip bevind; want in Kapernaum het hulle gehoor dat Ek in Kis was. Hulle is daarop deur die owerste Jaïrus uitgestuur om My te vra om na Kapernaum te kom; want die dogtertjie van Jaïrus, wat Ek pas `n paar weke gelede uit die dood opgewek het, het weer so siek geword dat geen dokter haar meer kon help nie. “Die owerste is bang dat sy doodgaan. Julle sal `n groot beloning kry as julle ons na Jesus van Násaret kan bring!”, sê die skippers ten slotte aan Baram en sy skeepslui.

[6] Maar Baram sê: “Te oordeel aan julle woorde, het julle met goeie bedoelings na ons gekom, en ek sê vir julle: die Een wat julle soek, is op my skip; maar of Hy na julle wil luister en gehoor wil gee aan julle versoek, kan ek julle nie sê nie. Maar ek sal na Hom toe gaan onder in die kajuit en ek sal met Hom praat.”

[7] Die Kapernaumers is dit hiermee eens en Baram kom na My toe in die oop kajuit en wil die versoek van die Kapernaumers aan My oordra.

[8] Maar Ek sê aan hom: “Broer, jy hoef niks te sê nie, want Ek weet alles al lankal, en het dit jou al in Jesaïra gesê dat dit so met die lasterlike manne sou gaan. Om my te vervolg en My leer verdag te maak, ontken hulle dat die dogter van Jaïrus siek en dood was; sy het maar net baie gesond geslaap, en Ek het haar op `n baie natuurlike manier wakker gemaak, en daarna bedrieglik voorgegee dat Ek haar uit `n volledige dood opgewek het.

[9] Omdat My daad suiwer bedrog was, moet hy die dogtertjie maar weer so natuurlik laat slaap, en sy sal dan wel deur enige willekeurige natuurlike mens ook weer op natuurlike wyse wakker gemaak kan word.

[10] Waarlik, Ek gaan haar nie eerder aanraak voordat sy nie drie dae in die graf gelê het nie! Gaan na bo na die dek en sê dit aan hulle; hys daarna die seile en `n goeie wind sal ons dan so gou moontlik met die meer op, bo by die groot inham by Kis bring, en hulle hoef nie te sien waarheen ons gevaar het nie.”

[11] Baram gaan nou gou na die dek en sê: “Geëerde afgesante van die owerste. Dit spyt my dat ek u vanaf Jesus, die Heer, geen gunstige antwoord kan bring nie! Maar daaraan het die Kapernaumers self skuld, want nadat Hy destyds die dogtertjie van die owerste werklik uit die sigbare en voelbare dood weer tot die volle lewe gewek het, verklaar hulle, die fariseërs van die deur Hom vervloekte stad, al gou daarna dat Hy `n bedrieër was. Hulle het vir die hele volk bewys en verklaar dat Jaïrus Jesus slegs op die proef wou stel en daarvoor sy kerngesonde dogtertjie op `n, spesifiek hiervoor gemaakte, doodsbed gelê het; en toe het die bedrieër, Jesus wat nie vermoed dat dit `n lokval was nie, haar natuurlik baie maklik uit die dood tot lewe opgewek, dit het hy - soos ek van `n paar mense gehoor het - omdat hy inmiddels gemerk het dat sy leef, gedoen deur haar behoorlik hard aan haar hand te knyp en toe het sy maar liewer opgestaan as om die pyn in haar hand nog langer te moet verdra.

[12] Eintlik was dit die bedoeling van die owerste gewees - soos ek gehoor het - dat die dogtertjie haarself nie sou laat wek nie, sodat mens dan Jesus gou as `n volleerde skurk kon gepak en te gronde gerig het. Maar deur die ontwaking van sy dogter word hierdie mooie plan ten aanskoue van die volk verydel; want die volk was daar vas van oortuig dat die dogter, wat vir die doel `n paar dae tevore al kunsmatig siek gehou is, regtig uit die dood opgewek is.

[13] Daarom sal Hy nou nie meer na haar kyk nie, behalwe miskien eers as sy half ontbind in die graf lê!

[14] Gaan met hierdie antwoord nou weer huis toe, en vertel dit aan julle owerste, sodat hy dan vir homself kan ontdek met watter verskriklike ondankbaarheid sy hart vervul is! HY gaan in geen geval na Kapernaum nie; want die plek sal vir ewig van Sy barmhartigheid verstote bly!”

[15] Na hierdie woorde laat Baram vinnig die seil hys; en nadat die seile gehys is, kom die wind ook en dryf altwee skepe dermate vinnig voor homself uit dat die Kapernaumse skip, wat geen seile het nie, en ook verder `n baie onaansienlike, beskeie vaartuig was, binne enkele oomblikke so ver agter bly dat ons dit heeltemal uit die gesig verloor; en toe ons verby die groot baai by Kis land en aan land gegaan het, en die skepe leeg in die groot baai laat vaar, draai die wind ook en waai hard in die rigting van Kapernaum.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205