|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 22
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Hoofstuk 22 - In die gemoed van Nikodémus word iets ligter.
22 Nikodémus sê: “Buiten een saak, is alles nou vir my duidelik, maar die Een wat kortkom is die merkwaardige Seun van Adam Homself, waarsonder al U wyse woorde met die uitstekende verduidelikings totaal verlore is. Watter nut het die geloof of die beste wil om te glo in die Seun van Adam as Hy Homself nie daar is nie? Uit die lug of uit die blote idee kan `n mens nie `n Seun van Adam skep nie. Vertel my dan waar sal ek hierdie ewige Seun van God vind en verseker wees dat ek volkome in Hom kan glo?” [2] Ek spreek: “As ek nie daarvan bewus was nie, sou jy nooit hierdie verduidelikings van My ontvang het nie. Maar jy het in die nag na My toe gekom en nie in die dag nie, alhoewel jy baie gehoor en gesien het van dit wat ek doen. Aangesien jy egter na My toe gekom het in die natuurlike nag sowel as die ooreenstemmende nag van jou siel, is dit nie moeilik om te verstaan dat jy nog nie helderheid het betreffende die Seun van Adam nie. [3] Ek sê vir jou dat as iemand die Seun van Adam in die nag soek, terwyl hy bang is om dit te doen voor die mense, sodat sy reputasie nie geskaad word nie, hy nie sal vind waarna hy soek nie, want jy wat `n baie wyse man onder die Judeërs is, sal sekerlik weet dat die nag, afgesien daarvan watter tipe nag dit mag wees, heeltemal ongeskik is vir soek en vind. Daarom, wie die Seun van Adam soek, moet Hom in die dag soek en nie in die nag nie, dan sal Hy Homself laat vind. [4] Nou sê Ek vir jou: Gaan na Johannes wat as gevolg van die water nog besig is om te doop by Enon naby Salim. Hy sal jou kan sê of die Seun van God alreeds hier is of nie. Daar sal jy hom leer ken.” [5] Nikodémus sê: “O, O geliefde Heer, dit sal nie so maklik wees nie, want ek is al my dae te besig. Neem in ag dat daar in die stad en omliggende dele, oor die agthonderd-duisend mense, insluitend vreemdelinge, woon wat ek as die owerste onder my sorg het. Daarby moet ek nog daagliks na die tempelsake omsien wat nie afgestel kan word nie. As hierdie barmhartigheid nie hier in Jerusalem gegee word nie, sal ek dit maar moet vergeet. Kyk, ek het minstens drie dae nodig vir hierdie onderneming en in my besigheid sal dit soos drie jaar wees vir `n ander persoon. [6] Daarom moet U my vergewe as ek nie U advies kan volg nie, maar wanneer U na Jerusalem toe sal kom met U leerlinge, kom tog na my toe en ek sal goeie herberg vir U almal voorsien. U en almal wat saam met U is, sal my altyd as `n ware vriend en weldoener hê. My huis, wat groot genoeg is om `n duisend mense te huisves, is geleë op die Dawidsplein binne die Poort van Salomo, ook genoem die “Goue poort”. Wanneer u ookal kom, sal dit geheel en al tot U beskikking wees. Wat ek ookal by magte is om te doen om U te dien, sal ek altyd doen. As U ooit iets nodig het, vra my, en ek sal dit voorsien. [7] Want waarlik, `n groot verandering het binne-in my plaasgevind. Ek het U lief my dierbare Heer, meer as alles wat vir my dierbaar is, en hierdie liefde vertel my: U self is die Een waaroor U my na Aenon na Johannes wou stuur. Miskien is dit nie soos wat ek dit hierbinne voel nie, maar laat dit maar daar, ek het u lief met my hele hart omdat ek in U `n groot Heer van ware goddelike Wysheid herken. U dade, die gelyke wat nog nooit voorheen deur iemand gedoen is nie, het my met die diepste verwondering vervul, maar U groot Wysheid het my hart nog meer na U betower, my geliefde Heer. Ek het u lief. Vertel my of my hart vir my `n ware getuienis gee aangaande U?” [8] Ek spreek: “Wees geduldig en alles sal vir jou duidelik word! Binnekort sal Ek terugkom na jou toe en jou gas wees, dan sal jy alles weet. [9] Volg egter die ingewing van jou hart, wat jou in `n oomblik meer sal leer as al vyf die boeke van Moses en al die profete. Want waarlik, niks in die mens is waar nie, behalwe Liefde! Daarom, luister daarna en jy sal in die dag wandel. – Maar nou omtrent iets anders. [10] Ek sal nou na Judea gaan waar Ek die Koninkryk van God sal predik. Jy is die hoogste gesag oor die grondgebied. Nie ter wille van My nie, maar ter wille van My leerlinge, gee vir My `n sekuriteitspas soos wat gebruik word deur die Judeërs volgens die Romeinse wet, sodat hulle nie enige moeilikheid sal hê met doeane en tol nie. Kinders is natuurlik vry, maar hulle moet sodanig geregistreer wees. Dit sal eintlik maklik wees vir My om orals verniet en ongehinderd deur te gaan met legioene, maar Ek wil nie `n ergernis wees vir enigiemand nie, en sal daarom die wet van Rome gehoorsaam.” [11] Nikodémus sê: “U sal dit onmiddellik kry, geliefde Heer, ek sal dit self uitskryf en binne een uur na U toe bring, want dit is nie ver van my huis tot hier nie.” [12] Nikodémus haas homself huis toe en reeds binne `n halfuur bring hy die aangevraagde sekuriteitspas. Toe ons in besit kom van hierdie pas op `n stuk perkament, seën Ek die opregte Nikodémus in My hart. Hy groet ons met trane in sy oë en vra my weer `n keer om van sy huis gebruik te maak met ons terugkeer na Jerusalem. Dit belowe Ek aan hom, maar versoek hom om die tempel skoon te hou en hy belowe dit plegtig. So het Ons die oggend vertrek.
|
|
|
|
|