Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die voedingsproses by die mens; liggaam, siel en gees

206 Dit hoef skaars vermeld te word dat tydens so `n ontbyt almal besonder vrolik en baie spraaksaam is; want die wyn maak al die tonge goed los. Selfs JonaEl en Jaïrus is baie opgewek, en vra My selfs of Ek hulle in so `n vrolike stemming ook na Sigar terug sal laat gaan! En Ek staan hulle dit toe om by hulle afskeid in so `n opgewekte stemming te wees.

[2] Toe sê hulle: “Heer dat U ons dit toestaan, is wel goed omdat ons dan nie sondig as ons bly is nie; maar dit is wel `n vraag of ons vrolik sal kan bly!”

[3] Ek antwoord: “Nou ja, julle mag - en julle sal blymoedig bly!”

[4] Maar hulle engel frons `n bietjie by die belofte. JonaEl merk dit op en vra My na die rede daarvoor.

[5] En Ek sê: “Omdat die engel maar al te goed weet dat tussen groot opgewektheid en sonde maar `n baie klein en smal ruimte is! Hy sien al vooraf wat `n inspanning dit van hom sal verg om julle op pad huis toe vir die sonde te bewaar, en daarom sien hy daar `n bietjie droewig uit. Gee hom ook `n bietjie wyn te drinke,miskien word hy daardeur ietwat ligter van gemoed!”

[6] Daarop gee JonaEl vir die engel dadelik `n vol beker wyn aan, wat dit neem en die beker heeltemal leeg drink, waaroor beide hulle baie verbaas; want dit het hulle hom nog nooit sien doen nie.

[7] Maar die engel sê: “Ek is nou tog al `n hele tyd by u; waarom gee u my tuis dan nooit `n beker wyn nie?”

[8] JonaEl sê: “Hoe het ons ook maar kon droom dat `n engel op aarde enige materiële voedsel sou gebruik?!”

[9] “Vreemd!” sê die engel. “U het tog gesien dat die Heer van al die hemele ook eet en drink, en Hy is tog die hoogste en mees volmaakte gees; waarom sou ons engele, wat nou ook vir ons `n liggaam moes aanneem om u in die materie te dien, nie eet en drink nie?

[10] As u my ook `n stukkie vis en bietjie brood gee, dan sal u dadelik sien dat ek nie net drink nie, maar ook behoorlik goed kan eet; want as die Heer aardse spyse gebruik, dan doen ook die engel dit.”

[11] En JonaEl gee die engel `n hele vis en `n behoorlike stuk brood en die engel neem beide en eet dit op.

[12] Nadat die engel aan beide getoon het dat ook `n gees in staat is om materiële voedsel te verteer, vra JonaEl aan hom hoe dit tog moontlik is, omdat hy uit die aard van die saak tog `n gees is.

[13] Die engel sê: “Het u al ooit `n dooie mens sien eet en drink?” JonaEl sê: “So iets het nog niemand gesien nie.”

[14] Die engel sê: “As `n siellose en, meer nog, geeslose liggaam, wat in sigself byna geheel uit materie bestaan, geen kos inneem nie en ook nie kan neem nie, dan moet dit tog die siel en die lewensgees in die siel wees wat die voedsel opneem. Omdat die liggaam niks anders is nie as `n handlanger van die siel en vir homself geen voedsel nodig het nie, daarom is dit dus die siel en haar gees wat die voedsel van die aarde gebruik solank as hulle haar liggaam bewoon en dit in stand hou, deurdat hulle haar die afval laat eet! Want die liggaam word gevoed met die afval van die siel.

[15] As dit dus in die materiële mens slegs die siel is wat, solank hy in die liggaam woon, die voedsel van die aarde gebruik, dan sal ook ek as siel en gees, solank ek my voete op die aarde sit, en om u te kan dien daarvoor `n bepaalde liggaam het, wat geskape is uit die materie van die lug, tog wel aardse voedsel mag inneem! - Wat dink u?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205