Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die nuwe wet van die Liefde

67 JonaEl sê: “Sulke listigheid mag wel teen menslike vermoëns slaag, maar teen die Mag van God is dit sinneloos. Slegs suiwer en opregte Liefde bereik iets met die Mag van God, alles anders is soos kaf voor die krag van `n stormwind. Wees dus nie besorg nie, want God is met ons - wie kan nou voor ons staande bly?”

[2] Die geneesde sê: “Ja, goed en wel, jy mag reg wees. Maar God was tog sonder twyfel ook met Adam, en tog het Satan met sy sluwe listigheid daarin geslaag om Adam te oorrompel! En MikaEl moes, na `n geveg van drie dae, tog die liggaam van Moses aan Satan afstaan. God mag wel Almagtig wees, daaraan is daar geen twyfel nie, maar Satan is vol gemene listigheid en dit het die volk van God al baie skade berokken. Terwyl mens in die teenwoordigheid van `n tier is, behoort `n mens versigtig te wees solank hy leef; slegs nadat dit gevrek het, kan `n mens weer onbesorg asemhaal.”

[3] JonaEl sê: “Ook al het jy op jou manier gelyk, moet jy nogtans daaroor nadink dat die Heer in vroeër tye vir Satan toegelaat het om op `n bepaalde manier te werk te gaan, want as die eersgeskape Gees (Lucifer) moes hy baie tyd toegelaat word om sy vryheid op die proef te stel, omdat hy nie alleen die eerste nie, maar ook die grootste (belangrikste / magtigste) van alle geskape Geeste was.

[4] Maar daardie tyd het nou tot `n einde gekom en die Vors van die Nag gaan van nou af met kettings baie beperk word in sy vryheid, sodat hy nooit weer so vryelik sal kan rondbeweeg soos tot nou toe nie.

[5] Dit is dan ook die rede waarom ons nou, solank ons deur die suiwer Liefde beheers word, met minder sorge op aarde kan wandel as vroeër toe ons nog onder die harde juk van die wet was.

[6] Vanaf Adam tot in ons tyd het die wet van Wysheid geheers. Om aan hierdie wet binne in jouself gestalte te gee, het baie Wysheid en `n onversetlike wilskrag vereis.

[7] God sê egter dat die mense nooit aan die wet van Wysheid sal kan voldoen nie en Hy kom nou Self in die wêreld in om julle `n nuwe wet van die Liefde te gee, waaraan julle gemaklik sal kan beantwoord. Want in die wet van die Wysheid laat JaHWeH slegs Sy Lig onder die mense skyn; die Lig was egter Hyself, maar dit straal slegs van Hom uit onder die mense, slegs ook aan die mense wat uit Hom voortgekom het, wat maar tog net JaHWeH Self is. Maar deur en in die Liefde kom JaHWeH Self na die mens en neem geestelik in volle waarheid woning in die mens en maak die geskape mens daardeur in alles volledig gelyk aan Homself. En dan is dit vir die satan nie meer moontlik om op so `n gewapende mens met sy sluwe streke vat te kry nie, want die gees van JaHWeH in die mens deursien altyd die nog so verborge gehoue liste van die satan en het altyd mag in oorvloed om die totale onmag van die satan tot niet te doen.

[8] Die profeet EliJaH beskryf die huidige toestand van die mense waarby JaHWeH direk in die Liefde tot die mense kom as `n sagte gesuis wat langs die grot verbygaan; maar in die sware storm en in die vuur was JaHWeH nie!

[9] Die sagte gesuis is derhalwe die liefde van die mense tot God en hul naaste, waarin JaHWeH Self is, terwyl Hy nie in die Storm van die Wysheid en in die Vlammende Swaard van die wet is nie!

[10] En omdat JaHWeH Self nou by ons is, met ons en onder ons, hoef ons nie so bang te wees vir die liste van die satan soos wat dit in die oertyd helaas treurig genoeg die geval was nie, en jy mag daarom die bloeddorstige tier van Rome nou wel moediger en sorgeloser in sy listige gelaat sien! Sien jy dan nie hoe die hele legioen dan op die oneervolste manier voor die twee jongelinge moes vlug nie? Ons word deur `n groot aantal van die jongelinge begelei en sal ons dan bang wees vir die wat met `n wit vlag hierheen kom, die Romeine? Ek sê jou: nie eers in `n droom nie, laat staan nog in die werklikheid!”

[11] Na hierdie woorde is die geneesde verbaas en sê na `n rukkie: ”Wat sê u? Is JaHWeH nou onder ons? Ek dag dat hierdie man wat my gehelp het, slegs maar die verwagte Messias was! Wat nou, is by u dan JaHWeH en die Messias een en dieselfde?

[12] Dat die Krag van JaHWeH veel sterker in die Messias aanwesig sal wees as by al die profete tesame, dit kan ek heel goed begryp, maar dat die Messias en JaHWeH volledig een en dieselfde sal wees, dit het ek nie eers durf dink nie, laat staan durf sê! Bowendien staan daar ook nog geskrywe dat `n mens geen beeld van JaHWeH mag maak nie, en nou moet hierdie mens wat waarlik alle eienskappe besit wat by die Messias behoort, JaHWeH Self wees?! Nou ja, ek het niks daarteen nie, as dit nie vir u, onse opperpriester, sal pla nie!

[13] Dat die Messias een besondere God sou wees, het ek al direk na my genesing gedink, want in `n meer of mindere mate is ons volgens die Skrif almal God, afhanklik van gehoorsaamheid aan die wet van JaHWeH. Maar dat Hy JaHWeH Self is? -Ja - as dit so is, dan word die saak van my nou anders beskou! Ek was deur Homself genees - my dank moet nou heel anders word!”

[14] Daarop wil hy direk na My toe gaan. Maar JonaEl hou hom teë en raai hom aan om dit in Sigar te doen en die geneesde is heel tevrede daarmee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205