Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die Heer trou vir Joram en IrhaEl

36 Daarna vra Johannes My: “Heer, dit moet ek sekerlik neerskryf! Dit is meer as die teken te Kana! Dit is nou eenmaal `n ware teken van U koms!”

[2] Ek spreek: “Laat dit ook staan, want dit wat jy opteken is `n teken vir die wêreld, maar laasgenoemde het nie die kennis om dit te begryp nie! Waarom dan so `n poging. Dink jy die wêreld sal dit glo? Voorwaar, hulle wat teenwoordig is glo dit omdat hulle dit kan sien, maar die wêreld, wat in die duisternis wandel, sal nooit glo dat dit hier plaasgevind het nie, want nag kan onmoontlik nie die werke van die dag bedink nie. Sou jy hulle aangaande die werke van die Lig vertel, sal hulle jou uitlag en jou uiteindelik bespotlik maak. Volstaan daarby dat jy slegs dit moet aanteken wat ek in die openbaar doen, voor die wêreld, maar dit wat Ek in die geheim doen, skryf dit slegs op jou hart, maar nie op perkament nie.

[3] Maar daar sal wel `n tyd kom wanneer al hierdie geheimenisse aan die wêreld openbaar gemaak sal word, maar tot dan sal baie groen vrugte van die bome afval. Want voorwaar, die bome het baie voortgebring, maar kwalik een derde sal rypheid bereik! Maar die twee afgevalle derdes sal eers getrap moet word, verrot en verweer, sodat hulle deur reën opgelos kan word, en so in die stam ingedryf kan word vir `n tweede geboorte.”

[4] Johannes sê: “Heer, dis te diep, wie sal dit verstaan?”

[5] Ek spreek: “Dit is nie nodig nie, volstaan daarby dat jy in My glo en My liefhet, die diepere begrip sal kom nadat die Gees van Waarheid oor julle uitgestort is. Maar totdat dit plaasgevind het, sal sommige van julle, ten spyte van die tekens, aanstoot neem oor My Naam!

[6] Want die Messias se koninkryk sal nie `n koninkryk van die wêreld wees nie, maar `n koninkryk van Gees en Waarheid in My Vader se koninkryk, vir ewig, en daar sal vir ewig geen einde wees daaraan nie! Wie ookal in hierdie koninkryk ontvang word, sal die Ewige Lewe hê, en hierdie lewe sal so wonderlik wees soos wat geen mens nog gesien, gehoor, of in sy hart gevoel het nie!”

[7] Sê Petrus,wat lank stilgebly het: “Heer, wie sal ooit geskik wees hiervoor?”

[8] Ek sê: “Dierbare vriend, hierdie dag is reeds laat en ons liggame het rus nodig ten einde môre sterk te wees vir werk! Laat ons dus hierdie dag afsluit en môre met goeie lig reis! Laat elkeen daarom sy rusplek uitsoek.” Die leerlinge, sommige van hulle wat al baie moeg was, dank My en gaan lê onmiddellik.

[9] Net Ek en die geneesheer en die vrou bly wakker. Met die leerlinge spoedig vas aan die slaap, val beide op hulle knieë voor My neer en dank My vurig vir die onnoembare barmhartigheid wat Ek aan hulle betoon het, sowel as aan hulle hele huis. Hulle vra My ook of Ek hulle sal toelaat om aan te sluit en om My te volg.

[10] Maar Ek sê vir hulle: “Dit is nie noodsaaklik vir julle redding nie. As julle My egter wil volg, dan is dit genoeg dat julle My in julle harte volg! Maar julle moet in hierdie land agterbly as My getuies, aangesien baie twyfelaars binnekort hier sal opstaan. Aan hulle sal julle goeie getuienis aangaande My kan gee.

[11] En jy, My liewe Joram, sal van nou af `n perfekte geneesheer wees! Op wie jy ookal in My Naam jou hande sal oplê, sal onmiddellik gesond word, ongeag hoe siek hul was. Terselfdertyd moet julle egter in `n volkome en onskeibare huwelik verbind word, aangesien met julle huidige saamwoon julle tot aanstoot sal wees vir die blindes wat slegs die uiterlike beskou en geen benul het van die innerlike nie.

[12] Jy Joram, hoef nie meer vir IrhaEl te vrees nie, aangesien sy nou volkome van liggaam en siel genees is. En jy, IrhaEl, het nou `n man van die hemele en sal volkome gelukkig wees met hom, aangesien hy nie `n gees vanuit die aarde is nie, maar van bo.”

[13] Die vrou sê: “O, JaHWeH, hoe goed is U! Wanneer is dit u wens dat ons amptelik hande bind in die oë van die wêreld?”

[14] Ek sê: “Ek het julle alreeds gebind en hierdie binding is geldig in die hemele en op aarde. Ek sê vir julle, sedert Adam se tyd, was daar nie `n meer perfekte eenheid as julle s`n nie, aangesien Ek julle eenheid self geseën het.

[15] Maar môre-oggend sal `n klomp priesters en ander mense en amptenare van die dorp hier aankom. Maak aan hulle bekend sodat hulle bewus kan word dat julle nou voor God en die wêreld `n behoorlik getroude paartjie is. As julle kinders gaan verwek, maak hulle groot in My leringe en doop hulle dan in My Naam, op die manier waarop julle môre sal sien hoe My leerlinge doop, en die manier van Johannes, van wie julle al sekerlik gehoor het dat hy in die Jordaan doop. Daarom, My liewe Joram, Ek sal jou môre bemagtig om hierna elkeen te doop wat in My Naam glo.

[16] Gaan rus nou! Maar terwille van kuisheid, weerhou julle daarvan om aan mekaar te vat gedurende My verblyf in hierdie huis! Maar gedurende hierdie tyd moet julleself nie bekommer oor die tafel en spens nie, want vir die volle duur van My verblyf in hierdie huis, soos ook vandag, sal tafel en spens van bo voorsien word. Moet dit egter aan niemand voor die tyd vertel nie, aangesien die manne dit nie sal verstaan nie. Maar as ek weg is, kan julle dit bekend maak aan die meer ingeligtes. Gaan neem nou egter julle rus, alhoewel Ek sal waghou! Want die Heer mag nie slaap of rus nie, aangesien so `n slaap en volkome rus die dood en ondergang van al die skepsele sal wees! Want al slaap die hele wêreld, sal die Heer nietemin wakker bly en alle skepsele onderhou.”

[17] Na hierdie woorde dank die twee My en gaan slaap in hul heilige kamers vir hulle noodsaaklike rus. Maar Ek bly in My stoel sit tot die oggend.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205