Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die lugreis van Judas Iskariot

164 Judas Iskariot sê: “Heer! Dit is `n streng gebod! Wie sal homself nou heeltemal daaraan kan hou?”

[2] Ek sê: “God het ook die sterwe van die liggaam in `n onvermydelike en onveranderlike wet vasgelê en ondanks al die gejammer van die mens neem Hy Sy heilige woord nie terug nie! Jy kan daaroor praat en redetwis soveel jy wil, maar aan die einde moet jy tog sterwe! Eers in die hiernamaals sal jy besef dat sterwe hoogs noodsaaklik vir jou was.

[3] En sien, dit geld vir elke gebod wat uit die Mond van God kom. As jy haar vir jouself tot wet maak, dan sal sy heel gemaklik vir jou wees om jou daaraan te hou; maak jy egter vir jouself `n ander wet as sy wat Ek jou gee, dan sal jy jou moeilik aan My wet kan hou. Want as twee wette teen mekaar indruis, dan is dit moeilik om jou aan beide wette te hou of ten slotte heeltemal onmoontlik. Begryp jy dit?

[4] Ek sê vir jou: Wees daarop bedag en let op dat daar in die loop van die tyd nie die een of ander anti-wet in jouself jou dood word nie!”

[5] Judas sê: “Maar wat beteken dit nou weer? U woorde is steeds soos die spykerskrif van die Egiptenare, wat kwalik nog deur `n geleerde gelees kan word en nog minder begryp kan word! Wat bedoel U eintlik met `n anti-wet? Hoe kan Ek vir myself `n wet voorskrywe, as `n ander dit vir my gee? Ek kan my slegs of daaraan hou of nie en dit is afhanklik van my vrye wil en nie van `n anti-wet nie!”

[6] Ek sê: “Ek sê vir jou, as jy so dom bly soos wat jy nou is, kan jy eerder weer na Betábara teruggaan, want so maak jy My kwaad en staan jy My teë!

[7] Waar kom die wette dan vandaan? Kom dit êrens anders vandaan as van die wil van diegene wat die mag en die bevoegdheid het om wette te gee en hulle te bekragtig?! En het elke mens nie die volledige seggenskap oor homself en kan hy nie doen wat hy wil nie? As hy die opgelegde wette tot syne wil maak, dan sal hy homself sekerlik maklik daaraan kan hou; wil hy dit egter nie, dan stel hy sy wil as anti-wet en dan moet hy uiteindelik die krag van die opgelegde wet voel.”

[8] Judas trek weliswaar `n suur gesig toe Ek dit sê, maar sê tog: “Ja, nou begryp ek dit en ek kan daarmee saamstem. Maar as U so dikwels iets in bedekte terme sê, dan word Ek angstig en bang daarvoor en dan moet ek maar bly vra totdat ek dit begryp, veral as dit oor `n wet gaan, waar menigeen van ons onsself beslis moeilik daaraan sou kon hou, en dit geld ook vir my en ek skaam my nie daarvoor om dit toe te gee nie. Wat my egter so opval, Heer, is dat wanneer `n ander iets van U vra, U hom heel vriendelik `n duidelike antwoord gee; maar vra ek iets van U, dan word U altyd onvriendelik en ek durf dan haas niks meer sê nie, al is dit net so belangrik om vir U te vra.

[9] Neem byvoorbeeld die buitengewone vreemde lugreis van my eergister. Dit het so ongelooflik snel gegaan dat ek van die aardoppervlak niks anders gesien het as `n breë blitssnel verbyskietende strook land nie, en ek begryp nog steeds niks daarvan nie; ek sou tog so graag van U wou hoor hoe dit dan gewerk het! Want ek was miskien die verste weg, ver agter die oorkant van die meer en te voet sou ek wel vier of vyf dae tot hier geneem het.

[10] In `n Griekse dorp was ek net klaar met my toespraak, maar mense wou helaas nie so besonder graag na my luister nie, hoewel ek verskeie van hulle siekes genees het. Hulle maak my toe kwaad en ek verlaat toe die domme nes. Toe ek egter moedersielalleen die dorp so `n duisend treë agter my gelaat het - want broer Thomas wou nie saam met my na Griekeland gaan nie, -kom daar `n warrelwind my tegemoet en voor ek dit behoorlik geweet het, bevind ek myself al hoog in die lug. Toe jaag `n ongelooflike sterk windvlaag my in hierdie rigting met die snelheid wat ek al beskryf het; sodat ek tydens die vlug nie kon sien waar die aardbodem haarself bevind nie, self was dit niks meer as `n verbyskietende flits nie. As daar onderweg byvoorbeeld `n rots homself in my vliegroete bevind het, dan sou ek sekerlik in baie honderdduisende druppels uiteengespat het, sonder dat ek daaroor kon nadink! Was ek egter verbaas, o Heer, toe ek na die ongelooflike lugreis hier heel sag voor U neergesit word!

[11] Daarom sou ek graag in `n paar woorde van U wou hoor hoe dit andermaal moontlik was.”

[12] “Vriend”, sê Ek, ”jy weet tog wie Ek is, waarom vra jy dan vir My hoe dit moontlik is of waardeur dit met jou gebeur het? Is by God dan nie alle dinge moontlik nie? Kyk na die wolke! Wie dra hulle? Jy het vroeër al gehoor, hoe Ek aan almal `n verklaring gegee het oor die aard van die aarde, die maan, die son en baie ander sterre, waarvoor dit merendeel vir jou begrip eindelose groot sonne is.

[13] Wel, die groot en daarom ook loodsware hemelliggame sweef vry in die eindelose verte na alle kante en in alle rigtings uitgestrekte eter en beweeg hulleself volgens jou begrip byna fabelagtig snel!

[14] `n Vraag is dan: wie dra al die talloses in `n onveranderlike ordening deur die vrye eindelose ruimte? `n Weinige nadenke is al genoeg om te besef dat jou vraag hoogs onnosel is! En daarom is jou vraag hiermee meer as duidelik beantwoord.”

[15] Thomas kom daarby en sê: “Kom jy nou maar eers `n slag met `n egte vraag by die Heer! Ons almal wat uitgestuur was, het immers dieselfde lugreis hierheen gemaak? Ons weet egter dat Hy dit so gewil het en daarmee is die hele lugreis hierheen vir ons meer as voldoende verklaar, ook al was dit baie ongewoon! As jy vaster en waaragtiger geglo het wat en wie onse Majesteit en Heer is, dan sou so `n vraag nog nooit in die slegste en domste droom van jou opgekom het nie!”

[16] Judas sê: “Pak jy my weer? Nou, as jy plesier daarin vind, dan mag jy. Hierdie keer vererg ek my nie in die minste nie, omdat Ek self kan insien dat Ek die Heer lastig geval het met `n baie dom vraag, - en dit sal Ek in die vervolg sekerlik nooit weer doen nie.”

[17] Waarop Thomas sê: “Dan sal ons ook heel goeie vriende en broers kan wees en dan sal Ek ook nie meer op jou pik nie!”

[18] Ek sê: “Wees nou eers rustig, want Kisjonah het die maaltyd klaar en ons sal nou ons liggame versterk. Na die maaltyd sien ons dan wel wat daar nog alles te doen is. So is dit en daarby bly dit!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205