Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 9 - Verdere oproepe: Fillippus en Nathaniël volg[Johannes 1: 43-51] .

43 Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: VOLG MY.

9 Die oggend vertel Ek die twee: “My tyd in die woestyn het tot `n einde gekom. Ek sal na Galiléa gaan waar Ek vandaan kom. Sal julle saam met My gaan? Ek laat die besluit aan julle want Ek weet dat julle vrouens en kinders het wat nie maklik is om te verlaat nie. Maar niemand wat iets verlaat om My ontwil sal verloor wat hy verlaat het nie, maar sal dit veelvuldig terug ontvang.”
[2] Petrus sê: “Heer, vir U sal ek my lewe gee, om nie eers te praat van my vrou en kind nie. —Hulle sal oorleef sonder my, want ek is `n bedelaar en kan hulle nie voorsien met baie brood nie. Ons vangste bring kwalik genoeg om een persoon te voed, wat nog te sê die hele familie. My broer Andreás kan dit bevestig. Alhoewel ons gebore is te Betabára, moes ons vir kos soek aan hierdie verlate oewers van die Jordaan, wat betreklik ryk is in vis, waar ons ook gedoop is deur Johannes. Ons vader JôHas is nog sterk en so is ons vrouens en ons susters. Met seën van bo sal hulle regkom.”—Ek het beide geprys en ons het in die pad geval.

44 En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.

[3] Op die pad, wat vir `n wyle nog steeds die oewers van die Jordaan gevolg het, ontmoet ons vir Filippus, wat ook in Betsaida gebore is, en was nou douvoordag besig om vir ontbyt sy vis te vang in die stroom van die Jordaan. Petrus vestig My aandag op hom en sê: “O Heer! Hierdie man ly baie en is baie arm, maar is nog steeds `n baie eerlike en opregte man, vol van ware vroomheid in sy hart. Sal U dit oorweeg dat hy saam met ons kan kom?”
[4] Op hierdie liefderyke voorstel deur Petrus sê Ek slegs, “Filippus, volg My!” Sonder aarseling gooi hy sy nette neer en volg hy My, en vra nie eers waarheen nie. Eers op die pad vertel Petrus hom, “die Een wie ons volg, is die Messias!” Maar Filippus sê, “My hart het my dit alreeds vertel die oomblik toe Hy my so liefdevol geroep het.”
[5] Filippus was egter ongetroud en het met die arm vissermanne gewoon as `n leraar, want hy het `n redelike goeie kennis van die Skrifte gehad. Hy was persoonlik bekend met Josef van Nasaret en het My dus ook geken, asook baie dinge wat tydens My geboorte plaasgevind het sowel as gedurende My vroeë jare. Hy was ook een van die wat in die geheim gehoop het vir die Messias in My persoon, maar aangesien Ek, vanaf My twaalfde jaar geen wonderwerke gedoen het nie en geleef en gewerk het soos enige gewone persoon, het ook die eerste ongelooflike omstandighede van My geboorte verlore geraak by die mense. Selfs die wat baie opgewonde was, het gesê dat My geboorte so onvergeetlik was danksy die vreemde toeval van verskillende omstandighede en verskynsels waarmee My geboorte sekerlik nie op enige manier verbind was nie. Buitendien, die hoogs talentvolle natuur van My vroeëre jare het so volkome verdwyn dat in die jare van My manlikheid kon geen spoor daarvan gevind word nie. —Maar Filippus en `n paar ander het in die geheim aangehou hoop met betrekking tot My, want hulle het geweet van die profesie van Simon en Anna tydens My besnydenis in die tempel en het baie daaroor gedink.

45 Filippus het Nathaniël gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die Profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.

[6] Wanneer Filippus, wat My gevolg het, vir Nataniël ontmoet, vir wie hy uitgekyk het op die pad, waar hy onder `n vyeboom gesit en sy visgerei heelgemaak het, sê hy met ywer vir hom, “Broer, ek het bly uitkyk vir jou tydens hierdie betreklike lang pad en nou juig ek met my hele hart omdat jy gevind is, want kyk, ons het die Een gevind van wie Moses in die wet en ook die Profete geskrywe het. Dit is toe al die tyd Jesus, die Seun van Josef van Násaret.”
46 En Nathaniël sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
[7] Nathaniël sê vervolgens met `n tikkie afkeer: “Elkeen ken die ellendige hool Násaret! - Kan enigiets goed kom van hierdie hool? - En (in `n manier taamlik vanselfsprekend) allermins die Messias.” Maar Filippus sê: “Ek neem kennis dat jy altyd in hierdie verband my teenstander was, alhoewel ek my argumente `n honderd keer aan jou gestel het. Maar kom nou en oortuig jouself en jy sal erken dat ek heeltemal korrek was.”
[8] Nathaniël staan nadenkend op en sê: “Broer, dit sal `n wonder van wonders wees, want die gepeupel van Násaret is sekerlik die ergste in die wêreld. Met `n stuk Romeinse blik kan jy `n Násarener maak in net wat jy wens. In hierdie plek was daar geen geloof vir `n lang tyd nie, nie in Moses of in die profete se tyd nie. In kort, jy kan `n Násarener maak waarin jy wil, en die woord: ‘Hierdie een of daardie een is selfs slegter as `n Násarener’ het alreeds `n ou gesegde geword. En jy sê dat die Násarener wat jy aan my wil voorstel kom van daar af? - Nou ja, niks is onmoontlik vir God nie. Ons sal sien.”

47 Daarop sien Jesus Nathaniël na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik `n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

[9] Met hierdie woorde volg Nathaniël vir Filippus na Jesus toe wie intussen gaan sit het om `n klein bietjie te rus sowat `n honderd treë verder. Toe beide manne naby aan Jesus is, sê Hy hardop: “Kyk, `n ware Israeliet, daar is niks bedrog in hom nie.”

48 Nathaniël sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die Vyeboom was, het Ek jou gesien.

[10] Nathaniël is verbaas oor hierdie so baie waar stelling wat hardop uit My mond kom en vra dadelik: “Hoe ken jy my sodat dit vir jou moontlik is om so iets oor my te sê? Net God en ek myself kan my mees innerlike natuur ken, en ek was nooit `n grootprater nog minder het ek gespog oor my deugde nie. Hoe dan kan jy weet wat ek is?” - Maar Ek kyk hom aan en sê: “Ek het jou onder die vyeboom gesien voordat Filippus met jou gepraat het.”

49 Nathaniël antwoord en sê vir Hom: My Heer, U is die Seun van die God, U is die Koning van Israel!

[11] Hierdie stelling van My oor hom verbaas Nathaniël so en het sy hart in diepte geroer en hy sê: “Heer! Nieteenstaande die feit dat U `n Násarener is, is U waarlik die Seun van God! Ja, U is sonder twyfel die langverwagte koning van Israel wie Sy mense sal vrymaak van die kloue van die vyand. O Násaret, o Násaret, hoe klein was jy en hoe groot is jy besig om te word! Die laaste sal verhoog word om die eerste te word. O Heer, hoe gou het u my geloof geskenk! Hoe het dit gebeur dat alle twyfel my verlaat het en ek nou volkome glo dat U die beloofde Messias is?”

50 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die Vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

[12] Ek antwoord Nathaniël se vraag eers met die woorde soos in vers 50 gestel, om daardeur vir Nathaniël daarop te wys dat hy nou, om doodseker te wees, kan glo dat Ek die beloofde Messias is, maar was verplig om te glo deurdat hy in My die alwetendheid wat slegs deur God besit kan word, ontdek het. Ek voeg ook daarby dat hy in die toekoms groter dinge sal sien, waarmee Ek begeer het om te sê: “Nou glo jy danksy `n wonderwerk, in die toekoms sal jy vrylik glo.

51 En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die Hemele geopen sien en die Engele van God opklim en neerdaal na die Seun van die Adam.

[13] En in Waarheid, in die hele Waarheid sê Ek vir jou: ”Van nou af sal jy die Hemele geopen sien en God se Engele opklim en neerdaal na die Seun van Adam, wat dieselfde is as: In die toekoms, wanneer julle deur My die wedergeboorte van julle gees verkry, sal die deure van die lewe oopgaan. Dan sal julle, engele julleself, daardie mense sien wat deur My Engele gemaak is in die wedergeboorte, en daarby ook “kinders van God” wat opvaar van die dood na die Ewige Lewe. Aan die ander hand sal julle ook baie oorspronklike engelegeeste sien afdaal van die hemele na My toe, die Heer van alle lewe, daar om die voorbeeld te volg van die Seun van Adam, volgens Johannes se voorbeeld en getuienis.
[14] So, dit is nou die korrekte interpretasie van die eerste hoofstuk, maar laat niemand dink dat dit `n volledige interpretasie is nie. O nee, nie in die minste nie, maar hierdie geskenkboek is `n praktiese aanwyser waarmee elkeen wat die goeie wil het, gelei kan word na die verskillende dieptes van goddelike Wysheid, om hom in staat te stel om baie van die lewe se ware betekenis te herken in elke enkele vers. Buitendien, soos alreeds gesê, hierdie geskenkboek is `n ware rigtinggewende wegwyser waarby alles ge-evalueer en gerig kan word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205