|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 116
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
By Betábara:
Genesing van die jiglyer
116 Tydens die gesprekke van die fariseërs en skrifgeleerdes met die leerlinge bring `n stuk of agt `n man wat aan jig ly op `n bed, om hom deur My te laat help! Die huis was egter dermate omring deur mense, dat dit vir die agt manne nie moontlik was om die sieke in die huis na My te bring nie. Hulle vrees egter dat Ek, omdat die huis aan die meer lê, deur `n klein deur wat by die meer uitkom, skielik die meer op sou gaan en êrens heen sou vaar. Een van hulle gaan na die eienaar van die huis wat hy ken, en sê: “Vriend, my broers en ek het die broer van ons moeder, wat deur aanhoudende jigaanvalle al agt volle jare nie meer die bed kon verlaat nie, met bed en al hierheen gebring om hom op hierdie manier persoonlik by die beroemde Wonderverlosser te kry wat Hom in jou huis bevind, sodat Hy hom moontlik kan genees. Dit is egter deur die enorme volksoploop totaal onmoontlik om hom in die huis tot by Jesus te bring. Vriend, kan jy ons raad gee, wat ons nou moet doen?”
[2] Die eienaar sê: “Dit sal werklik lastig gaan; want die kamer waarin Jesus homself bevind, is stampvol mense! Daar is meer as honderd leerlinge, met daarby `n groot groep fariseërs, priesters en skrifgeleerdes uit al die plekke en omstreke, en hulle pleeg daar oorleg. Maar ek sal vanweë ons ou en goeie vriendskap by hierdie buitengewone geleentheid tog iets vir julle doen.
[3] Luister, my huis is net soos die meeste vissershuise gedek met riet. Plaas buite twee lere teenaan die dak en skuiwe vinnig soveel riet weg dat julle die sieke met bed en al deur hierdie opening kan skuif! As hy dan op die solder beland het, bind julle sterk toue aan die vier hoeke van die bed; daar lê genoeg tou op solder. Ek maak vervolgens die valluik oop in die middel van die solder en ons laat die sieke aan die toue met bed en al na benede in die kamer sak, en dan kan hy self aan Jesus vra of Hy hom gesond wil maak. Diegene wat onder die opening in die kamer staan, sal wel ruimte maak as hulle tenminste die siekbed nie op hulle hoofde wil laat rus nie!”
[4] Dit vind hierdie een van die agt broers `n goeie idee en dit word direk uitgevoer, terwyl die publiek geamuseerd en verwonderd toekyk; en die hele onderneming verloop goed en sonder enige steuring. Maar `n regte domme, ultramontane tempelpriester en letterkneg van die woorde van die wet, maak die gewetensbeswaar teenoor diegene wat die dak oopgelê het dat hulle nie moet vergeet dat dit nou middel van die sabbat was nie!
[5] Die agt broers sê: “Sê, waaroor praat jy hier, ou tempelos? Hou jou tandelose mond toe en kruip na Jerusalem na Salomo se osse, esels-, kalwer- en skaapstal en blêr daar tesame met hierdie gebruiklike vulling van die godshuis julle klaagliedere van Jeremia! Ons het julle teenswoordige, dieragtige godsdiens al lankal afgesweer en weet dat God meer welgevalle het aan goeie werke as aan die gebrul van julle osse en esels!”
[6] Hierdie kragtige taal van die een van die agt teenoor die man van die tempel bring die strenge sabbathouer des te sneller en sekerder tot swye toe dié luide weerwoord `n dawerende byval vind by die hele groot volksmenigte. Want die meeste Galileërs gee al lank niks meer om wat daar in die tempel gedoen word nie.
[7] Die nog jonge man had egter ook in weinig woorde die volle waarheid op `n ietwat oordrewe grappige manier uit die doeke gehaal en daarom kry hy nòg meer byval. Want mense bring by groot feeste `n massa vee, esels en skape in die tempel in, slegs maar omdat hierdie diere die hardste blêr en bulk en hulle gee hulle dan aanvanklik ook nog `n paar dae lank geen voer nie, sodat hulle dan tydens die offers in die tempel so `n ontsettende lawaai sou maak dat die mense daardeur sou sidder en bewe.
[8] Werklik, die erediens in die tempel was, spesifiek op die groot feesdae, so iets afgryslik dom en dieragtig, dat `n mens iets soortgelyks nêrens anders op die hele aarde sou vind nie, ook nie by die onbeskaafste volkere nie; en sodoende had die jong man `n heel waar weerwoord aan die man uit die tempel gegee en daardie antwoord was ook baie na My sin, omdat dit aan My heel goed bekend was dat dit gebeur en hoe dit gebeur.
[9] Spoedig na hierdie voorval word die valluik van die kamer - of liewer gesê die solder - geopen `n belangrike fariseër roep vraend na bo: “Wat is aan die gang daar bo, wat gebeur daar?”
[10] Dan sê die byderhandse spreker van bo af: “Gebruik maar `n bietjie geduld, u sal binnekort sien! Kyk, dit is vandag sabbat en op hierdie dag kom meestal, soos wat u dit in die sinagoge leer, die verlossing van bo af. Die keer is die verlossing van die mense benede en daarom kom iemand wat nog geen verlossing het van bo af na benede om sy verlossing te soek. Daar gebeur hier dus iets wat strydig is met die sabbat, want dit is tog wel dieselfde of op die sabbat die verlossing van bo na benede kom, of dat iemand die verlossing hier benede soek, omdat dit al vóór hom uit die hemele na benede kom na die blinde mense wat dit nie kan sien nie ook al druk hulle hul neuse daarteen.”
[11] Hierdie woorde veroorsaak weer groot byval by die leerlinge, maar ergernis daarenteen by die fariseërs, priesters en skrifgeleerdes; maar die leerlinge roep luid: “Gaan voort, na benede met die ongelukkige van bo af, wat nou hier benede die verlossing soek!” En dadelik word die sieke na benede gelaat.
[12] Toe hierdie een nou op die bed voor My lê, smeek hy My met trane of Ek hom sal help. Ek sê aan die sieke, omdat Ek sien dat hy en diegene wat hom op hierdie manier na My toe gebring het, `n egte en ware geloof het: “Wees getroos, My seun, jou sondes is jou vergewe!” Dit sê Ek egter slegs maar om eerstens, die skrifgeleerdes wat My reeds goedgesind was, op die proef te stel, want hulle het My vriende geword deur die opwekking van die dogter van Jaïrus, wat hulle owerste was.
[13] Toe Ek egter aan die sieke sê: “Jou sondes is jou vergewe!” (Matthéüs 9:2), wek dit by `n paar felle skrifgeleerdes dadelik ergernis op en hulle sê in hulle hart: “Wat is dit nou, wat hoor ons? Is hy wel `n egte Verlosser? Hy laster God!” (Matthéüs 9:3) Want hulle beskou My slegs maar as `n besondere arts; maar dat daar in My `n goddelike krag sou woon was vir hulle godslasterlik. Want Krag van God bevind Homself slegs maar in die priesters, leviete, fariseërs en skrifgeleerdes en dan nog slegs maar in die tempel in Jerusalem!
[14] Toe Ek natuurlik maar al te gou hulle mees geheime gedagtes opmerk, rig Ek dadelik hierdie woord tot hulle en sê: “Waarom dink u sulke slegte dinge in u hart?! (Matthéüs 9:4) Wat is nou makliker as om te sê, “Jou sondes is jou vergewe! (wat u tog altyd sê en spesiaal aan die mense wat met kosbare offers by u kom, terwyl dit `n feit is dat niemand daardeur gehelp word nie) of 'Staan op en loop!’, waarna dit dadelik gebeur!” (Matthéüs. 9:5)
[15] `n Skrifgeleerde antwoord daarop. “Dit lyk my dat u hierdie man, deur die vergewing van sy sondes, ook verder nie veel sal kan help nie! Want as die jig iemand eenmaal so toegetakel het, dan help slegs die dood nog maar!”
[16] Ek sê: “Dink u so daaroor? U matig u aan dat u slegs die sonde-vergewende krag van God sou besit en u sê daarby dat hy slegs maar deur die dood genees kan word. Ek sê u egter: sodat u kan sien en weet dat die Seun van die Adam op aarde ook mag het om die sondes te vergewe, sê Ek nou in u teenwoordigheid, sodat dit ook daadwerklik gebeur, aan hierdie sieke: staan op, neem jou bed en gaan volledig gesond en getroos huis toe!” (Matthéüs. 9:6)
[17] Na hierdie woorde strek die sieke, opeens heeltemal gesond, sy voorheen aller-ellendige verdraaide en ten dele reeds verdroogde ledemate uit en op dieselfde oomblik kom ook al die vlees weer terug. Hy bedank My snikkend van oorgrote vreugde, staan ook dadelik van sy bed af op en was dadelik weer so sterk en kragtig dat hy dadelik die toue van die bed losmaak, vervolgens die bed onder sy linkerarm neem, homself met die taamlik sware en omvangryke bed met gemak deur die groot gedrang `n weg baan en dit self tot in Kapernaum by sy huis dra! (Matthéüs. 9: 7)
[18] Die hele menigte wat hier aanwesig was en hierdie daad gesien het, begin God luid te loof en te prys, dat Hy aan `n Mens hierdie mag gegee het wat slegs God Self maar kan hê en waardeur vir Hom al die dinge moontlik is! (Matthéüs. 9: 8)
[19] In hierdie daad vind die aanwesige fariseërs en skrifgeleerdes `n sodanige bevestiging dat hulle hul slegte gedagtes laat vaar en sê: “Dit is werklik allesoortreffend! Hoe u dit doen, kan werklik slegs God maar weet en niemand anders op die hele aarde nie!”
|
|
|
|
|