|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 189
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Agab vertel van `n rapport wat na Jerusalem gestuur is waarin Jesus skandelik belaster word
189 Nadat hy van die terrein af is, kom Baram byna uitgeput terug en sê: “Heer vergeef my dit! Wat ek nou gedoen het, het ek egter nie vir my plesier gedoen nie; maar dit was nie meer uit te hou met daardie slegte, verbasterde soort nie! Jy kan jou die duiwel egter nie erger voorstel as die kêrels wat daarvan oortuig was dat die hele aarde volkome hulle eiendom is nie. Normaalweg sou ek nie so opgewonde daaroor geraak het nie, maar toe die kêrels U, o Majesteit en Heer, gewoonweg begin aanval, kon ek my geregverdigde woede nie meer onderdruk nie en moes ek wel van my eiendomsregte gebruik maak! Moet Uself egter nie daaroor bekommer nie, want as die kêrels `n klag sou indien, dan sal ek dit wel beveg en ek sal U wyslik en verstandiglik verontskuldig!”
[2] Agab sê: “Vriend, jy kan in elk geval daarmee rekening hou; want die ou booswigte sal nou niks meer dringend te doen hê as om die hele voorval so ongunstig en swart as moontlik aan Jerusalem deur te gee nie. In die eerste plek is dit vir hulle die baie ongunstige werke van die goddelike Heer, dan die feit dat baie in Jesaïra van die Judese geloof afgeval het, vervolgens my gedrag en ten slotte sal hulle Herodes laat weet dat hy hier al sy onderdane verloor het, omdat hulle vir hulleself die Romeinse burgerregte gekoop het! Dit sal in Jerusalem op één slag al die bose geeste wek en dit sou hier baie nare voorvalle kon veroorsaak! Wees dus daarop voorbereid en sorg vooraf vir hulp van die keiser, anders sal die slegte geeste u baie onaangenaamheid besorg.”
[3] Ek sê: “Wees jy nie besorg nie, Agab; Ek staan daarvoor in dat daar met die huis van Baram niks sal gebeur nie, maar dat die ou onmense sal doen wat jy gesê het, is waar, maar nóg Baram, nóg jy hoef daarvoor bang te wees. Maar nou gaan ons aan tafel, waar Ek ook na Maria en na die seuns van Josef wil luister!”
[4] Verbaas oor die naam Josef, vra Baram: “Wat sê U van my meester uit Násaret, waaraan ek soveel te danke het? Hy was nog `n jong man en al meester in sy vak, toe ek by hom `n vakman was. Hy het my geduldig en liefdevol al die kunsies van die vak geleer, en hoe gou het hy my nie die beste werk gegee nie en my kosteloos met raad en daad bygestaan nie; - dit sal ek werklik in ewigheid nooit vergeet nie!”
[5] Ek sê: “Wel, Maria is sy tweede vrou, aan hom deur die tempel as vrou gegee; maar beide die manne wat by haar is, is seuns van Josef se eerste vrou en hulle sit nou die handewerk voort. Maar Ek is liggaamlik die seun van Maria en My Naam is Jesus!”
[6] Baram antwoord: “O hoe gelukkig is ek nie dat hierdie eer en barmhartigheid aan my huis bewys word nie! Laat ons nou gou aan tafel gaan, sodat die glorieryke moeder met beide seuns van Josef nie te lank op ons hoef te wag nie!” Dan gaan ons haastig na die eetkamer, waar ook Maria met beide die seuns van Josef op ons wag.
[7] Toe Maria My sien, begin sy van vreugde te huil, want sy het My nou al twee maande lank nie gesien nie, ook beide die broers wat My baie liefgehad het. Nadat ons mekaar wedersyds baie hartlik gegroet het, gaan ons almal aan tafel, spreek die dankgebed uit en gebruik dan die goeie en feestelike maaltyd, waaraan Kisjonah, wat My met vrou en dogters tot op hede nie verlaat het nie, ook baie opgewek deelneem en baie bespreek met Maria en die twee broers.
[8] Toe ons na die maaltyd aan tafel sit en vanweë die groot hitte wyn verdun met water gedrink het, vra Agab of hy mag praat. Hy moes ons iets belangriks meedeel wat veral saamhang met My persoonlike veiligheid, omdat hy nou pas in die loop van die gesprek te wete gekom het dat Ek die by die volk beroemde en by die fariseërs seer berugte Jesus van Násaret was, wat in die hele land `n buitengewone reputasie gehad het. Ek sê aan hom: “Vertel wat jy weet!”
[9] Agab vertel: “Majesteit en Heer! U het die dogter van ons owerste Jaïrus opgewek uit die dood - dit is bekend in die hele streek, - en ook die dogter van `n owerste uit die Romeinse leër. Wie sou dan nie in die minste daaraan getwyfel het nie, sodat selfs `n afskuwelike wrede tiran ewig dankbaar sou wees vir so `n wonderdaad en die wonderdoener `n plek reg langs homself op die troon sou gee, net soos die farao eens met Josef gedoen het, nadat hy aan hom die droom uitgelê het.
[10] Maar wat doen die tempelgebroedsel, die egte duiwelsknegte? Hulle stuur `n rapport wat ek jammer genoeg ook moes onderteken, hoewel ek tot op hede nóg van Jesus, nóg van Sy leer gehoor het nie, en nóg minder van Sy dade iets gesien het. Volgens die afskuwelike rapport is daar nou allerhande gehuurde spioene en sluipmoordenaars deur die tempel en ook deur Herodes en die Romeinse landvoogde aangestel om U uit die weg te ruim!
[11] In die rapport wat na Jerusalem gebring is, word daar oor U as volksbedrieër, verleier en opruier op so `n manier kwaad gespreek as wat tot op hede, so ver ek weet, nog met geen mens gebeur het nie. Die dogter van Jaïrus sou nie heeltemal dood gewees het nie toe die mense U roep om haar te genees of uit die dood op te wek nie, maar sy sou heeltemal niks makeer het nie en sou, om U te beproef, net maar die dood nagemaak het! Toe U kom en “Talitha kumi” aan haar sê, word dit vir die owerste heeltemal duidelik dat U `n bedrieër was en geen verstand van die ware geneeskunde gehad het nie; want as U as geneser `n mens en sy kwale kon beoordeel, dan sou U met die eerste oogopslag al gesien het dat die meisie nie dood was nie, maar daarby ook nog kerngesond was!
[12] Weliswaar is die Romeinse owerste, ek glo dat hy Cornelius heet, wie se kneg of dogter U ook opgewek het uit die dood, nie daarmee eens nie; maar wat kan hy alleen teen so `n massa valse getuienisse doen!
[13] Beste, dierbaarste vriend, Majesteit en Heer! Ek sou U nog veel kon vertel; maar ek sien dat dit wat ek U volgens die waarheid vertel het, U bedroef gemaak het. Omdat die laster oor U te duiwels gemeen is, swyg ek maar oor al die ander; dit is voldoende dat ek U van die belangrikste op hoogte gebring het. Die beste van die hele saak is nog dat die satan dom is en deur iemand wat werklik wys en verstandig is, gemaklik geskaakmat kan word, wat in U geval des te makliker sal gaan omdat U buitengewoon wys is! Laat ons dan maar nie meer daaroor praat nie!
[14] Vir U is ek weliswaar maar `n baie eenvoudig mens; maar die slegte booswigte draai ek almal baie maklik om elke vinger! En ek vind dit sekerlik geen sonde om die satan so hard as wat maar moontlik is teen die muur te laat loop nie. Want dit dwing hom om homself weer vir `n tydjie baie beskeie van die gevegsterrein terug te trek; en so win die wyse en verstandige mens weer tyd om sy gees met edeler sake besig te hou in stede daarvan om steeds maar met die satan rusie te maak.”
|
|
|
|
|