|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 51
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die "Evangelie van Sigar"
51 Die owerpriester sê: “Heer, sal ons dan nou weer begin met die ete? Het ons onsself nie al met spys en drank verkwik tydens die aandete nie, waar ons tydens ete menige sake bespreek het nie? Ek is ten volle versadig en kan nie meer eet of drink nie.”
[2] Ek sê: “Jy het reg geantwoord, want jy is vol spys en kosbare wyn vanuit die hemele. Hier is egter nog vele wat hulleself van eet en drink weerhou, want hulle gee nog geen ag op My Naam of op My Woord nie, en het `n vrees vir heksery. Noudat hulle egter Ons gesprek gehoor het en die helder Waarheid begryp het, het hul dwase vrees verdwyn en honger en dors het in die plek daarvan ingetree. Noudat hulle wil eet en drink, weerhou hulle hulleself weens louter eerbied. Meen jy dat `n mens hulle net so moet laat gaan? O, dis verregaande! Hulle moet nou na hartelus eet en drink, want hierna sal hulle nie weer uit hierdie kombuis eet en drink nie, maar wel in My Ryk in die hemele!”
[3] Na hierdie regstelling het Ek weer die menigte beveel dat hulle moet eet en drink en sê aan die Jeugdiges: “Moenie dat hulle aan enigiets tekort skiet nie!” Die Jeugdiges het van voor af `n groot hoeveelheid brood, wyn en allerlei kosbare vrugte gebring.
[4] Daar was egter bedenkinge of hulle die vrugte, wat hulle nie geken het nie, sou eet. Toe praat die Jeugdiges: “Liewe broers, eet hierdie vrugte gerus sonder vrees, want hulle is suiwer en uiters smaaklik. Op hierdie aarde is daar wel sekere vrugte, sekere grasse en sekere diere, waaraan besoedelde geeste arbei, omdat dit in die orde van God so geskrywe staan, want ook die duiwels moet God dien, of hulle dit vrywillig wil, of nie. Net soos `n slaaf in kettings sy meester moet dien, so ook moet die duiwels dit doen. Die seëninge rus egter nie tydens die arbeid nie!
[5] So is dit egter op die aarde dat mense, diere en duiwels dikwels onder een dak woon en volgens hulle aard bedrywig bly en gewoonlik allerlei dade, werke en vrugte van slegte en besoedelde tipes en soorte, wat deur die mense, wat hulleself van al die moontlike besoedeling wil beskerm, nie bedien behoort te word nie. JaHWeH het deur Sy kneg Moses, al die dinge laat voorskryf wat suiwer en goed is, en het die gebruik van besoedelde dinge, waaraan ook bose geeste arbei, afgeraai -–Dit is `n wonderlike insetting. Alles wat vir julle hier aangebied word om te nuttig, is absoluut suiwer, want dit is wonderbaarlik vir julle uit die Hemele hierheen gebring, en daarom kan julle dit sonder terughouding geniet. Wat die Vader van die hemele gee, is absoluut suiwer en goed en voed die liggaam en die siel vir ewig.”
[Levítikus 11: 4-23 Deuteronómium 14: 5-21]
[6] Hierdie onderrig van die wyse Jeugdiges het alle gemoedere verbly en almal het God geloof oor die vriendelike Wysheid van die Jeugdiges. Hierdie leerstellings is ook agterna aangeteken en onderhou en bewaar in hierdie stad vir vele jare!
[7] Later egter, het baie vyande hierdie stad geplunder en baie dinge het verlore gegaan – en so ook hierdie leerstellings, waarvan Paulus op `n mistieke wyse in sy briewe melding maak, en ook van ‘allerlei geeste’ spreek.
[8] Die groot geselskap was vol van hierdie dinge en het onder mekaar My, My leringe en die maaltyd uit die hemele bespreek. Die Jeugdiges het ook met die gaste allerlei sake bespreek.
[9] Nathaniël egter, het opgestaan en die gaste toegespreek en gesê: “Liewe vriende en broers, `n paar maande gelede, toe ek nog `n visserman in die omgewing van Betábara, naby die Jordaanrivier was, het `n beskeie Man, nie ver van waar die rivier in die see inloop nie, na Johannes
[Die Wasser] gekom en Hom deur Johannes laat doop. Johannes het dadelik van Hom begin getuig, sonder dat hy Hom voorheen op die aarde gesien het, en gesê: ‘Kyk dit is die Lam van die God, wat die sondes van die wêreld wegneem.’ Verder het Johannes getuig en gesê: ‘Dit is van Hom wat ek gesê het: Hy wat voor my was en na my gekom het, Wie se skoenrieme ek nie werd is om los te maak nie.’
[10] Ek het so `n getuienis van die prediker in die woestyn gehoor, en was diep getref, en het my vrou en kinders tuis daarvan vertel. Hulle was verwonderd dat die streng prediker sulke getuienis van `n mens sou gee.
[11] Dit was moeilik om met die prediker te praat en wanneer hy gepraat het, was sy woorde grof en het geen persoon, of fariseër, priester of Leviet oorgesien nie. Almal moes lewend of dood onder die skerp swaard van sy tong deurloop.
[12] Toe Hy, wat die Heer onder ons is, egter kom, het Johannes soos `n lam onder die lammers geword en het sagkens begin praat, soos `n lewerik haar lenteliedjie sing. Kortliks, my familie het my skaars geglo toe ek hulle dit vertel het, want hulle het Johannes se manier van praat al te goed geken.
[13] Na twee dae egter, vroeg in die oggend, het ek met my dagtaak begin, deur onder `n boom te sit en om my visserman gereedskap te herstel. Daar kom toe dieselfde Man van wie Johannes die wonderlike getuienis gegee het, in die geselskap van verskeie volgelinge, na my toe. Hy het my op my naam genoem en my beveel om Hom te volg. Terwyl ek nog verwonderd was oor hoe Hy my kon geken het, aangesien ek Hom nog nooit voorheen gesien het nie, sê Hy: ‘Moet jou nie te veel hieroor verwonder nie, jy sal nog groter dinge sien. Van nou af sal jy die hemele geopen sien en die Engele op en af sien klim na die Seun van die Adam’.
[14] Sien, wat die Heer voorheen aan my gesê het, het nou in die glorierykste vervulling gegaan. Die hele hemele staan oop en die Engele klim af om Hom en ons almal te dien. Watter verdere bewyse het ons nodig dat Hy alleen die Een is Wie sou kom, sedert die dae van Adam tot op hede en wat aan alle kinders van Israel bekend gemaak is. Ek sien Hom egter nog vir meer aan as die Messias alleen – HY IS!”
[15] Hier het Ek hom egter in die rede geval en gesê: “My liewe vriend en broer, vir eers tot sover en nie verder nie. Eers wanneer hierdie Vlees deur die Judeërs verhoog is, kan jy alles wat jy oor My weet, sê sonder om iets terug te hou, maar nie voor die tyd nie, want die volk is nog nie gereed daarvoor nie.”
[16] Nathaniël het dit so aanvaar, maar het nog nie duidelikheid gehad oor wat Ek met die verhoging van My Vlees bedoel het nie. Vele was onder die indruk dat Ek daarmee bedoel het dat Ek in Jerusalem die troon van Dawid sou bestyg. Die owerpriester het egter wel verstaan wat Ek met die verhoging van My Vlees bedoel het, maar het geswyg en het treurig geword. Ek het hom egter getroos en hom herinner aan die gesprek wat Ek vroeër met hom in dié opsig gehad het. Hy het hom daarna verheug en My in sy hart geloof.
[17] Dit was met hierdie geleentheid en met die môre van die volgende dag opsigtelik dat niemand enige tekens van moegheid of vaakheid getoon het nie, want almal was so versterk soos wat hulle nie eers voorheen na `n goeie slaap was nie. Almal het by My gepleit om die volle dag by My deur te bring en Ek het aan hulle hierdie vroom wens toegestaan.
Heer, Ek, arme sondaar dank U vir hierdie eerste dag in Sigar, `n stad wat soos my innerlike daar uitsien. J Lorber.
|
|
|
|
|