Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die noodsaak van `n gistingsproses in die gemoed. Die seën van sorge en siekte. Gelykenis van die gemeste os

219 Na die aandete sê Agab: “Heer, vanselfsprekend is dit vir my al vanaf Jesaïra baie duidelik wie U is, en vir my en mense soos ek was sulke geweldige tekens nie nodig gewees om ons daarvan voldoende te oortuig dat U JaHWeH Self is, wat werksaam is deur middel van `n as’t ware van die aarde geleende menseliggaam. Maar ek vra my af of die vyf fariseërs uit Bethlehem, wat origens egte manne van eer skyn te wees, daar regtig niks van kan merk wie die Een sou wees wat hulle siekes so wonderbaarlik genees het. As hulle ook maar enige idee het, dan moet dit vir hulle tog baie voor die hand lê dat `n gewone mens in der ewigheid nie tot so iets in staat is nie. Ek dink dat hulle eers bietjie aan die tand gevoel moet word, dan sal wel gou blyk wat hulle in hulle hart oor U dink.”

[2] Ek sê: “Vriend, Ek weet presies wat hulle van My dink - Ek hoop nie dat jy daaraan twyfel nie - en daarom vind Ek dit gladnie nodig dat ons hulle in hulle persoonlike bespiegelinge steur nie. Bowendien kom daar môre nog `n dag waarop nog menige saak uitstekend gereël kan word. Laat hulle vannag maar goed deurgis! Want netsoos vir die nuwe mos die gisting nodig is sodat uit die mos `n geesryke wyn ontstaan, so het ook elke mens `n soortgelyke gisting in sy gemoed hoogs nodig as hy wil oorgaan in die volle en ware geestelike.

[3] Kyk, as `n mens alles het wat hy nodig het, dan voel hy homself baie behaaglik; hy het oor niks enige sorge nie, hy doen niks, geniet dit só en vra homself nie af of daar `n god is, of daar `n lewe is na die dood van sy liggaam, of die mens meer as `n dier is en of die dier meer as `n mens is. Berge en dale maak geen verskil vir hom nie, winter en somer doen aan hom niks nie; want in die somer het hy skadu en verkoelde baddens en in die winter het hy `n goeie verwarming en warm klere.

[4] So skeel dit hom ook niks of dit `n goeie jaar was of nie; want ten eerste het hy vir tien jaar alles in voorraad en ten tweede het hy geld genoeg om dit wat hy tekort sou kom, aan te skaf.

[5] Nou, so `n mens leef dan net so rustig voort as `n gemeste os in die stal en dink ook nie veel meer dan `n os nie, en is derhalwe ook niks meer as `n genietende dier in menslike gedaante nie.

[6] As jy by so iemand sou kom om hom die evangelie van die Koninkryk van God te predik, dan doen hy met jou presies dieselfde wat die os in die stal doen met `n steekvlieg wat hom pla in sy onbesorgde vretery: die os slaan met sy stert na die “gas” wat hom pla en die vlieg moet vinnig daar padgee om nie platgeslaan of op die minste halfdood geslaan te word nie.

[7] En so iemand, wat slegs aan eet dink en deur geen enkele sorg gekwel word nie, sal sy dienaars, wat eintlik niks anders is nie as die verjagende en afwerende stert van daardie luuksueus lewende mens, opdrag gee om jou daar uit te jaag; en jy sal sekerlik so gou moontlik maak dat jy wegkom om dan op `n behoorlike afstand daaroor na te kan dink wat die invloed van jou evangelieprediking op die vraatsugtige man was.

[8] Maar Ek het die moontlikheid om sulke osse `n baie ander preek vooraf te gee: Ek laat hulle op aarde die een ongeluk na die ander oorkom; daardeur kry hulle allerlei sorge en angste en vrese, hulle begin om na te dink, te soek en te vra hoe dit tog moontlik is dat hulle nou van alle kante beleër word, terwyl hulle tog nooit iemand enige onreg aangedoen het nie en altyd soos netjiese, fatsoenlike mense geleef het!

[9] Maar dit gebeur slegs maar vir die nodige gistingsproses.

[10] As sulke mense dan goed gegis het, het hulle behoefte aan vriende wat hulle weer tot rus sou kan bring; gaan dan na hulle toe en predik hulle die evangelie, en hulle sal na julle luister en nooit weer hulle trotse en woedend om hulleself heen slaande stert teen julle ophef nie!

[11] Wel, om hierdie rede is dit goed dat ons gaste gedurende die nag `n bepaalde gistingsproses deurmaak; daardeur sal hulle gees meer begin werk en dan sal ons dit môre gemakliker met hulle hê. Sien julle dit nou in?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205