|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 181
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die jong, beter fariseër word goed ontvang deur die mense. Die mense dreig met opstand teen die Tempel
181 Die drie Grieke sê nou: “Die raad van jou is nie so sleg bedoel nie; maar tog geval dit ons nie heeltemal nie! Hoe lank moet die gruwelike heerskappy van die volksbedrieërs nog aanhou? Hoewel ons met hulle niks meer te maak het nie, het ons genoeg daarvan gehad; hulle bespot ons voortdurend, hulle belaster ons in hulle skool en vervloek ons by elke geleentheid. Hoe lank moet ons dit nog aanvaar? Bowendien is hulle ook nog die burgerlike regters en as ons `n uitspraak van die gereg wil hê, dan moet ons altyd ten duurste betaal. Wel, dit is vir ons `n baie slegte saak en daarom gaan ons sorg dat daar môre vir altyd `n einde aan die heerskappy gemaak sal word; want al die Judeërs wat hier woon, gaan môre na ons kant toe oorkom en die fariseërs sal, omdat hulle totaal onbruikbaar vir ons geword het, daaruit gegooi word, behalwe jy, as jy by ons wil bly! - Weet jy, dit is ons plan en dit is al sover uitgevoer, dat daar feitlik onder die inwoners van hierdie plek nou geen egte Judeërs hul meer bevind nie! Wat sê jy van hierdie plan?”
[2] Die jong Rabbi sê: “As julle daarin sal slaag, dan het almal minder om oor te kla. Maar gaan voort met die versigtigheid van rawe, of jy en ek sal nie te goed vaar nie! Want niemand ken die reikafstand van hierdie ou jakkalse se pote beter as ek nie; - hul arendsoë sien deur mure en hulle ore hoor wat ure gelede gesê was. Maar laat ek nou huiswaarts keer sodat hulle my nie verdink nie, want die dag is besig om te breek en die ou jakkalse gaan netnou wakker word, en as hulle vind dat ek vermis word, dan sal dit die einde wees!”
[3] Die drie sê; “Gaan dan! Maar pasop dat jy ons nie aan die ou jakkalse verraai nie, dan is dit verby met jou!”
[4] Die jong fariseër keer huiswaarts en vind almal vas aan die slaap, insluitende die wag. Hy maak hom wakker en maak `n bohaai oor sy geslaap. Dit maak die ou jakkalse wakker en sommige gaan kyk wat aan die gang is.
[5] Maar die jong fariseër maak asof hy baie kwaad is en vertel dat hy, omdat hy nie geslaap het nie, gaan kyk het of die uitgestelde en betaalde wag sy plig gedoen het: “En nou moet u tog sien en u saam met my vererg, - hy slaap vaster as ons almal! En die belangrike dag breek aan waaroor daar nog miskien deur die verre nageslag gepraat sal word, en die geplaaste en betaalde wag slaap! Ag, dit is nou tog `n bietjie te erg! As JaHWeH ons vannag nie besonder beskerm het, sou ons almal deur die opgewonde volk vermoor gewees het!”
[6] Met hierdie woorde krimp die oudstes inmekaar en hulle besef skielik in watter gevaar hulle hulleself bevind het, en hulle prys hulle jong kollega uitermate omdat hy as `n engel van God oor hulle gewaak het.
[7] Die jong fariseër het natuurlik amper uitgebars van die lag en kon beswaarlik die begeerte weerhou om luidkeels te lag. Hy gee die wag `n ligte skop, en beveel hom om pad te gee. Hy doen dit onmiddellik aangesien dit lyk of hy die jong man begryp het.
[8] Nadat die wag weg was en dagbreek op pad, sê die jong man; “Broers, ons het nie veel tyd om te verloor nie, daarom moet ons op pad wees, sodat ons niks wat gaan gebeur sal mis nie.”
[9] Die oudstes sê; “Ja, jy is reg, ons mag niks mis nie! Maar het jy uit Kapernaum soldate aangevra ingeval van moontlike halsstarrigheid?”
[10] Die jong fariseër antwoord; “As ek vir julle instruksies moes wag, dan was dit alreeds klaarpraat met ons! Daar is na alles gekyk! Hoe gou die soldate gaan opdaag, is `n ander vraag omdat dit redelik ver is na Kapernaum, en selfs verder na iewers anders. Daarom moet ons geduldig afwag wat gaan kom: wees of nie wees nie.”
[11] Dit spreek natuurlik vanself dat die jongeling nie daaroor gepla was om `n bode na Kapernaum te stuur nie; want hy was self heimlik `n vyand van die ou fariseërs, omdat hy ook baie in die geheim `n aanhanger van die Esseners was en daarom geen groter wens gehad het as om die ou tempelhelde die genadeslag toe te dien nie.
[12] Die oudstes het egter nog geen ontbyt gehad nie en sê vir die jong fariseër: “Aai, aai, as die soldate nou maar net gou wil kom! Dit is weliswaar die beste tyd om te gaan, maar voordat die soldate kom, kan ons nog eers ontbyt geniet; want die towenaar sal tog nie met sonsopkoms alreeds met sy kunste begin nie.
[13] Die jong fariseër sê daarop: “O, verseker nie! As julle dit goedvind, sal ek gou kyk wat daar by die huis van Baram al gebeur het en dan kan julle intussen ontbyt gebruik.” (Baram is die naam van die timmerman by wie die Heer die nag deurgebring het; die plek heet Jesaïra, vandag is dit `n grasveld.)
[14] Die oudstes vra: “Vas jy vandag?” Die jong fariseër antwoord; “Nee, maar julle is bewus daarvan dat ek nooit voor sonop eet nie; daarom, los `n kleinigheid vir my oor! Daarop sê die oudstes; “Goed so, gaan egter vinnig en bring vir ons goeie nuus! – veral oor die soldate; want sonder hulle is dit gedaan met ons – soos jy reeds gesê het.”
[15] Die jong fariseër vertrek dadelik terwyl die ander agterna skree: “Moet nie die soldate vergeet nie!” Die jong fariseër roep terug: “Laat dit aan my oor!”, en sê dan vir homself: “Dan is dit klaarpraat met julle”.
|
|
|
|
|