|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 105
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
In Nasáret:
Die Heer eet aan huis van Maria. Ongeloof verhinder wonderwerke
105 Ons vaar nou regstreeks na Násaret, want Ek het My voorgeneem om Násaret nog een keer te besoek, tuis `n bietjie uit te rus en dan die geleentheid te gebruik om ook vir die baie wispelturige Násareners die lig van die Waarheid aan te steek.
[2] Die terugvaart duur egter `n bietjie langer as die heenvaart, en verskeie mense word honger. Maar Ek gee hulle krag en hulle ervaar `n wonderbare versadiging en sommiges sê: “Kan jy dit glo - die eerste asemteug verskaf brood en die tweede smaak na wyn!” So bereik ons vroeg die volgende môre die oewer. Vanaf die oewer tot by Násaret was dit nog ongeveer twintig veldlengtes*; ons gaan ongehinderd voort en bereik binne `n kort tydjie die stad Násaret. Ondertussen versorg die knegte van Petrus soos gewoonlik die skuit, en vaar dan huis toe. (*`n veldlengte is in huidige terme omtrent 120 meter)
[3] Ons het egter by die algemene kaai geland, en daar was baie mense bymekaar, sommiges wat vanweë sakeredes die see in al die rigtings moes invaar en baie kom uit die omstreke, selfs van sover as Jerusalem, na die mark in Násaret want daar was in daardie tyd juis `n groot mark in hierdie stad.
[4] Toe dit op die kaai bekend raak dat Ek met Petrus se skip daar aangekom het, gaan ook diegene wat oor die see heen sakereise wou doen, met ons mee na die stad toe terug, en sodoende gaan daar `n groot volksmenigte met ons saam na Násaret.
[5] Maar Ek en My leerlinge gaan na My huis toe, dit wil sê wat nou die huis van My moeder, Maria, is. Sy was tuis met die drie oudste seuns en vier maagde wat al vroeër, in Josef se tyd, toe Ek nog `n kind was, as kinders aangeneem en opgevoed is.
[6] Maria en al haar huisgenote spring nou aan die werk en berei `n oorvloedige ontbyt vir ons almal. Ons het dit werklik nodig gehad, in die besonder My leerlinge, omdat hulle `n hele dag en `n hele nag byna niks te ete gehad het nie. Die maaltyd is vinnig voorberei en ons sit aan en eet en drink. Na ete sê ons dankie, staan op en gaan die stad in om daar bietjie na die doen en late van die mense te kyk. Ons kan egter skaars uit die huis uit kom vanweë al die mense, wat grootliks uit nuuskieriges bestaan, deels mense met onbehoorlike spioenasie-oogmerke en dan `n baie geringe deeltjie wat weens nood en hulpbehoewendheid hulle rondom die huis ingegrawe het.
[7] Toe ons uit die huis uit kom, vra enkele fariseërs en skrifgeleerdes uit Jerusalem, of Ek hier dan geen wonderwerke en tekens gaan doen nie. Maar Ek sê ernstig en beslis aan hulle: “Nee - vanweë julle ongeloof niks nie!” Ná hierdie besliste “NEE”, begin die mense uitmekaar gaan, en `n paar mompel en fluister mekaar in die oor: “Hy durf nie, want Hy is bang vir die menere uit Jerusalem.” Andere sê: “Hy het sekerlik nie Sy toormiddels by Hom nie.” En nog ander: “Hy doen hier niks nie vanweë Sy landgenote, want Hy weet goed dat Hy by hulle nie baie hoog aangeskrewe is nie.” Met sulke, en ander gelyksoortige aanmerkings gaan hulle uiteen en binne enkele oomblikke was daar nie meer `n mens by die huis van Maria, die moeder van My liggaam nie en het ons skielik baie ruimte om na die stad te kan loop.
[8] Ons besoek daar eers `n sinagoge. Daar kan enige Judeër wat sou wou, `n spreekbeurt kry om sy eie, of sy en sy gemeente tesame, se mening te lug of klagtes te lê wat na hulle mening gegrond is jeens priesters en skrifgeleerdes wat Jerusalem hier plaaslik aanstel. Drie skrifgeleerdes sit op `n verhoog en luister.
[9] Toe ons in die sinagoge instap, sê Simon van Kana heimlik vir My: “Heer, ons kan tog ook iets hier sê? Ons sou genoeg regte klagtes hê!”
[10] Ek sê: “My vriend! Om op die regte oomblik die waarheid te praat, is reg en goed; maar om op die regte oomblik stil te bly, is nog beter! Jy kan so hard probeer as wat jy wil, maar uit yster sal jy nooit goud maak nie, en uit klei nie silwer nie. Hierdie soort wat hier sit om raad te gee en om te luister, lyk innerlik heel anders as dit wat jy aan die buitekant kan sien; uiterlik is hy `n lammetjie, maar innerlik `n verskeurende wolf!
[11] Dink jy dat hulle hier sit om te luister sodat hulle, nadat die besware aangehoor is, die gevraagde verligting vir die volk kan aanbring? O, dan misgis jy jou deeglik!
[12] Hierdie soort sit maar net hier met vriendelike gesigte na die volk en luister om uit te vind hoe die volk oor die priesters dink. Glo My gerus! Vandag word jy vriendelik aangehoor, en môre sluit hulle jou in die tronk op en tugtig jou met gesels `n volle jaar lank! Hierdie priesters sal, net soos rawe en kraaie, nooit mekaar se oë uitpik met die skerp punte van hulle bekke nie.
[13] Daarom gaan ons net hier sit en luister en oplet of, en in hoeverre en op watter manier daar van ons gepraat word. Ons wil nie opvallend wees nie, en gestel dat hulle ons wel sien, dan behoort hulle ons tog nie so vinnig te herken nie, en sodoende kan ons hier goed luister en deeglik kennis neem van wat ons hoor.” Simon van Kana stem hiermee saam, en ons gaan in `n effens donker hoekie van die sinagoge sit en luister na wat daar alles gebeur.
[14] Mense wat in hulle eie hoedanigheid daar is, sowel as dié wat afgevaardigdes van hele gemeentes is, lê klagtes wat ten hemele skrei teen priesters voor en word heel vriendelik aangehoor.
[15] Nadat die volk hulle klagtes gelê het, en die drie skrifgeleerdes en fariseërs uit Jerusalem met die hand op die hart belowe het dat hulle hulle uiterste bes sou doen, en dat die aangeklaagde priesters aan `n streng verhoor onderwerp sou word, en indien die aanklagte waar sou blyk te wees, hulle te tugtig, stel `n skrifgeleerde met sy allervriendelikste gesig aan die volk die vraag of en wat die aanwesiges van My, of te wel die berugte oproermaker, Jesus, weet. Want, sê hy, mens het tot al in Jerusalem verneem dat Hy in Galilea rondswerf en groot tekens doen wat niemand nog ooit vóór Hom gedoen het nie, en die vraag vir hom was of dit wel waar is en wat die ander mense daarvan dink.
|
|
|
|
|