Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die mens as werktuig in die hand van God

109 Petrus skud sy kop en haal sy skouers op. Daarop vra Simon van Kana: “Wat dink jy nou? As die Heer dit so vir ons voorspel het, dan gaan dit sekerlik so gebeur en ons weet tog nou hoe ons dit moet opneem en hoe ons ons daaroor moet gedra. Hoekom moet ons nou twyfelagtig die kop skud en ons skouers ophaal?”

[2] Petrus sê: “Liewe broer, my kopskud en skouerophaal beteken iets heel anders as wat jy skyn te dink!”

[3] Simon sê: “Wat dan, liewe broer?”

[4] Petrus sê: “Kyk, die woord en daad van die Heer is heilig; hoe gelukkig sou al die mense op aarde kon gewees het as hulle hierdie leer al gehad het en daarvolgens geleef het! Maar daar is soveel hindernisse - o, wanneer sal hierdie leer `n heilige gemeengoed van al die mense op aarde wees? Maar as die Heer boonop alles nog gaan toelaat dat allerhande dinge gebeur, hoe gaan hierdie leer dan binnekort daar uitsien? Waarlik, dit sal nog gebeur dat hierdie heerlike voedsel vir die siel op die duur nog honde- en varkkos word! Dis daaroor, my broer dat ek my kop skud en my skouers ophaal.”

[5] Ek sê: ” Petrus, laat dit nou daar! Jy sal doen wat aan jou opgedra word; oor die resultaat hoef jy jou nie te bekommer nie. Wat ookal nou en in die toekoms hoe ook al mag gebeur, weet alleen die Vader in die allerdiepste van Sy diepe Wysheid en Liefde, asook diegene aan wie Hy verkies om te openbaar die hoe, die wanneer en die waarom alles toegelaat word om te gebeur soos wat dit gebeur.

[6] As jy in die groot ateljee van `n kunstenaar kom en jy sien die baie verskillende soorte gereedskap, weet jy dan wel hoe die kunstenaar dit alles gebruik om `n kunswerk tot stand te bring? Daar sal jy óók jou kop skud en jou skouers ophaal, maar daarmee kom jy nie te wete nie hoe die kunstenaar al sy baie verskillende soorte gereedskap gebruik, en hoe daardeur `n bepaalde kunswerk tot stand gebring word. As die kunstenaar dit vir jou sou wou verduidelik, dan sal jy dit begryp soos wat die kunstenaar dit vir jou verduidelik het.

[7] Ek sê vir jou: God is verhewe bo al die kunstenaars, en die grootste kuns is om uit Sigself `n volkome vry, selfstandige lewe in tallose afsonderlike wesens te vorm! Daarvoor is dan ook baie verskillende soorte geestelike gereedskap nodig, en jy, netsoos Maria en al die ander mense, is vir hierdie doel eweneens verskillende werkstukke en verskillende stukke gereedskap, wat alleen die hemelse Vader in Sy groot Wysheid weet hoe om aan te wend.

[8] Wees dus verder oor niks besorg nie behalwe oor dít waartoe jy geroep is, en dan sal jy as regte instrument in die hand van die Vader die aangewese diens bewys.

[9] Of is die koringskop belangriker as diegene wat dit as skoonmaak werktuig gebruik? Is dit doeltreffend, dan word daarmee die koring, die gars en die rog uitgewan; werk dit nie goed nie, dan word dit óf reggemaak óf in die vuur gegooi! As die Vader jou gemaak het om as koringskop diens te doen, bly dan dit wat jy is en moenie probeer om ook nog `n erdepot te wees nie! Begryp jy dit?”

[10] Petrus sê: “Heer, ek verstaan dit nog nie heeltemal nie. Ek dink aanvanklik dat ek dit verstaan, maar sodra ek probeer om dit te deurgrond, dan begryp ek die geheimsinnig klinkende beelde nie. Hoe kan mens werk, en terselfdertyd `n stuk gereedskap wees, en op watter manier is ek dan nou `n koringskop?”

[11] Ek sê: “Is elke stuk gereedskap, voordat die kunstenaar dit gebruik, dan nie op sigself `n werkstuk, enig in sy soort nie? Die kunstenaar kan dit dan gebruik in die skepping van `n ander kunswerk, of om `n bepaalde werk doelmatig te verrig.

[12] Dat jy in die hand van die Vader `n koringskop is, het Ek gesê omdat jy en die ander leerlinge nou deur My onderrig word om straks die mense tot die ware kennis van God te verhef.

[13] Die mense van hierdie wêreld is soos koring, gars en rog. Die lewende graan groei egter nie sonder kaf en smerige stof nie. Sodat die graan, dit wil sê die mense van hierdie wêreld, van die kaf en die vuilheid skoongemaak kan word en daarna as volkome skoon graan in die skure van die Vader byeengebring kan word, daarom word julle tot goeie en lewende koringskoppe omvorm waarmee die hemelse Vader Sy graan sal uitwan. Begryp jy dit nou?”

[14] Petrus sê: “Ja Heer, nou is dit volkome duidelik; maar ons sou ook graag wou weet wie U nou eintlik is: want U praat altyd oor die hemelse Vader as `n tweede persoon, terwyl ons sedert Sigar U heimlik ook as Vader sien! Is U ook soms `n koringskop of `n ander instrument in die hande van die Vader?”

[15] Ek sê: “Ek IS eerstens die Een wat Ek IS; daarnaas is Ek ook die Een wat Ek nie skyn te wees nie! Ek saai en oes netsoos die Vader saai en oes, en wie My as `n koringskop dien, dien daarmee ook die Vader; want waar die Vader is, daar is ook die Seun, en waar die Seun is, daar is ook die Vader. Die Vader staan egter bokant die Seun en die Seun gaan van die Vader af uit; niemand ken egter die Vader nie behalwe die Seun alleen, en diegene aan wie die Seun dit wil openbaar - is dit vir julle duidelik?”

[16] Petrus sê: “Heer, geen engel kan dit begryp nie, laat staan nog ons! Maar as dit U wil is, kan U ons dan eendag die Vader wys?”

[17] Ek sê: “Julle is daarvoor nog nie ryp nie; maar binnekort sal julle wel ryp wees en dan sal julle almal ook die Vader sien.”

[18] Tydens hierdie laaste woorde kom Maria en haar helpsters binne en kondig aan dat die ontbyt gereed is. Dadelik word die tafels gedek en die ete ingebring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205