Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 29 - Genesing van die vrou by die put van Jakob

27 En op dié oomblik het Sy leerlinge gekom en hulle verwonder dat Hy met `n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom praat U met haar?

29 Hierdie verklaring skok die vrou, en meer nog omdat die leerlinge op daardie selfde oomblik terugkeer van die dorp met kos en hulle is verbaas om My in gesprek te sien met die vrou. Maar niemand van hulle het dit gewaag om My of die vrou te vra wat ons gedoen het of wat ons saam bespreek het nie. Die ander reisgenote, insluitend My moeder wat teenwoordig was, was egter vas aan die slaap en kon kwalik gewek word. Die lang stap het almal uitgeput. Uiteindelik het die een leerling ook van die klein dorpie teruggekeer, wie na `n houer gaan soek het om water uit die put te trek, maar nie een gevind het nie. Hy bied verskoning aan en sê: “Heer, die klein dorpie het omtrent twintig huise, maar daar was nie `n enkele mens tuis nie en al die deure was goed gesluit.”

[2] Hierop antwoord Ek: “Moenie daaroor bekommerd wees nie! Sien, in die fisiese en veral in die geestelike sal dit nog dikwels met Ons gebeur dat Ons, gedryf deur die dors van Ons Liefde, aan mense se deure sal klop (harte) soekend na `n houer om die lewende water mee te trek. Maar Ons sal die harte geslote en leeg vind. Verstaan jy hierdie sinnebeeld?”
[3] Aangedaan en verleë sê die leerling: “Heer, my geliefde Heer, ek het U inderdaad verstaan. Maar as dit so is, gaan ons nie baie sukses hê nie.”
[4] Ek spreek: “En tog, My broer, kyk na hierdie vrou. – Ek sê vir jou, dit is meer werd om een te vind wat verlore was as nege-en-negentig regverdiges, wie volgens hulle gewete nie berou nodig het nie, aangesien hulle glo dat hulle God elke sabbat dien op die berg Gerasim. Hulle verwyder op die vooraand van die sabbat selfs alle houers om water mee te trek, sodat niemand mag water trek uit die put om sy dors te les op die sabbat nie, omdat in die oë van die regverdiges die sabbat onteer sal word. O, die verskriklike blinde dwaasheid van sulke regverdiges. Maar hier staan `n sondaar met `n goeie waterbeker tot Ons diens. Vertel My, wie is beter? Hierdie een of die nege-en-negentig sabbathouers op die berg Gerasim?”
[5] Vol berou sê die vrou egter: “Heer, U, Seun van die Ewige. Hier is my beker, gebruik haar. Ek los haar hier vir U diens. Maar laat ek my na die dorp haas, want ek staan voor u in `n heeltemal onwaardige kleed.” Ek spreek: “Vrou, word genees en doen wat jy dink is goed.”

28 Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:

[6] Wenend van blydskap los die vrou haar beker en verlaat die put en haas haar na die dorp, maar op pad kyk sy baie keer terug, groetend, want sy het my geweldig lief. Amper uitasem kom die vrou in die dorp aan, waar sy `n groep mans ontmoet wat in `n skaduryke laan heen en weer loop soos wat hulle gewoonlik op `n sabbat doen. Die mans, wat die vrou geken het, vra spottenderwys: “Nou toe nou, hoekom so haastig? Waar brand dit?” Die vrou kyk hulle met liefdevolle erns aan en sê: “O, moenie grappies maak nie, julle dierbare manne, want ons tyd het meer ernstig geword as wat julle kan dink.”

29 Kom kyk `n Man wat my alles vertel het wat ek gedoen het. Is Hy nie miskien die Messias nie?

[7] Hierop val die mans haar in die rede en vra met angstige nuuskierigheid: “Nou wat is dit? Val die vyande ons land in, of is `n swerm sprinkane op pad na ons omgewing?”
[8] Uitasem sê die vrou: “Niks daarvan nie. Die saak is baie groter en meer buitengewoon. Luister nou in stilte na my.
[9] Alreeds `n uur gelede het ek na die put van Jakob gegaan om `n bietjie middagwater te gaan haal en daar vind ek `n Man wat op die klipmuur van die put sit, wat eers verseker soos `n Judeër vir my gelyk het. Toe ek, sonder om my aan Hom te steur, my water van hierdie put getrek het, praat hierdie Man met my en vra my om van my water in my beker te drink. Ek het dit geweier, menende dat Hy `n Judeër was.
[10] Maar Hy het weer gepraat, wys soos `n EliJaH en vertel my alles wat ek ooit gedoen het. Uiteindelik het Hy die gesprek na die Messias laat gaan, en toe ek Hom vra waar, hoe en wanneer die Messias sal kom, kyk Hy my met liefdevolle erns aan en sê in `n stem wat deur my murg gedring het: ‘Ek is Hy wat nou met jou praat’.
[11] Reeds vroeër, toe Hy my vertel het hoe siek ek was, het ek Hom gevra of ek weer gesond sal word. En nou teen die einde sê Hy vir my; ‘Word genees’ en kyk, my siekte het by my uitgevlieg soos die wind, en ek is nou heeltemal gesond.
[12] Gaan asseblief daarheen en gaan kyk self of Hy nie waarlik die Messias is nie, die beloofde Mashiag. Ek is oortuig dat HY IS, want groter tekens as wat hierdie Man doen, sal die Messias ook nie kan doen nie. Gaan dus uit en oortuig julleself. Maar ek haas my nou na my huis, om beter klere aan te trek, want soos ek nou daar uitsien, kan ek Sy glansrykheid nie aanskou nie. Selfs as Hy nie die Messias is nie, is Hy verseker meer as `n profeet of `n koning van die volk.”
[13] Die mans sê: “Ja, as dit so is, sal hierdie tyd werklik baie ernstig en van groot belang wees. Ons moet daarnatoe uitgaan in groot getalle en onder ons sal heelwat moet wees wat goed onderrig is in die skrifte. Dit is ongelukkig dat al ons rabbis vandag op die berg is. Maar miskien kan Hy oortuig word om vir `n paar dae in ons midde te vertoef, dan kan hulle Hom ook ondersoek.”

30 Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.

[14] Daarop nooi hulle nog ander om saam met hulle na Jakob se put te gaan, en nou is daar `n menigte van byna honderd mense van beide geslagte wat uitgaan om die Messias te sien.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205