Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die Heer open die weg na die hemele

62 Nou het die handelaar niks meer te sê nie, maar dank die Vader saam met My en neem dan sy plek in by `n groot tafel in die middel van die saal. Ek en al my Jongmanne, JonaEl met sy vrou en dogters, IrhaEl met haar eggenoot Joram en in hulle midde Maria, die moeder van My liggaam, gaan dan aan dieselfde tafel sit.

[2] Die handelaar verheug hom baie hierin, en sê: “Heer, omdat U my waardig ag om aan dieselfde tafel as ek aan te sit, onderneem ek om voortaan een tiende van die opbrengs van my aktiwiteite aan die armes te skenk, asook alle belastings wat hulle vir die volgende tien jaar aan die Romeine verskuldig is, namens hulle vooruit te betaal. Daarna hoop ek dat JaHWeH, U en ons Vader, deur U bemiddeling ons van daardie plaag sal verlos. Hiertoe sal ek met al my hulpbronne meehelp, soos wat ek hierbuite reeds in alle opregtheid aangebied het.

[3] O Heer, bevry ons tog van hierdie plaag. Gee verder dat die Judeërs van Jerusalem weer met ons gemene saak sal maak, want hulle het hulleself hemelhoog van die Ou Waarheid af gedistansieer. Hulle word beheer deur selfsug, magsug en praalsug. Aan JaHWeH dink hulle nie meer nie, en van naasteliefde is daar by hulle geen spoor te vinde nie. Hulle verag mos Gerasim, maar boonop het hulle die Tempel van JaHWeH in Jerusalem in `n nes van geldwisselaars en in `n markplein verander. En sê mens aan hulle dat hulle misdadigers in die Allerheiligste van JaHWeH is, dan vervloek en verwens hulle hom wat dit waag om hierdie waarheid onder hulle aandag te bring. Heer, dit moet verander, dit kan nie so aangaan nie. As dinge so moet aangaan, kan ons weldra `n nuwe Sondvloed verwag. Die res van die wêreld is vol heidene, maar tog is die Judeërs, priesters, Leviete, skrywers, fariseërs, bankiers(geldwisselaars) en handelaars wat in Jerusalem en Judea bly, tien maal erger as die heidene. Kortom, die wêreld is nou in `n baie erger toestand as ten tye van Noag. As ons nie te hulp gekom word nie en die Messias nie Sy Vlammende Swaard opneem nie, gaan ons voorwaar `n nuwe Ark moet bou. Heer, doen nou waartoe U nog altyd in staat is. Ek bied graag my hulp aan.”

[4] Daarop sê Ek: “Liewe Jaïrus - kyk na My Jongmanne! Ek sê vir jou, Ek het van hulle soveel as `n duisend maal duisend. Aardes kan hulle nie bevat nie, en net maar een van hulle is by magte om die hele Romeinse Ryk in drie sekondes uit te wis. Hoewel julle geloofsbegrip ietwat beter is as die van die Judeërs, het beide julle en hulle `n volslae wanbegrip van die aard van die Messias en Sy Koninkryk.

[5] Die Messias gaan wel `n nuwe Koninkryk op hierdie aarde oprig, maar - Let Wel: nie `n aardse(stoflike) ryk wat aan `n Kroon en Septer ondergeskik is nie. Dit gaan `n Geestelike Ryk wees, `n Ryk van die Waarheid, van egte vryheid deur die Waarheid, onder die uitsluitlike heerskappy van die Liefde.

[6] Daar sal `n beroep op die wêreld gedoen word om hierdie Ryk binne te gaan. As hulle gehoor gee aan hierdie oproep, sal die Ewige Lewe hulle loon wees. As hulle weier om te luister, sal hulle vir eers bly soos hulle is, maar uiteindelik, ten slotte, sal die ewige dood hulle deel wees.

[7] Die Messias het nie nou as die Seun van die Adam gekom om die wêreld te oordeel nie, maar slegs om diegene wat nou in die duisternis van die Dood wandel, na die Ryk van die Liefde, van die Lig en van die Waarheid uit te nooi.

[8] Hy kom nie na hierdie wêreld om vir julle terug te win dit wat deur die toedoen van julle vaders en konings aan die heidene oorgelewer en verloor is nie, maar om aan julle terug te gee dit wat Adam vir die ganse mensdom verlore laat gaan het, almal wat ooit op die aarde geleef het, of sal leef.

[9] Tot op hede kon nog nie een enkele siel, wanneer sy die liggaam verlaat, haar aan hierdie aarde ontruk nie. Tallose, beginnende by Adam en almal sedert hom tot op hierdie uur, versmag in die Nag van die aarde. Voortaan is daar bevryding. En wanneer Ek na die Hemele opvaar, sal ek vir hulle die weg vanaf die aarde na die Hemele open, en op hierdie wyse sal almal tot die Ewige Lewe toetree.

[10] Kyk, dit is die taak wat die Messias moet volvoer, en hoegenaamd niks anders nie. En jy hoef nie jou krygers uit die Verre Ooste te ontbied nie - Ek gaan hulle nie nodig hê nie. Ek gaan wel baie geestelike arbeiders vir my Ryk nodig hê, en Ek gaan hulle self daarvoor oplei. Aan hierdie tafel sit alreeds `n paar van hulle, maar baie ander word ook reeds in alle Liefde en Waarheid hiervoor voorberei.

[11] Kyk, om dit te bewerkstellig, is My taak. Oordink jy die saak nou, en sê dan vir My wat jy van so `n Messias dink.”

[12] Jaïrus, die handelaar sê: “Heer, ek sal daar deeglik oor moet nadink. Van so `n Messias het g’n mens nog ooit gehoor nie. Dit lyk vir my asof so `n Messias vir die wêreld van weinig nut sal wees, want solank as wat die wêreld in sy huidige toestand is, bly dit `n aggressiewe vyand van al wat geestelik is. Nou wil ek egter verder daaroor gaan nadink.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205