|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 7
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Hoofstuk 7 - Voorbeelde en verduidelikings betreffende die style van die Boodskapskrywers [Johannes 1: 35-37]
35 DIE volgende dag het Johannes weer daar gestaan (by die Jordaanrivier) en twee van sy leerlinge;
7 Die oorspronklke teks, byvoorbeeld, van vers 35 lees as volg: “Die volgende dag het Johannes gestaan met sy twee leerlinge”. Hieruit ontstaan die vraag: Waar het hy gestaan en was die twee leerlinge saam met hom of het hulle op `n verskillende plek gestaan, maar net op dieselfde tyd? - `n Mens moet dadelik sien dat nie die plek of die handeling van die twee leerlinge hier genoem word nie. [2] Hoekom het die boodskapskrywer nagelaat om dit te noem? [3] Die rede hoekom is alreeds aangetoon, veral omdat dit gebruiklik was om in daardie tyd so te skryf, was dit egter sekerlik en voor die hand liggend dat Johannes by die Jordaanrivier gestaan het onder `n wilgerboom wagtend op iemand wat sou kom om gedoop te word. En aangesien hy etlike leerlinge gehad het wat na sy lering geluister en dit opgeteken het, gewoonlik twee, maar as daar baie werk was, was daar meer saam met hom, wat met die dopery bygestaan het en moontlik ook in sy naam gedoop en ook op die manier waarop hy dit gedoen het. [4] Aangesien hierdie omstandighede daardie tyd al te bekend was vir die mense rondom Johannes, was dit nie opgeteken nie. Dit was dus gewoonte om so te skryf, maar ook noodsaaklik as gevolg van die tekort in skryfbehoeftes, waar slegs die hoofpunte opgeteken is, en deur `n sin te begin met “en” is aangedui of die heilige sinne verband hou met mekaar al dan nie. Om hierdie rede is sulke voegwoorde selde in briewe voor die hoofsinne geplaas wat na mekaar verwys het, maar sekere bekende tekens is gebruik. [5] Aangesien hierdie verduideliking as sulks nie `n evangeliese is nie, is dit steeds noodsaaklik, want daarsonder sou die Boodskappe (Evangelies) baie moeilik verstaan kon word, nie net die eksterne geskiedkundige betekenis nie, maar minder nog die innerlike geestelike betekenis en die minste nog al die profetiese boeke van die Ou Testament waar instede van voltooide sinne, slegs ooreenstemmende metafore gegee word en daar is vanselfsprekend geen melding gemaak watter omstandighede daar mag gewees het nie. Noudat ons onsself in kennis gestel het van die reëls van die eertydse tye, sal ons geen probleme hê om die volgende verse en tekste te verbind nie, om hul daardeur meer korrek te lees en ten minste meer lig te werp op hul natuurlike, geskiedkundige aandeel. Ons sal `n kort analise maak van verse 36 en 37 en die vraagstuk sal taamlik duidelik word. 36 en toe hy Jesus sien wandel (op die walle van die Jordaan), sê hy: Dáár is die Lam van die God! [6] Die oorspronklike teks van vers 36 lees: “En soos wat hy Jesus sien loop het, sê hy: ‘Kyk, daar is die Lam van God’. Die ‘en’ hier dui aan dat hierdie teks `n sekere verband het met die vorige een en stel dit geskiedkundig dat Jesus, nadat Hy die doop in water ontvang het, vir `n tyd nog vertoef het in die omgewing van Johannes en was daarom nog gesien deur Johannes se twee leerlinge sowel as deur Johannes homself waar Hy op die walle van die Jordaan gestap het. [7] Toe Johannes Hom sien, het hy onmiddellik al sy gedagtes gekonsentreer en praat met groot entoesiasme asof tot homself: “Voorwaar, daar is die Lam van God!” Vandag sou hy homself rofweg as volg uitgedruk het: “Kyk daar anderkant! Op die wal van die rivier stap die opperste God-man vandag nog so beskeie en nederig soos `n lam.” Maar Johannes laat al hierdie detail weg en sê slegs dit wat ons in die vers lees.
37 En die twee leerlinge het hom dit hoor sê (en Johannes onverwyld verlaat) en Jesus gevolg.
[8] Vers 37, wat eintlik die voortsetting van die twee voriges verteenwoordig, vir die bogenoemde redes, begin weer met “en”en verklaar eenvoudig wat gebeur het, maar verwys net kortliks na die rede waarom. [9] Die oorspronklike teks lees eenvoudig so: ‘En twee van sy leerlinge het hom hoor praat en het Jesus gevolg.’ In ons tye sal die betekenis wees—lees as volg: Toe die twee leerlinge wat saam met hom (Johannes) was, hoor dat hul meester so praat, het hulle hom onverwyld verlaat en by Jesus aangesluit, en aangesien Jesus nou die plek verlaat het, het hulle Hom gevolg. [10] Alles wat genoem is in die uitgebreide teks moes ook plaasgevind het tydens hierdie geleentheid, anders kon hierdie daad nie uitgevoer word nie. Nietemin, soos alreeds vermeld, ooreenkomstig die destydse skryfstyl, slegs die twee konsepte “hoor”en die daaropvolgende “volg” word genoem, maar alle verwante sinne was uitgelaat as selfverklarend. Wie ookal hierdie gegewe prosedure verstaan, sal ten minste in staat wees om die historiese deel van die oorspronklike teks te verstaan en daarby ook die geestelike betekenis makliker verstaan.
|
|
|
|
|