Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die Griekse volk druk die fariseërs in `n hoek

184 Toe hulle by die huis van Baram aankom, sien hulle onmiddellik `n groot menigte wat deur die massale genesing letterlik buite hulleself was van verbasing. Maar omdat die ou fariseërs die massale genesing nie gesien het nie, dink hulle dat die volk hulleself nog steeds verbaas het oor die genesing van die besetene van die vorige dag, omdat die mense net soos gister nog steeds uitroep: ”Ere aan die Seun van Dawid! Hy is waaragtig die Seun van Dawid!”

[2] Toe die ou fariseërs dit hoor, vererg hulle hulleself en sê aan die volk: “Waaroor verbaas julle julle nou so besonders? Ons weet beter as julle hoe dit gebeur het! Die towenaar dryf die duiwels slegs maar met behulp van die opperste duiwel, Beëlsebul, uit (Matthéüs. 12: 24), - moet julle Hom dan nou loof asof hy die Seun van Dawid is?!” - Toe begin `n paar minder oortuigbare mense `n bietjie te twyfel en vra aan die fariseërs of hulle die saak van naderby sou kon uitlê en aan hulle sou verduidelik hoe so iets moontlik was, naamlik dat die opperste duiwel so nou en dan ook goddelike dade kon verrig.

[3] Die ou jakkalse was nie op die vraag bedag nie en het daarom nie geweet watter antwoord hulle moes gee nie. Toe die vraestellers egter bemerk dat die fariseërs geen vaste grond onder hulle voete gehad het nie, omdat die antwoord solank geneem het, sê hulle: “Waarom gee julle geen antwoord op ons redelike vraag nie, sodat ons kan begryp hoe die sogenaamde towenaar die duiwel deur Beëlsebul uitdryf en of Beëlsebul ook goddelike dade kan verrig? Dit is baie maklik om `n mens wat in staat is om buitengewone dade te verrig as `n kneg van die satan uit te maak en om hom so verdag te maak, maar dit is baie anders om daarvoor `n tasbare en sluitende bewys te lewer! Waarom sê julle niks as julle so seker van julle saak is nie?”

[4] Die fariseërs antwoord: “Ons swyg omdat ons, deur die gees van God verlig, altyd weet en begryp wat die mense behoort te weet en wat ons derhalwe moet sê. Nie omdat ons dit nie weet nie, maar - omdat ons dit nie mag sê nie, wil ons julle geen duidelike bewyse gee ten opsigte van julle vraag nie. Dit betaam julle slegs om alles te glo wat ons julle leer, en nie om self ondersoek in te stel nie; want God het ons aangestel om al die dinge tot op die kern te ondersoek, die geheime sake vir onsself te hou en aan die volk slegs maar dit te vertel wat hulle nodig het. Begryp julle ons nou?”

[5] Daarop sê die volk: “O ja, ons het julle baie goed begryp en omdat ons dit al `n tydlank doen, het ons juis omdat ons dit maar al te goed begryp, oorgegaan na die Grieke wat dinge nie so geheimsinnig doen nie! Daar het jy Aristoteles, Pythagoras, Plato en Sokrates en hulle werke en geskrifte is helder en waar. Maar by julle word alles altyd meer met `n digte mis omhul, sodat `n mens geen handbreedte voor of agter hulleself kan sien nie.

[6] Hoe kom julle daarby om die Geneser wat aan ons deur God gestuur is, verdag te maak? Hy het goed aan ons gedoen en al ons siekes genees, en daaroor noem julle hom `n satanskneg?!

[7] Wat moet julle dan wees, wat aan ons nog nooit `n kleine weldaad bewys het nie?! Wanneer het julle deur julle minderwaardige middele en deur julle vooropgestelde gebede ooit iemand genees?”

[8] Die fariseërs sê: “Het ons geen getuigskrifte nie?”

[9] Die volk sê: ”Natuurlik het julle getuigskrifte en baie bluf ook - vanuit die tempel; maar waar is die dade dan waartoe julle volgens die getuigskrifte te alle tye in staat sou wees? Daarvan het ons nog nooit iets gesien nie!

[10] Maar hierdie mens kom sonder getuigskrifte by ons aan en doen dinge waarvan `n mens gevolglik net kan sê dat, solank die wêreld bestaan, daar nog nooit `n mens was wat so iets gedoen het nie! Ons besef baie goed waarom julle hierdie goddelike mens vir ons verdag wil maak, hoewel julle ons nie die waarheid daaroor wil vertel nie. Luister! Ons is so vry van julle sodat ons dit onder julle neuse kan vryf! Dit is die rede:

[11] Hierdie goddelike mens verrig daadwerklik die wonderbaarlikste dade waartoe julle - volgens julle tempel­getuigskrifte - in staat sou moes wees, maar gedurende die dertig jaar wat julle by ons was, het julle nog nooit met `n daad te voorskyn gekom nie.

[12] Hoeveel geld en ander kosbaarhede het julle nie van ons ontvang nie, omdat julle iets vir ons welsyn sou doen; maar waar is die resultate? Ons goud en silwer het julle wel geneem; maar ons kry niks daarvan terug behalwe leë beloftes wat nooit vervul word nie. As ons aan julle vra wanneer die vervulling sal kom, dan wys julle ons op die weelderige gewasse en ons goddank gesonde kuddes. Maar ons wys julle op die nog weelderiger gewasse en die net so gesonde kuddes van die Grieke, wat deur julle op elke sabbat voor sonsopkoms sewe maal vervloek word. Dan sê julle: so `n weelderige groei word veroorsaak deur die satan en die brood van sulke velde en die vleis van sulke kuddes lei nie tot die lewe nie, maar tot die verdoemenis! Maar julle versmaai tog nie die verpligte en sekerlik nie geringe bydrae van die Grieke wat hulle elke jaar as tiendebelasting in die vorm van alle moontlike soorte gewasse moet afgee nie! Sê eers, wat het julle dan met die, volgens julle sprokie, deur satan geseënde gewasse gedoen?”

[13] Die fariseërs wat al baie woedend was, antwoord: “Dit verkoop ons aan die heidene, soos die Romeine en die Grieke, sodat hulle by die Laaste Oordeel nog meer verdoem sal word!”

[14] “Dit is mooi!”, sê die volk, ”hulle sê dat die duiwel dom is en dat sy leuens oral `n duim dik bo-op lê, maar julle is nog tien keer dommer, - want julle leuens lê orals tien duim dik bo-op! Weet julle nie meer dat ons al julle graan met ons osse en esels na Jerusalem na die mark gebring het en dat ons presies weet aan wie julle ons graan verkoop het nie!? En julle was brutaal genoeg om aan ons te sê dat julle die Griekse graan aan die heidene verkoop het, sodat hulle nog meer verdoem kan wees! As julle julleself altyd met leuens wil skoonwas, lieg dan tog `n bietjie slimmer, sodat dit nie lyk asof ons nog dommer is as julle nie en dat dit vir ons geen verskil sou maak om swart in plaas van wit en wit in plaas van swart te koop nie! - Nee, hoe kan iemand so afskuwelik lieg! So iets het ons nog nooit gesien nie!”

[15] Die fariseërs antwoord: ”Julle weet en begryp niks nie! Weet julle dan nie dat `n fariseër glad nie kan lieg nie?! Want in die wet van die tempel staan daar dat elkeen wat homself wy aan die diens van God, glad nie kan lieg nie, al sou hy ook wil; want selfs die grootste leuen word in sy mond die mees ligtende waarheid!”

[16] Toe begin die volk te lag en sê by wyse van `n grap: ”Ja, ja, die tempelwette wat julle daar aanhaal ken ons ook; dit sê dat daar ook geskrywe staan: As `n fariseër mis in sy mond neem, dan verander dit direk in goud!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205