Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die leer van die werksaamheid, oftewel, “die nagpredikasie”

221 (Die Heer:)As iemand te voet `n lang pad afgelê het en uiteindelik`n herberg bereik, dan sal hy, as hy nie direk bed toe gaan nie, maar eers `n bietjie rondbeweeg en die volgende môre al voor sonop op die been is, die hele dag geen moegheid bespeur nie, en hoe langer hy sy reis op hierdie manier voortsit, des te minder sal hy daardeur vermoei raak.

[2] Maar as iemand wat net so vermoei is van `n dagreis, in `n herberg aankom, dadelik op `n bed neerval en eers die volgende middag opstaan, dan sal hy sy verdere reis voortsit met stywe voete, en met `n algeheel verwarde kop en na `n rukkie se loop sal hy so moeg wees dat hy vurig verlang na rus, en dit kan selfs gebeur dat hy langs die pad bly lê en doodgaan, as hy desnoods geen hulp kry nie.

[3] Hoe gebeur dit? Deur sy eie te groot neiging om te rus, en die daaraan verbonde waan dat rus die mens sou versterk.

[4] As iemand in die een of ander kuns, waarvoor `n besondere vaardigheid van hande en vingers vereis word, `n groot en verbasingwekkende bekwaamheid wil bereik, dan vra Ek julle: sal hy dit ooit bereik as hy in plaas van elke dag voortdurend vlytig te oefen, sy hande en vingers in sy sakke steek, en dag in dag uit loop en niksdoen, omdat hy bang is dat hy deur die vermoeienis van sy vingers en hande dit te styf en ongeskik sou maak vir die nagestreefde kunstenaarskap?

[5] Waarlik, Ek sou Self, ondanks My grenslose wysheid, nie kan voorspel, wanneer so `n leerling `n virtuoos in die kuns sou word nie! Daarom, liewe vriende en broers, sê Ek nogmaals aan julle:

[6] Slegs voortdurende werksaamheid vir die algemene welsyn van die mensdom is goed! Want alle lewe is `n vrug van die voortdurende en onvermoeide werksaamheid van God, en kan daarom slegs deur ware werksaamheid in stand gehou word, en vir die ewigheid bewaar bly, terwyl uit die niksdoen slegs maar die dood tevoorskyn kom en moet kom.

[7] Lê julle hande op julle hart en besef hoe dit onafgebroke, dag en nag, werksaam is! Alleen van hierdie werksaamheid hang die lewe van die liggaam af; as die hart egter eenmaal tot stilstand kom, is dit - sou Ek dink - met die natuurlike lewe verby!

[8] As egter die rus van die liggaamlike hart duidelik die dood van die liggaam is, so is dan ook die vergelykbare rus van die hart van die siel die dood van die siel!

[9] Die hart van die siel heet egter “liefde” en die hartklop van hierdie hart betoon homself in ware, ten volle daadwerklike liefde.

[10] Die voortdurende uit-liefde-optree is derhalwe die altyd onvermoeide hartslag van die siel. Hoe vlytiger die hart van die siel pols, des te meer lewe word daar in die siel opgewek, en as daardeur `n voldoende hoë graad van lewe in die siel opgewek is, sodanig dat dit die goddelike, allerhoogste lewensgraad ewenaar, dan wek dit die lewe van die God-gees in homself.

[11] Hierdie gees - wat suiwer lewe is, omdat dit die onvermoeide, hoogste werksaamheid self is - vloei dan in die aan hom deur die werk van die liefde gelyk geworde siel in, en dan het die ewige, onvernietigbare lewe in die siel volledig begin!

[12] En kyk, dit is alles die gevolg van werksaamheid, maar nooit van luie rus nie!

[13] Ontvlug daarom aan die rus, en soek die volle werksaamheid op, en jou loon sal die Ewige Lewe wees!

[14] Moet veral nie glo dat Ek gekom het om aan die mense van die aarde vrede en rus te bring nie; o nee, maar wel die swaard en die oorlog!

 

[15] Want die mense moet deur nood en allerlei teenspoed aangemoedig word tot werksaamheid, omdat hulle anders trae, gemeste osse sou word wat hulleself vetmes as voer vir die ewige dood!

[16] Ook veroorsaak nood en teenspoed in die mens die een gistingsproses na die ander, waaruit hyself op die duur tog iets geesteliks kan ontwikkel.

[17] Natuurlik kan mens sê: “Deur nood en teenspoed ontstaan egter ook toorn, wraak, moord en doodslag en afguns, hardvogtigheid en vervolging!” Dit is wel waar; maar hoe erg al hierdie sake ook mag wees vanweë dit wat daaruit kan voortspruit, is dit tóg nog beter as luie rus, wat die dood is, en nòg iets goeds nòg iets slegs tot gevolg het.

[18] Daarom sê Ek vir julle: loop warm vir My, of bly koud vir My; want iemand wat lou is, het vir My geen waarde nie!

[19] `n Aktiewe vyand is vir My beter as `n lou vriend; want die aktiewe vyand noop My om so aktief moontlik te wees, sodat Ek hom kan oorwin of die goeie weg laat inslaan om hom vir altyd onskadelik vir My te maak; by `n lou vriend egter word Ek Self lou, en sal Ek niks aan die lou vriend hê as Ek in die nood raak nie!

[20] `n Lou regeerder is daarom ook `n plaag vir sy volk; want daardeur verrot die gees van die volk en die mense verword tot regte gemeste osse en pakesels! Maar `n sterk, en selfs tirannieke, regeerder maak die volk lewendig en almal is so aktief moontlik al is dit om maar net straf vry te spring; en as die tiran te erg word, dan sal die volk hulleself ten slotte in groot getalle oprig en hulleself van hul kwelgees bevry.

[21] Ek glo dat Ek nou voldoende oor die waarde van werksaamheid gepraat het, en Ek is daarvan oortuig dat julle die les goed verstaan het. Dus, as iemand wil en voel dat sy liggaam slaap nodig het, laat hom dan `n bed opsoek; wie egter gedurende die nag saam met My wil waak, die bly hier!” Daarop sê almal: Heer, hoe sou ons kon slaap as U waak?! - Net moeder Maria skyn liggaamsrus nodig te hê, dus kan U vir haar wel sê dat sy moet gaan slaap.”

[22] Maar hoewel Maria agter My in `n leunstoel bietjie ingesluimer het, hoor sy tog wat daar gesê word. Sy gaan regop sit en sê in alle vriendelikheid aan die spreker: “Vriend, ek sê vir jou, omdat jy meestal die woordvoerder vir al jou medeleerlinge is dat jou besorgdheid oor my `n bietjie oorbodig is; want jy moet weet, ek het uit liefde vir my Heer al `n paar honderd slapelose nagte gewaak en ek leef nog steeds - en as dit Sy wil is, sal ek weer net so veel waak en my lewe nie verloor nie! Julle hoef dus maar geen sorge oor my te hê nie; dit is voldoende as daar Een aan my dink!”

[23] Die woorde was egter tot Thomas gerig. Hy gaan na Maria en vra haar om sy goeie bedoeling nie onvriendelik op te neem nie. Maar Maria stel hom gerus en is baie vriendelik vanweë sy besorgdheid oor haar en dit word vir Thomas weer ligter om die hart, sodat hy weldra weer heeltemal gerusgestel na sy plek toe gaan.

[24] Toe bly hulle `n rukkie stil. Niemand sê iets nie; want hulle dink almal nou diep daaroor na en die waarheid van dit wat Ek gesê het, word al duideliker en helderder vir hulle.

[25] Net Matthéüs sê na `n rukkie vir homself: “Môre, teen dagbreek, word die leer van die werksaamheid en die rus so deeglik as wat moontlik is opgeskryf op `n blad wat spesifiek vir hierdie lering bestem is; want hierdie buitengewoon belangrike leer mag vir al die goud in die wêreld nie verlore gaan nie!” En toe, nie lank na dagbreek nie, hou Matthéüs ook sy woord; en die lering het ook nog lank bewaar gebly en is deur JonaEl en Jaïrus ook na Samaria saamgeneem, maar met die loop van tyd is dit baie vermink en het daarom ook verlore gegaan. Solank dit egter nog in omloop was, sirkuleer dit onder die volk onder die naam “die nagpredikasie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205