Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Kapernaum:

Die siek kneg van die hoofman word genees

97 Matthéüs 8: Hier begin Matthéüs by die vyfde vers in die agtste hoofstuk die geskiedenis beknop op te skrywe; Matthéüs skryf nou tot so ver as wat Ek weer na `n fees in Jerusalem toe sou gaan.

[1] Ons loop nou nog op ons gemak `n paar honderd treë en soos wat Ek die stadsgebied betree, kom die hoofman direk op My af, vra of Ek na hom wil luister en sê dan: ”Heer! Tuis lê my kneg wat jig het en wat baie daaronder ly, en niks meer kan doen nie”. (Matthéüs. 8: 6)

[2] Ek sê aan die hoofman: ”Ek sal kom en hom beter maak”. (Matthéüs. 8: 7)

[3] Die hoofman sê egter: “Heer! Ek is heeltemal nie werd dat U in my huis kom nie, maar spreek slegs één woord, dan sal my kneg gesond word! (Matthéüs. 8: 8) Want ek is ook maar `n mens, wat - soos baie ander - ondergeskik is aan hoër gesag; maar onder my het ek tog baie soldate wat my gehoorsaam. En as ek aan een van hulle sê: Doen dit, dan doen hy dit, of as ek sê dat hy moet verdwyn, dan verdwyn hy. En as ek aan `n ander kneg sê: kom, dan kom hy; en as ek aan my kneg sê: Doen dit of dat vir my, dan doen hy dit dadelik! (Matthéüs. 8: 9)

[4] Al die geeste is egter aan U ondergeskik en U is die totale gebieder oor wat in die hemele en wat op aarde en wat in die aarde is; U hoef dus slegs maar aan U onsigbare magte `n aanwysing te gee en Hulle sal onmiddellik U wil volbring!”

[5] Hierdie hoofman lê My sy versoek betreffende sy kneg so vol vertroue voor, omdat hy deur die onmiddellike genesing van die seun van die koninklike beampte en deur die verhale van die owerste daarvan oortuig was dat ek op wonderbare wyse op `n afstand kon genees deur sleg één enkele woord te spreek. Dit was dan ook die rede dat hy slegs as koninklike beampte na My toe gekom het, toe hy hoor dat Ek die stad nader.

[6] Toe Ek dus hoor hoe baie vertroue die hoofman in My het, sê Ek verwonderd - weliswaar nie vir Myself nie, maar vir die leerlinge - nie spesifiek aan die hoofman nie, maar meer aan diegene wat by My was: “Werklik, so `n geloof het Ek in die hele Israel nog nie teëgekom nie! (Matthéüs. 8: 10) Maar Ek sê ook vir julle: Baie sal uit die ooste en uit die weste kom en met Abraham, Isak en Jakob in die Hemelryk sit (d. w. s. deel in die glansrykheid van die Vader) (Matthéüs. 8: 11), maar die kinders van die Ryk sal uitgestoot word tot in die grootste duisternis, waar `n ontsettend gekerm en `n jammerlike tandegeklapper sal wees!” (Matthéüs. 8: 12)

[7] Nog voor Ek dit uitgespreek het, slaan baie hulleself op die bors en sê: “Heer, verwerp U dan die kinders en neem U in hulle plek die heidene aan?”

[8] En Ek sê: “Nog die kinders nog die heidene! Wie glo en die liefde het, hetsy Judeër, Griek of Romein, die sal aangeneem word!”

[9] Daarna rig Ek My tot die hoofman en sê aan hom: “Gaan heen; dit gebeur soos wat u glo!”

[10] Die hoofman bedank My uit die diepte van sy hart, gaan dadelik huistoe en sien dat alles daar in vervulling gegaan het wat hy met `n onwrikbare geloof gevra het; want die kneg het in dieselfde uur gesond geword waarop Ek aan die hoofman gesê het: “Dit gebeur soos wat u glo!” (Matthéüs. 8: 13)

[11] Die teken in Kapernaum en ook wat voorheen met die seun van die koninklike beampte, wat die stadhouer in Kapernaum was, verwek in hierdie stad besonder baie opslag, veral onder die Romeine en die Grieke wat in die stad aanwesig was; maar onder die Judeërs wat in hierdie stad vanuit Jerusalem gestasioneer was en die aangestelde priesters en skrifgeleerdes, wek dit slegs ergernis, nyd en woede op!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205