Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die tempelskatte in die grot

239 Toe wend Faustus homself tot die elf, en sê: “Nou, hoe staan dit met my ondergang waarmee u my vroeër so arrogant gedreig het? Wat sê u nou hieroor as gesalfde dienaars van God? Waarlik, dit moet verskriklik bitter wees vir iemand wat `n gesalfde van God heet te wees, om as grootste staatsboef bekend te staan! Wag maar, u gaan nog iets veel ergers meemaak; dit was maar `n eenvoudige voorspel!

[2] Waarlik, U het dit maar aan Een hier te danke dat ek u nie vinnig laat ontklee, die vloek van die keiser oor u uitspreek en dan oorgee aan die geregsdienaars wat angstig gereed staan om die vonnis uit te voer nie! En daardie Een staan hiernaas my, die goddelike Jesus uit Násaret vir wie u al lankal vervloek het, en wat deur u nou van die een plek na die ander vervolg word, maar net omdat Hy so eerlik is om die deur u verblinde volk te laat sien wie u in werklikheid is.

[3] Ondersoek julleself innerlik en sê eers of daar behalwe jul satan nog iets ergers kan wees dan wat u is!

[4] U bring die volk die kennis oor `n God by, waaraan u self nooit geglo het nie; want as u in God glo, aan JaHWeH wat Moses duidelik aan u verkondig het, en waarin julle voorouers lewendig geglo het en waarop hulle gehoop het, dan sou u met hierdie almagtige God nie die honendste spot en die brutaalste skande bedryf het nie!

[5] U laat uself as sogenaamde gesalfde knegte van die Allerhoogste deur die geestelik doodgeslane volk goddelike eer bewys en bowendien eis u nie-neergelegde offers van die arme volk om daardeur die poort na God se ligryk en lewensryk met yster deure en slotte te versper.

[6] Vra uself af of daar êrens nog groter misdadigers teen God, die keiser en teen die arme mensdom gevind sou kon word as wat u is!

[7] O, watter onbegryplike geduld en lankmoedigheid van die groot God! As ek ook maar `n sprankie goddelike mag gehad het oor die elemente, dan sou die hemele werklik geen vuur genoeg gehad het om dag en nag oor u uit te stort nie!

[8] Heer, waarom het U ten tyde van Abraham die tien stede saam met Sodom en Gomorra so swaar gestraf - terwyl hulle inwoners, behalwe wat betref hulle verkeerde vleeslike luste, tog klaarblyklik engele was vergeleke met hierdie booswigte, waarvan daar nou in die hele Judea meer is dan die totale aantal inwoners van daardie tien stede!

[9] U noem uself God se kinders en sê dat God u vader is! Waarlik, vir so `n God wat sulke kinders in die wêreld bring, sou ek in der ewigheid niks oorhê nie, want hom noem hulle, by ons Romeine volgens die mites, Pluto - en satan of Beëlsebul, dít is julle vader!

[10] U is die lewende, slegte saad wat julle vader altyd tussen die koring saai sodat daardeur die God-saad verstik word en u noem uself gesalfde dienaars van God? Ja, dienaars van die satan is u; dié het u gesalf om al die goddelike op aarde te gronde te rig!

[11] As u maar `n klein bietjie minder duiwels was as wat u is, dan sou ek ter wille van die Een wat hier is, `n so draaglik moontlike oordeel oor u gevel het. Maar omdat u soveel meer as duiwels sleg is, wil ek my naam nie aan u vuilmaak nie, maar gaan ek u aan die “judicio criminis atri” (“regspraak oor `n sware misdaad”) oorlewer in Sidon, want daar was elke “judex honoris” (“regter van eer” of “regter in sake van eer”) homself sewemaal die hande.”

[12] Na die aanhoor van hierdie woorde van Faustus, verloor die elf fariseërs alle moed en smeek om barmhartigheid en belowe `n algehele ommekeer en verbetering en hulle wil elke skade wat hulle iemand ooit berokken het, honderdvoudig vergoed.

[13] “Waarmee dan?”, sê Faustus,die ryke grot is nou in ons hande; waar wil u dan nog goud en skatte vandaan haal? Het u dan nog meer grotte wat uitpeul van goud, silwer en pêrels?”

[14] Toe sê die elf: “Heer, ons het nog één daar aan die agterkant van Gorasin, waarin ou skatte bewaar word, wat ten tyde van die Babiloniese ballingskap uit die tempel en uit ander godshuise daarheen gebring was. Tot in ons tyd wis niemand daar iets van nie; maar ons jag ongeveer sewe jaar gelede korhane en ons soek bye en heuning in die bos. Toe vind ons, nadat ons ongeveer dertig veldlengtes ver was, al haas heeltemal op die Griekse grondgebied, waar `n middelgroot rotsgebergte homself verhef, `n plek waar die heuning en die was letterlik oor `n vier manshoë en loodregte steil wand na benede loop. Bo-aan die wand was `n opening te sien, so groot dat `n knaap van ongeveer twaalf jaar daarin regop sou kon staan.

[15] Bo die opening verhef homself nog `n steil wand wat sekerlik sewentig manslengtes hoog is, sodat dit sonder `n leer onmoontlik sou gewees het om die opening te bereik, wat sekerlik baie heuning en was bevat, want ons sien voortdurend `n groot massa bye in-en uitvlieg. Gou word `n leer en `n behoorlike hoeveelheid strooi en allerlei gras byeengebring vir die uitrook van die bye en die operasie word, op `n paar bysteke na, suksesvol uitgevoer. Ons vind daar `n paar honderd pond suiwer heuning en eweveel was; want daar was al baie korwe van ongeveer duisend selle aan beide kante leeg.

[16] Maar toe ons die grondwas versamel, kom ons al gou op metaal tempelgereedskap af en toe ons die metaal beter ondersoek, blyk maar al te gou dat dit suiwer goud en silwer was. Ons dring dieper en dieper in die homself steeds verder uitstrekkende grot in, en vind in die dieptes steeds meer opgebergde skatte van onskatbare waarde. Ons laat al die gevonde skatte ongeskonde in die grot; ons versper maar net die buitenste opening met rotse en mos, en laat dit deur beëdigde wagte vanaf daardie uur van ontdekking tot op die huidige oomblik bewaak. En kyk, al hierdie skatte lewer ons aan u uit as u ons genadig is en ons in die naam van die keiser die verskriklike deur u uitgesproke straf kwytskeld!”

[17] Faustus sê: “Ek wil daaroor beraadslaag! Maar vertel my nou nog presies hoe dit is met die grot in die gebergte van Kisjonah! Het u dit ook tydens `n jag op heuning heeltemal gevul ontdek, of het u dit self gevul; en as die laaste die geval is - waar het dan die skatte vandaan gekom en vanaf wanneer is die grot al gevul?”

[18] Toe sê die elf: Ons het wat daar lê gedurende vyftien jaar deur toegestane handel verwerf; maar, volgens een van ons nuwere tempelvoorskrifte, mag ons slegs `n bepaalde som vir ons noodsaaklike lewensonderhoud hou, en moet ons alles wat ons meer het, aan die tempel afgee. As daar by een van ons, wat in die land versprei woon, by die jaarlikse baie streng kontrole deur die tempel `n beduidende oorskot gevind word, bestraf hulle die betrokke persoon sonder barmhartigheid as bedrieër van God. Vir ons om derhalwe aan hierdie straf te ontkom en dan tog vir spesiale gevalle iets te besit, het ons die verborge grot in die gebergte van Kisjonah uitgekies en daarin het ons ons aansienlike oorskotte opgeberg. Dit is die hele geheim van die genoemde grot.”

[19] Faustus vra: “Loop die deur u aangelegde pad heeltemal tot teenaan die grot?”

[20] “Nee, meester,” sê die elf, “slegs tot by die baie digte struikgewas waardeur mens oor `n slegs aan ons bekende pad by die vir niemand anders sigbare grot kan kom.”

[21] Faustus sê: “Goed, dan is u môre ons gids! Maar vir vandag, respektiewelik vir die nag, is die saak gesluit, want vir die oomblik weet ons almal genoeg!”

[22] Die elf werp hulleself voor Faustus op hulle knieë en smeek om barmhartigheid. Maar Faustus sê: “Dit hang nou nie meer van my nie, maar van `n baie ander Iemand af; as Hy dit u vergewe, dan is dit deur my ook vergewe. Amen!” - Daarmee verlaat ons die regsaal en gee ons liggame die nodige rus.

[23] In die portaal van die woonhuis wag Lydia op My en Faustus, wat nou haar eggenoot is. Sy begroet ons en betreur dit dat dit ons so `n paar uur harde stryd gekos het.

[24] Faustus groet sy jong vrou eweneens, en sê aan haar: “Ja, liewe Lydia, dit was regtig `n harde stryd, maar met die suiwer goddelike hulp van die eweneens suiwer goddelike vriend, Jesus, aan wie alleen al die eer en al die lof toekom, is die saak so goed as ons maar kon wens, opgelos. Maar laat ons dit nou laat rus; môre sal daar nog veel gedoen moet word.”

[25] Behalwe die nodige wagposte, gaan iedereen nou slaap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205