Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Geen herinneringe aan vorige lewens nie. Oor die samehang van liggaam, siel en gees

214 Philopold lees die rolle baie aandagtig deur en omdat daardeur sy innerlike oog geopen word, sê hy na `n behoorlike tyd van uiterste verbasing: “Ja, so is dit; ek kyk nou terug in die totale eindelose diepte van my lewe, ek sien al die wêrelde waarop ek reeds geleef het en al die plekke en stede in die wêrelde waar ek vanaf geboorte tot aan my afskeid geleef het; ek sien wat ek was en wat ek op die hemelliggame gedoen het, en ek sien ook oral die nakomelinge van my naaste verwante, en kyk hier, op Akka sien ek selfs nog my ouers, my baie broers en baie dierbare susters! Ja, ek hoor hulle selfs onder mekaar besorg oor my praat en sê: “Hoe sou dit met Murahel gaan? Sal sy gees al in die eindelose ruimte die groot Gees in mensegedaante gevind het? Hy sal nie aan ons dink nie, omdat ArgiEl, die afgesant van die groot Gees, sy geheue afgeskerm het tot op die oomblik waarop hy hom driemaal op sy regte naam sal roep!

[2] Kyk tog! So hoor ek hulle nou praat en ek sien hulle tewens in lewende lywe! Hulle gaan nou na die tempel om die sware lewensvoorwaardes in die dokumente na te lees, maar hulle vind dit nie. Die hoëpriester van die tempel sê egter aan hulle dat ArgiEl enkele oomblikke gelede die dokumente ten behoewe van Murahel kom haal het, maar dat hy dit direk terug sal bring. En hulle wag nou in die tempel en offer vir my!

[3] O Liefde, Liefde, o goddelike krag! Hoe eindeloos ver strek U U heilige arms uit! Oral dieselfde Liefde! O God, hoe groot en heilig is U en hoe is die vrye lewe tog vol van verborge geheimenisse! Watter mens op die hele aarde kan die diepte deurgrond wat ek nou sien? Hoe totaal niksseggend is die armsalige mens op die maer aarde besig, vegtend nie selde nie om lewe en dood vir `n handbreedte grond, terwyl hy dit in homself dra wat miljarde aardes nooit kan bevat nie!”

[4] Na hierdie woorde word Philopold stil, gaan na die engel en gee hom die twee rolle weer terug met die opmerking: “Bring hulle weer terug na waar op hulle gewag word!”

[5] Maar die engel sê: “Kyk, ek het ook `n skryfgriffel saamgebring; dit is dieselfde een waarmee jy eiehandig in die tempel op Akka die dokumente onderteken het. Skryf op elke dokument tweemaal jou naam, dit wil sê, die naam wat jy op Akka gehad het sowel as die naam wat jy hier het, en hou die skryfgriffel as herinnering!”

[6] Philopold doen dit, en die engel neem daarna die dokumente en verdwyn.

[7] Na enkele oomblikke, wat hy nodig het vir `n bespreking met die hoëpriester op Akka, is hy weer by ons en vra aan Philopold wat hy nou dink.

[8] Daarop sê Philopold: “Nadat ek aan jou altwee rolle teruggegee het, verdwyn my visioen, en wat ek my daarvan kan herinner is kwalik meer as soos met `n droom waarvan mens in jou wakker toestand kan onthou dat jy iets gedroom het, maar wat jy jouself, ondanks al die pogings nie meer kan herinner nie! Ek merk ook dat ek `n baie vreemdsoortige skryfwerktuig in my linkerhand hou; maar hoedat ek daaraan gekom het, weet ek skaars; en daarom sou ek graag wil weet waarom mens tog van so baie verskynsels binne die bestek van die innerlike lewe slegs maar `n baie swak, of meestal heeltemal geen, herinnering het nie. Waarom is dit so?”

[9] Die engel sê: “Omdat dit hier daarom gaan om `n algeheel nuwe skepsel te word, en wel uit en in God. As jy eenmaal uit God `n algeheel nuwe skepsel is en die kindskap van God bereik het, dan sal alles weer aan jou teruggegee word!

[10] In die tallose ander wêrelde word jy innerlik en uiterlik gevorm tot die persoon wat jy moet wees; maar hiér laat God die uiterlike vormgewing oor aan die siel, wat haar liggaam self vorm volgens die ordening waarin sy geskape is; maar elke gees wat in die siel geplaas is, moet eers die siel vorm deur die navolging van die, hom van buite-af gegewe, wette. As die siel daardeur die nodige rypheid en vorming bereik het, dan gaan die gees volledig in die siel oor en dan is die hele mens daardeur voltooi, `n nuwe skepsel, in beginsel weliswaar altyd uit God, omdat die gees in die mens eintlik niks anders is as `n EL in die kleine nie, omdat dit volledig uit die hart van God kom. Maar die mens bereik dit nie deur `n daad van God nie, maar deur sy eie persoonlike optrede, en word juis daardeur `n waaragtige kind van God! En ek sê vir jou nog `n keer baie kortliks:

[11] Op al die ander hemelliggame moet die mense hulleself nie self vorm nie, maar word hulle deur God, of wat dieselfde is, deur Sy kinders gevorm. Hiér moet die mense hulleself egter geheel-en-al self vorm volgens die geopenbaarde ordening, anders kan hulle onmoontlik kinders van God word! En so is `n voltooide mens op die aarde as `n kind van God in alles aan God gelyk; maar `n nie-voltooide mens staan daarenteen veel laer as die diereryk!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205