Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die bestraffing van die fariseërs

150 Hierdie woorde kalmeer die leerlinge, en die fariseërs en al die aartsjode begin vra wat hulle gesien het en hoe dit vir hulle so `n sigbare vrees kon injaag.

[2] Die ondervraagdes gee egter almal dieselfde beskrywing van wat hulle gesien het. Daar kyk die fariseërs raar van op en hulle begin onder mekaar vrae te stel en sê: “Hoe kan dit, hoe is dit moontlik dat hulle almal op dieselfde oomblik dieselfde visioen gehad het? Hoe kan `n towenaar slegs by `n paar mense `n visioen teweegbring en by andere weer nie? Waarom sien slegs Sy volgelinge iets en waarom sien ons niks nie? As ons, vaste aanhangers van Moses, deur Hom wat tog ook Judeër wil wees, verdoem is - en hoe! - soos blyk uit die beskrywing van die visioen, dan sou dit, van Sy kant besien, tog veel raadsamer gewees het as Hy ons die visioen laat sien het, sodat ons daardeur uit angs Sy leerlinge sou word. Maar Hy is slim en laat ons so `n skouspel nie sien nie; want Hy is bang dat ons dit direk sou herken en dit dan by die regte naam sou noem en daardeur miskien baie van Sy aanhangers se oë sou open, sodat hulle dan sou sien wie hulle geprese Heer is! Ons moet teen hierdie steeds gevaarliker wordende mens streng maatreëls tref, anders groei Hy baie vinnig bo-oor ons koppe en dan kom die Romeine, wat ons almal dan `n onplesierige dood sal besorg!”

[3] Ek sê met verheffing van stem aan hulle: “Daarvoor is julle al lankal ryp en één woord van My aan die owerste sou al voldoende wees om julle van die een na die ander dag in duisende aan die skandpale te hang! Dink julle dat Ek niks weet van julle geheime intriges teen die keiser nie? O, sekerlik wel! Ek weet die dag, die uur en die afgesproke teken vir die hele Judea, vir Galilea en vir Jerusalem binne haar mure! Maar Ek sê vir julle dat dit besonder sleg vir julle sal afloop, en die landvoog, Pontius Pilatus, wat met harde hand regeer, sal julle dan voor die mure van die stad Jerusalem die loon vir julle moeite gee en Herodes sal dit nie maklik hê om weer in die guns van die landvoog te kom nie!

[4] As julle in julle oorgrote blindheid en kwaadaardigheid tot steeds harder maatreëls teen My en My leerlinge oorgaan, dan weet Ek wat Ek nog voor daardie tyd teen julle moet onderneem!

[5] Johannes noem julle 'slanggebroedsel' en 'addergebroedsel'! Ek het julle nog nooit so genoem nie; maar nou noem ook Ek julle so en gee julle te verstane dat julle hier moet verdwyn, anders laat Ek bere uit die bosse kom en laat met julle dít gebeur wat ten tye van Elishua gebeur het met die ondeunde seuns wat hierdie profeet bespot het! Want vir julle het elke bietjie medelye uit My hart verdwyn.

[6] As julle My op enige manier ookal belaster het, dan sou Ek dit julle vergewe het. Maar julle het hoogmoedig geword en het julle gewapen teen My Gees, wat Liefde heet en van ewigheid af van My Vader is, en hierdie sonde sal julle nie vergewe word nie, nie hier nie en nog minder in die hiernamaals! Verdwyn dus, sodat Ek die paar dae hier by My vriend Kisjonah sonder verdere steurnis kan deurbring!”

[7] `n Fariseër sê: “Ons mag Jou nie uit die oog verloor nie, want ons is daarvoor deur ons owerste oor Jou aangestel!”

[8] Ek sê: “Ja, julle hou toesig oor My soos wolwe op `n kudde skape. As julle egter by julle voorneme bly, laat Ek dadelik bere uit die berge kom en sal hulle aanstel as julle opsigters en tugmeesters!”

[9] Op daardie oomblik klink daar vanaf die nabygeleë gebergte `n luide gebrul van baie bere. By die aanhoor daarvan soek die fariseërs en aartsjode vinnig hulle toevlug tot die meer, klim daar haastig in die vissersbote en stoot hulle van die oewer af. Maar `n harde teenwind dryf hulle weer na die oewer, waar hier en daar `n paar bere hulleself vertoon. `n Goeie twee uur veg hulle teen die wind wat hulle elke keer hardnekkig weer na die oewer dryf wanneer hulle by die wegval van die wind daar `n paar vadem vanaf gekom het. Na twee uur se wanhopige geveg met die wind en die water, kom daar eindelik `n groter skip; dit neem die byna radelose en haas van vermoeidheid omvallende mense, op en vaar met hulle weg onder `n swaar storm, waardeur die skip byna elke oomblik dreig om te vergaan. So word hulle `n hele dag en `n hele nag gepynig en hulle bereik eers die middag van die volgende dag die oewer in die buurt van Kapernaum.

[10] Daar word hulle deur die leiers van die fariseërs heel naarstiglik ondervra oor wat hulle alles gesien het, gehoor en beleef het. Maar hulle hou hulle mond en durf nie praat nie; want hulle het baie ontsag vir My gekry en waag dit voorlopig nie om iets teen My te onderneem nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205