|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 65
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Toneel met die Romeinse soldate
65 Jaïrus versoek my wel om die hele dag by hom deur te bring, maar Ek wys hom daarop dat daar verskeie siekes in die omgewing is wat ek onderweg wil besoek. Jaïrus vra of hy instede daarvan my dan tenminste tot by die stad mag begelei, watter versoek Ek aan hom toestaan. Hy begin direk te loop, maar vra dadelik die twee Jongmanne of hulle hom sal begelei.
[2] Die twee Jongmanne sê egter: “Dit is vir jou beter dat ons hier bly, want sekere van die gaste in die tuinsaal het jou by die Romeine as `n oproermaker aangegee, en sonder ons hier, sal dit met jou huis sleg gaan. Verstaan jy dit?”
[3] Hierdie mededeling laat Jaïrus byna sy humeur verloor en hoogs ontsteld vra hy: “Watter satan van `n mens het so iets aan die Romeine gaan sê, en wat sou sy rede daarvoor wees?”
[4] Een Jongman sê”: Ja, in Sigar is daar handelaars met wie dit nie so goed gaan soos met jou nie. Hulle kan nie vir hulleself `n kasteel laat bou nie en nog minder `n geweldige stuk grond koop soos daardie stuk land aan die Rooi See in Arabië wat jy vir jou aangekoop het nie. Vanweë jou aardse geluk is hierdie handelaars afgunstig op jou en het hulle `n groot begeerte om jou in die verderf te stort. Hierdie keer sou hulle ook daarin geslaag het as dit nie vir ons was nie, maar omdat ons jou in die Naam van die Heer beskerm, sal hierdie keer geen haar van jou op die grond val nie. Sorg egter dat jy ten minste drie dae van die huis af wegbly.”
[5] Dit stel Jaïrus gerus, en hy haas hom om saam met My die kasteel te verlaat.
[6] Met die dat ons oor die binnehof van die kasteel gaan, kom `n groot groep Romeinse huurlinge en geregsdienaars ons tegemoet, kom reg voor ons tot stilstand en verhoed ons om verder te gaan. Ekself gaan na vore en toon aan hulle die deurlaatpas vanaf Nikodémus. Die aanvoerder sê egter: ”Dit gaan julle nie help nie, want daar is `n grondige rede om julle van muitery teen Rome te verdink.”
[7] Ek sê: “Wat wil u dan tog nou van ons hê? `n Brutale onbeskaamde leuen van `n groep afgunstige mense is die rede vir julle koms. Ek sê egter vir julle dat daar geen waarheid in steek nie. As julle so gewillig julle ore aan `n leuen uitleen, leen dan nou nog gewilliger julle oor aan die suiwer waarheid uit, waarvoor u hier meer getuies gaan vind as wat daar getuies in die stad is vir die onbeskaamde leuen van `n paar afgunstige mense.”
[8] Die aanvoerder sê: “Dit is `n leë uitkomkans wat julle soek en beteken vir my niks nie. Die waarheid sal in die teenwoordigheid van die gereg na vore kom; kom nou dadelik vrywillig saam met ons na die gereg, anders gebruik ons geweld!”
[9] Ek sê: Daar staan die kasteel; slegs die kasteelhouer is by u vir muitery aangegee; gaan gerus soontoe en stel ondersoek in na enige beduidenis van muitery. As u ons egter met geweld wil dwing om u na u onregverdige regbank te vergesel, sal ons u met ons geregverdigde geweld laat kennis maak en dan sal ons sien wie aan die kortste end trek! Doen soos julle wil; My tyd het nog nie gekom nie; Ek het u gewaarsku dat geen mens hier enige skuld het nie. Hy wat die Reg aan sy kant het, moet dit ook met woord en daad gestand doen.”
[10] Die aanvoerder beskou my talryke geselskap, en beveel dat ons almal gevange geneem en geboei moet word. Die huurlinge en geregsdienaars sak eerste op die Jongmanne toe en probeer hulle vang, maar die Jongmanne ontwyk hulle so flink dat nie een gevang kan word nie. Terwyl die huurlinge en geregsdienaars hulleself uitput in hulle pogings om die Jongmanne te vang en in die proses uiteenspat, omdat dit skyn asof die Jongmanne in alle rigtings vlug, sê Ek aan die aanvoerder: “Dit lyk vir my asof dit vir u moeilik word om ons te vang.” Die aanvoerder mik `n hou met sy swaard na My, maar op daardie oomblik ruk een van die Jongmanne die swaard uit sy hand uit, en slinger dit buite sig die hoogte in en vernietig dit op daardie wyse.
[11] Ek sê aan die aanvoerder: “Wel, waarmee gaan jy nou na My slaan of steek?” Rasend van woede sê die aanvoerder: “Is dit hoe die gesag van Rome gerespekteer word? Wel, ek weet hoe om dit aan Rome te rapporteer! Ek sal binnekort terug wees om te sien of sake nog dieselfde daar uitsien, en dan, sê ek vir jou, sal geen steen onaangeroer gelaat word nie!”
[12] Daarop wys ek hom hoe die Jongmanne al die huurlinge en geregsdienaars, wat met toue vasgebind is, voor hulle uitdrywe. Toe die aanvoerder dit sien begin hy Zeus en Mars, en selfs die Furies, aanroep om hierdie smaad van hom af te weer!
[13] Ek beveel die Jongmanne om die huurlinge en geregsdienaars vry te laat, wat hulle dan ook dadelik doen. Vervolgens vra Ek aan die aanvoerder: “Is jy nog lus om meer geweld teen ons te gebruik?” Daarop antwoord die aanvoerder dat hierdie Jongmanne gode moet wees, want anders sou dit nie vir hulle moontlik kon wees om sy keurtroepe met kaal hande te oorrompel nie.
[14] Ek sê: “Voorwaar, vir jou en jou keurtroepe is Hulle sekerlik gode; laat Ons nou Ons reis voortsit en sit jy jou ondersoek van die kasteel voort, anders kan jy nog veel erger te wagte wees.”
[15] Die aanvoerder sê: “Ek verklaar U hiermee onskuldig en laat U toe om op U weg voort te gaan. Maar julle, my troepe, gaan die kasteel binne, ondersoek dit deeglik en moet niemand toelaat om uit te gaan voordat julle alles geïnspekteer het nie! Ek sal hier buite op julle wag.” Die onderaanvoerder sê: “Waarom wil u nie self die ondersoek binne die kasteel lei nie?” Die aanvoerder sê: “Jy kan tog sien dat ek my swaard kwyt is, en sonder swaard is so `n ondersoek ongeldig.” Die onderaanvoerder sê: “Dit geld vir ons ook; hoe wettig sal so `n swaardlose ondersoek nou wees?” Die hoofaanvoerder sê: “So - dus is julle ook sonder wapens? Dis nou sleg! Sonder wapens kan ons niks doen nie. Hmm..., wat staan ons nou te doen?”
[16] Ek sê: “Daar, in `n suidelike rigting onder `n hoë seder, lê julle wapens. Gaan haal dit; met of sonder wapens is ons vir julle ewe min bang.” Na hierdie woorde gaan hulle na die plek waar hulle wapens lê.
|
|
|
|
|